Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Audioslave – Cochise

Audioslave was ‘n Supergroup – Rage Against the Machine se hele band (sonder daai “takhaar” soos my pa hom sou noem) maar met Chris Cornell as lead singer.   Op hul eerste plaat, of “album” soos die jongmense hom deesdae roep, was die eerste single se naam “Cochise”.  Die eerste keer wat ek die song gehoor het was oor MTV.  Dit is nou die dae toe MTV nog musiek videos gespeel het, nie die drek wat vandag op is nie.  Dis net fokken “reality shows”.  Moerse realisties ja, soos “Exposed”.  Ek gaan nie uitbrei daaroor nie want dit verdien nie ‘n krieseltjie van enigiemand met ‘n halwe brein se tyd nie.  As jy dit nog nie gekyk het nie, moenie.  Staar eerder vir die son.

AUDIOSLAVE press

Terug na “Cochise” op MTV – awesome music video soos julle onder sal sien, awesome song!  Chris Cornell se vocals is ongelooflik.  Ek het al gehoor dat hy in die vroeë jare gesê het dat sy vocal range elke dag vir hom nuus is.  Dat hy vandag hoër of laer kan sing as gister.  Hy het onbetwyfelbaar een van die beste en mees solid stemme daar buite, veral wanneer dit kom by Rock.  Daar is egter nie net goeie nuus oor Chris van my kant af nie.  Hy het my ERG teleurgestel met sy solo loopbaan probeerslag.  Die eerste liedjie wat hy toe daarbuite sit is “That bitch ain’t a part of me” oftewel “That chick ain’t a part of me” vir die censored version.  Wat ‘n pot stront!  Pop song deluxe vanaf een van Grunge/Rock se voorste vocalists.

Maar as ek mooi daaraan dink, die tekens was dalk daar:  Highlights in die haartjies, daai simpel bokbaardjie wat na hopeloos te veel admin lyk vir ‘n man.  Ek sê altyd, as ‘n man vir meer as 30 minute “regmaak” is dit dalk omdat dit donker is in die kas.  Mans moenie hulle hare straighten en hulle bokbaardjies mooi trim nie.  Ook nie highlights insit nie.  Waddefok ouens, nee man.  Stort, miskien bietjie produk in die hare en trek vir jou aan.  Nie die pienk hemp met die popped collar nie, ons was van nou af die kar daarmee.  Trek vir jou fokken ordentlik aan!

Elkgeval, voor ek nou heeltemal die pot missit met my opinies oor allerande kak, geniet die music video.  Die feit dat Chris snaakse besluite hier en daar neem vat nie weg van die feit dat Audioslave een van my gunsteling bands ooit is, en dat hulle musiek ass kick nie!

You may also like...

1 Response

  1. RocketLou says:

    Moet asb nie Soundgarden vergeet nie, dis waar die dude naamgemaak het! audio slave is baie cool muskiek, even vandag nog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *