Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Call of Duty Warzone is free to play for everyone

Call of Duty Warzone is free to play for everyone. Dit is reg, die Battle Royale mode van Call of Duty Modern Warfare is free, gratis, verniet of “free to play”. Moet nie kommer nie, daar sal verseker ‘n manier wees om jou geld te spandeerop skins… seker. In elk geval, as jy nie te opgewonde raak oor in-game cosmetics nie sal jy Warzone kan speel sonder om ‘n cent te hoef betaal daarvoor.

Call of Duty Warzone Free to Play - Battle Royalle

Hoe speel jy Call of Duty Warzone for free?

Maklik, download die nuwe update wat more (10 Maart 2020) uitkom. Vir die van julle wat reeds Modern Warfare (die nuutste Modern Warfare) het sal reeds meeste van die game files reeds op jou PC of console hê. As jy die game reeds besit gaan jy ‘n download van 15-22Gig moet doen. Indien jy nie die game reeds besit nie gaan jy 80-100Gig moet download om Warzone te kan speel.

Warzone Free-to-play, goed of sleg?

Die playerbase gaan huge wees. Call of Duty is nou al vir baie jare een van die mees suksesvolle first person shooter reekse wat bestaan. Daar gaan baie spelers wees. Daar gaan ook baie cheaters wees, en as ‘n game free is kan ‘n cheater wat geban word net ‘n nuwe account maak en weer begin speel. Die prys wat almal betaal vir free games is meer cheaters. Gelukkig kan hardware-bans vinnig daardie probleem verminder.

Omdat Warzone cross-platform is gaan daar baie mense wees wat dit gaan speel. Tien teen een vir ‘n paar jaar, as die game aanhou nuwe inhoud kry. Hoe meer spelers hoe groter is die kans dat ons hier aan die suide-punt van Afrika sal hoef te deal met hoë ping nie. In my boek is daardie ‘n moerse wen en die rede hoekom ek nou al vir die laaste paar maande amper net Call of Duty Modern Warfare speel.

Call of Duty Warzone cross-platform play

Jy gaan teen jou vriende op PC en Playstation kan speel, al speel jy op Xbox. Hel, jy kan selfs op jou console ‘n muis en keyboard in plug en jou controller laat stof vergaar soos die useless stuk niks wat hy is. Of jy kan soos ek bly by die controller want ek sit heeldag, elke dag, agter ‘n muis en keyboard. Eintlik sit ek agter ‘n muis en keyboard as ek Xbox by my huis speel ook. Die Xbox deel ‘n lessenaar met my crappy-rekenaar.

Die ander details

Die map is doosgroot. Elke match begin met 150 mense. Jy gaan kan solo,duo of trio (squad) speel. Jy regenerate health soos in die normale Call of Duty multiplayer, al mag die spoed waarteen jy health regenerate dalk anders wees. Daar is nie levels van armour nie, net armour plates waarvan jy maksimum 3 kan gebruik op ‘n slag. Daar is in game currency wat jy kan kry as jy ander spelers doodmaak, of wat jy kan kry op verskillende plekke op die map. Die currency kan gebruik word by “buy stations” waar jy Killstreaks en revive tokens kan koop.

Die revive tokens bring ‘n spanmaat terug van die dood af. Jy kan ook as jy doodgaan in die Gulag Showers opeindig waar jy ‘n 1v1 match moet wen om terug in die Battle Royale gesit te word.

Indien jy besluit jy wil eers sien hoe Warzone gaan uitwerk vir die average player (soos jy), ek stream moreaand Call of Duty Modern Warzone op Mixer. Tunes in, lag vir hoe poef ek is en sien hoe ek al die moeilike lesse leer sodat jy nie hoef dieselfde lesse op jou eie te leer nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *