Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

12Dec/123

GTA V pre-order prys is hoog

As jy dit nog nie agtergekom het nie, van ons hier by gevaaalik.com is nogal groot GTA fans. Met nogal groot bedoel ek dat ek en Joe al saam ure spandeur het voor Playstation 2, PC en Xbox 360 en lag terwyl die ons GTA speel. Dus sal niemand verbaas wees om te hoor dat ek die nuwe GTA will pre-order nie. Ek wou, tot ek die prys van die pre-order gesien het. Nou sal ek maar eers so paar maande moet spaar.

Ek koop al my games deur kalahari.com omdat hulle vinnig aflewer reg by my deur. Ek is nie 'n fan van my Saterdag mors in 'n winkel sentrum nie. Dus het ek toe kalahari.com dopgehou vir die pre-order van Grand Theft Auto V. Hier is 'n link na die pre-order vir die Xbox 360 weergawe en die Playstation 3 weergawe. Bietjie duurder as jou average new release. Is games besig om nog duurder te raak? Of sal die prys nog af kom nader aan die release date?

Soortgelyke gevaaalikhede:

Spartacus neem wraak in seisoen 2
Smodcast se Smod Co Cartoon
Diablo - Tristram (Metal Weergawe)

Posted by Ruan Stix Fourie

7 comments on “GTA V pre-order prys is hoog

  1. pisgesig on said:

    Ek reken hulle kan vra wat hulle wil en mense sal steeds koop – en hulle weet dit.
    Persoonlik koop ek nooit nuwe games nie – wag ‘n jaar of wat en koop die ding vir 100 bucks in enige winkel se classics section. En na ‘n jaar of wat, as dit ‘n pc game is, is daar ‘n groter kans dat jou masjien die pyp kan rook

  2. Dit is een manier om dit te doen ja. Dit hang vir my baie af van die game, soos met GTA byvoorbeeld koop ek dit nuut. Ek hoop maar die prys kom af.

  3. Ek dink nie dit is games in general nie, daar kon mens Far Cry 3 kry vir R499 op kalahari waar meeste ander games ook maar daar rond is. Ek onthou met die GTA 4 release was dit ook about R100-R200 duurder as meeste van die ander games. Dalk net n GTA ding.

  4. Pingback: Wait a minute…GTA V’s going to cost how much? | Lazygamer .:: The Worlds Best Video Game News ::. | Action

  5. Pingback: Grand Theft Auto V nuwe screen-shots | Gevaaalik.com

  6. Pingback: Bioshock: Infinite - Clouds in the Sky Trailer | Gevaaalik.com

  7. Pingback: Nuwe GTA V nuus - Gevaaalik.com | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers