Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

We’re From America – Marilyn Manson

Is dit net ek, of het almal vandag aan die verkeerde kant van die bed opgestaan? Almal lewer KOMMINtaar oor wat hulle voorspel gaan gebeur nou dat die verkiesing in ‘Murica afgehandel is. Asof jy kan inloop by jou local Woolworths en vir jou ‘n crystal ball koop. Snaaks genoeg, maak nie saak hoe jy dit sien nie Trump gaan nie daar wees in die Woolworths wanneer jy jou crystal ball gaan koop nie.

Miskien is dit ‘n coping mechanism om te probeer voorspel wat die toekoms gaan inhou. Al is jou voorspelling dat alles nou gaan in een stort, is dit steeds gemakliker om te maak asof jy weet wat vir ons voorlê. Eerder dit as wat jy vas staar in die feit dat niemand eintlik weet wat die toekoms vir ons inhou nie. Wat ek julle wel kan sê is dat ons planeet se toestand, en die super-volcano wat onder Yellowstone lê ‘n baie groter probleem is as Donald Trump. En dan moet ons natuurlik nie vergeet van die biljoene massiewe klippe wat die die ruimte tol en ons enige tyd kan tref nie.

were-from-america-marilyn-manson

Oor so week sal alles weer terug na normaal keer. Dit is ongelooflik weird wat gebeur het. ‘n Melting-pot van hysterical liberalism, hate en reality TV het gelei tot waar ons nou is. Ons almal word ‘n clean slate gebore, ‘n kraakvars baba. Ons ervarings en waaraan ons ons laat blootstel vorm wie ons word. Iets wat ek self vergeet as ek kwaad raak vir mense se onnosel Facebook updates en tweets.

Ek luister eerder nou na bietjie Marilyn Manson. “We’re from America” is van High end of Low af, versker nie Marilyn Manson se beste album nie, maar die song is vir een of ander rede vreeslik gepas vir vandag.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *