Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

5 Games wat jy kort vir jou Xbox One

Ek besef nie almal het ‘n Xbox nie. Ek besef ook dat daar gereëld ‘n gestry is oor watter platform beter is. Ek soek ‘n Xbox, Playstation en ‘n PC, ek is nie in een of ander vertraagde spannetjie nie. Op my Xbox One is daar so paar games wat ek meer geniet as ander, en hier is vyf van my gunsteling games wat ek speel.

By the way, as jy lekker cheap games wil kry gebruik CDKeys.com. Ek en my vriende het dit onlangs ontdek en dit spaar ons moer baie geld in terme van games koop. Al wat jy doen is kry die game key as ‘n email na jy betaal het, sit dit in by die key code are op die store op jou Xbox en wham, bam, thank you mam, jy begin jou nuwe game download.

Grand Theft Auto V

Rockstar maak awesome games en elke Grand Theft Auto game tot op datum is uitstekend. Grand Theft Auto V word al gespeel vanaf 17 September 2013, en tot nou toe nog is daar moer baie mense wat dit daagliks speel veral oor GTA Online. Die single player storie is awesome en vreeslik snaaks. Die graphics in cut scenes en tydens gameplay is van die eerste regte asemrowende cool graphics wat ek gespeel het. Elke hi-jacking, hit and run incident, car chase, shootout, drug deal, moord, interaksie met ‘n prostituut en vele meer is ‘n plesier om deur te speel.

grand-theft-auto-v-scenery

Vir die eerste keer speel jy Grand Theft Auto as drie verskillende protagoniste. Jy kan ook jou eie karakter skep om deel te neem aan die Grand Theft Auto V wêreld se seedy aktiwiteite in die open world multiplayer. In die multiplayer neem moord en roof nuwe betekenis aan wanneer ander spelers uit is om jou te beroof en vermoor. En virsigtig wees voor jy ander spelers net trap as hulle oor die pad probeer hol, hulle sit dalk net ‘n bounty op jou kop wat sal veroorsaak dat al die ander spelers jy probeer vermoor om die bounty reward te kry.

Grand Theft Auto V is tans beskikbaar teen 35% af op Xbox Live, as jy hom nog nie gekry het nie.

Red Dead Redemption

Red Dead Redemption is ‘n Xbox 360 game wat onlangs backwards compatible geword het vir die Xbox One, en dus het ek my Grand Theft Horsey afgestof en weer gespeel op Xbox One. Red Dead Redemption het in 2010 uitgekom en dit is verseker een van die beste games wat ek al ooit gespeel het. Jy ry perde, jy vang en perde en breek hul in, jy jag, jy speel poker, jy slaap langs die vuur in die woestyn en baie ander goed wat ‘n cowboy sou gedoen het back in the day.

red-dead-redemption-scenery

Red Dead Redemption Undead Nightmare is die DLC wat die game net nog beter gemaak het. Vir een of ander rede werk zombies en cowboys vreeslik goed saam. As Red Dead Redemption nie deel is van jou versameling as ‘n gamer nie, behoort jy jouself te skaam.

Halo 5: Guardians

Vir een of ander rede is Halo nie vreeslik populêr in Suid-Afrika nie. Ek het self eers regtig Halo begin speel met Halo 5: Guardians, die nuutste game in die reeks. Ek gaan eerlik wees met jou en vir jou sê dat die single player campaign nie veel vir my gedoen het nie. Die graphics is baie goed, en die gameplay is uitstekend maar vir een of ander rede kon ek net nie myself kry om belang te stel in die storielyn nie. Dit mag dalk wees omdat ek die eerste Halo skaars gespeel het, en toe alles tussen in gemis het tot by Halo 5: Guardians en daarom was dit vir my moeilik om die storielyn te volg.

halo-5-guardians-multiplayer

Met Halo 5: Guardians gaan dit alles vir my oor die multiplayer. Ek het so paar vriende wat ook Xbox One speel en ons speel gereëld saam die multiplayer. First person shooters op console is baie anders, en ek mis die feel van ‘n mouse en keyboard steeds as dit kom by FPS speel, maar ek mis dit nie soveel op Halo nie. Halo 5: Guardians is een van die lekkerste multiplayer FPS games wat ek al gespeel het. Daar is wêreldwyd ‘n massive community van spelers en selfs ‘n Championship waar spanne al $2.5 miljoen gewen het. Dus is daar baie videos om te kyk online, en jy kan selfs van die professional matches kyk want dit is surprisingly exciting om te kyk.

Jy kan nou Halo 5: Guardians Deluxe Edition kry op CDKeys.com vir net R251.82. ‘n Absolute bargain.

Rocket League

Wie sou kon dink dat radiobeheer karretjies en rockets boosters so goed saam gaan? Dan maak jy dit nog meer weird en laat die karretjies teen mekaar sokker speel. Dit is wat jy kry in Rocket League. Die game klink dalk moerse deurmekaar en lyk dalk baie eenvoudig, maar dit het vinnig ‘n baie populêre multiplayer game geword, en ook een van die eerste games wat cross platform gespeel kan word. Dus kan Xbox One ouens teen PC ouens speel.

rocket-league

Rocket League is exciting, vinnig, mal, weird, snaaks en elke liewe een van die is positiewe goed. Jy kan saam jou vriende speel teen random mense online, of jy en jou vriende kan teen mekaar speel. Daar is honderde unlocks wat jy kan kry om jou karretjie te probeer uniek maak en daar is selfs in game purchases vir die wat personalizing ernstig opneem. Beste van alles is dat Rocket Leuague nie naastenby so duur is soos ander games nie en jy kan dit gereëld kry vir onder R200. Verseker R200 werd, want jy gaan die vir ure saam met jou vriende speel.

Star Wars Battlefront

Al ooit gewonder hoe dit sou wees om in ‘n Star Wars blaster battle te wees? Al ooit gewonder hoe dit sou wees om die torpedo in die exhaust in te skiet wat veroorsaak dat die Death Star opblaas? Star Wars Battlefront is die game wat jou so naby kan kry aan oorlog in die Star Wars universe as wat jy ooit sal kom. Die musiek is die musiek wat jy ken van die flieks, die blasters en ander sound effects klink presies soos dit klink in die flieks en ja, jy kan selfs ‘n X-Wing of ‘n TIE Fighter vlieg of met Darth Vader speel so nou en dan.

star-wars-battlefront-gameplay-scenery

star-wars-battlefront-scenery

Die is ‘n uit en uit multiplayer game wat se graphics van die beste is wat ek al ooit in ‘n game gesien het. Dit is maklik om ingesuig te raak deur die visuals en die sounds terwyl jy speel, wat dit regtig laat voel asof jy deel is van die Rebel Alliance of die Imperial Army. Jy kan Star Wars Battlefront speel in first of third person. Moet net nie te lank rondstaan en na die scenery kyk nie, want dit gaan veroorsaak dat jy vinnig vermoor gaan word.

 

 

Wat speel jy tans? Wat is jou gusteling games? Laat weet in die comments of daar iets is wat ek op uitmis wat ek ook moet probeer.

P.S. Seriously, CDKeys het moerse lae pryse vir party games. Dit is die moeite werd om te gaan kyk. Plus hulle verkoop PC, Xbox en Playstation games.

You may also like...

5 Responses

  1. Riaan Jordaan says:

    GTA V is baie cool, ek speel dit ook tans, maar net op Ps4. Probeer The Witcher 3 as dit jou ding is, veral nou met die GOTY edition wat uit is saam met al die DLC’s. n Goeie 100+ ure se entertainment. Is Rocket League n offline multiplayer? Indien so, gaan ek dit verseker vir my aanskaf aangesien ek n game soek wat ek en my vrou kan saamspeel… Ek persoonlik dink daar is n tekort aan goeie offline multiplayer games, veral vir ons ouens wat nie behoorlike internet konneksies het nie…Doen dalk n artikel oor so iets?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Riaan: Ongelukkig is Rocket League ook ‘n online multiplayer. Dit suck dat daar nie regtig meer games gemaak word wat offline multiplayer is nie. Ek like dit idee van ‘n post oor games wat mens offline multiplayer kan speel. Ek sal bietjie kyk of ek so iets kan bymekaar skraap.

    Sal The Witcher 3 bietjie ‘n go gee, het al goeie dinge gehoor oor dit. Thanks vir die feedback Riaan.

  3. Riaan Jordaan says:

    Plesier. Ek is in die bevoorregde posisie dat my vrou netso veel van gaming hou as ek, so ons werk nogal deur n hele paar games n maand. Iets wat ook baie goed was vir my die afgelope tyd was Until Dawn. Ongelukkig is dit n ps4 exclusive, maar n baie interessante konsep. Ek vrek om GTA online te speel, ek kan net dink aan al die chaos wat dit kan veroorsaak.

  1. November 28, 2016

    […] 5 Games wat jy kort vir jou Xbox One. […]

  2. January 2, 2017

    […] het nie. Dus was ek nie bereid om baie naby aan R1000 te spandeer op ‘n game wanneer ek reeds Star Wars Battlefornt en Halo 5 het nie. Vir wat dit my betref het, het ek reeds tweet van die beste multiplayer shooters […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *