Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

2016 Review: Die jaar van suck

2016 was nie een van die populêrste jare nie, vir verskillende redes. Soveel soos wat ons gesien het, het mense van mekaar verskil in 2016, maar meeste mense stem saam dat 2016 ‘n jaar was wat gesuck het. Alles van die sterwe van bekendes tot politiek en sport het saam besluit om vir ons almal ‘n toffie te druk in 2016. Dus ‘n 2016 Review.

Nou dat ons op die drumpel van 2017 staan, kom ons vat ‘n oomblik om terug te kyk op 2016: Die baas van jare wat tottor suig.

SA Rugby Fans raak mega-grensgatte

Suid-Afrikaanse rugby se downhill cruise het in 2016 voortgegaan. Dit is nou as jy omgee oor rugby en in Suid-Afrika is daar baie rugby fanatici. Dit het alles begin sterk suid gaan vir die Springbokke toe hulle op 11 Junie 2016 teen Ierland verloor het en die Springbokke se toetsreeks mislukkings het tot ‘n sterk klimaks gekom op 26 November 2016 toe Wallis die Bokke ‘n 27 – 13 klap gegee het.

 

Baie rugby ondersteuners het met hul dik bekke gestorm na die naaste plek waar hulle toegang kan kry tot Facebook of Twitter, dit sal nou die foon wees in hul sak. Wie sal nou eers opstaan van die bank af om jou dik bek af te show? Die grensgatte coach mos ook van die bank af en vergeet al te gerieflik dat hulle geen inpak op die Springbokke se spel het daar waar hul vet holle op die bank lê en teem nie.

Die rugby grensgatte kon self nie besluit wat te blameer is vir die Springbokke se slegte spel nie. Was dit die kwota-spelers wat in 2016 nuwe laagtepunte vir die span gebring het? Was dit die nuwe afrigter? Was dit die Bokke wat nie kan paas nie? Was dit die spelers wat net nie oor die weg kom nie? Darth Vader alleen weet.

Wat ek jou wel kan waarborg is dat al die grensgatte wat so dikbek was na die Springbokke verloor het, geen impak gehad het op Suid-Afrikaanse rugby nie. Nie ‘n enkele iota nie. Terwyl jou vet vingers jou Facebook status getik het, of jou Tweet getik het, het die Springbokke op die veld gedraf om die game te speel. Ek kan verstaan dat die Springbokke en die afrigters kwaad kan wees nadat hulle verloor het, want hulle het gewerk om daar te wees en ook direk ‘n impak gehad op die spel. Al die rugby grensgatte wat woedend was oor die Bokke ‘n slegte jaar gehad het is onnosel want hulle doen niks vir die game nie. 99% van hulle het nie eers ‘n kaartjie gekoop om ‘n game te gaan kyk nie, want om van die bank af op te staan is eenvoudig nie so maklik soos om te grens op social media nie.

Ons groet verskeie groot kunstenaars

Ons almal gaan die emmer skop. Dit is net ‘n kwessie van tyd. In 2016 het ‘n paar mense ons wêreld verlaat wat baie hartseer was vir baie mense omdat hulle sulke cool bydraes gemaak het tot die wêreld.

David Bowie het in Januarie sy stryd met kanker verloor net nadat hy sy laaste album voltooi het. Muhammad Ali en Kimbo Slice, altwee legendes van combat sports, het ook in 2016 die ultimate fight verloor. Alan Rickman die akteur wat Dogma, Harry Potter en Die Hard gehelp het om die bekende films te wees wat hulle is, het ook die jaar sy silver-skerm afgesit. The Eagles se guitarist Glenn Frey het sy laaste riff gespeel en Dave Mirra die ou wat BMX as ‘n sport populêr gemaak het, het ons ook gegroet.

Daar was talle ander bekendes en onbekendes wat ook in 2016 gesterf het, en baie van hulle word daagliks gemis. Na dit alles sit ons steeds met Justin Bieber, die Kardashians en fokken Kanye West. Fok jou 2016, jou doos.

Die DA vat een tree vorentoe en ses tree agteruit

In Augustus 2016 was daar ‘n munisipale verkiesing in Suid-Afrika en vir die eerste keer in 21 jaar het die ANC se manewales hul begin in die gat byt. Die DA het Tswane gewen en ook in baie ander dele van die land meer stemme gekry as ooit van te vore. Goeie nuus ne? Wel, draai toe uit dit is net soortvan goeie nuus.

Ja, die DA is nou in beheer hier in Gauteng ook en dus kon hulle nie wag om om te draai en in verkiesers se bekke te pis nie. Ons wag nog om enige werklike verbetering te sien, en granted dit gaan tyd vat, maar die DA kon nie wag om net soos die ANC Suid-Afrikaners se geld te mors nie.

Die DA was al te trots op die nuwe Drug Task Force en sniffer dog unit wat hulle in Gauteng losgelaat het, dit nou om die gevaarlikste kriminele in Suid-Afrika te vang: Dwelm gebruikers. ‘n Monumentale mors van geld en ‘n great manier om mense wat net ‘n joint wil rook in vrede se lewens te verwoes, want die fok weet wat Suid-Afrika tans kort is nog mense wat nie kan werk nie oor hulle ‘n kriminele-rekorde het.

Wat het die DA al verbeter? Anders as meer sigbare polisie, kan ek nie ‘n enkele verandering sien wat regtig die lewens van Suid-Afrikaners verbeter nie. Die polisie vat nogsteeds net bribes links en regs. Maar hey, ek het dit gecall way back dat die DA ‘n spul draconian konte is, en toe het almal vir my gesê ek moet ophou so sinies wees. So toe stem ons maar vir hulle. Dit is official: ek is nou klaar gestem want alle politiek en politici is crooked dose wat nie omgee vir enige ander mense as hulself nie.

Social Justice Warriors veroorsaak ‘n Trump presidency

Ons almal ken daardie “feminsite” wat nog nooit iets gedoen het vir equal rights anders as teem op Twitter nie. Die tipe mense wat jou wil vertel dat dit ‘n ernstige issue is as ‘n game developer nie vroulike weergawes van monsters in sy game sit nie. Die LGBT “aktivis” wat sê jy mag nie sê ‘n hemp is gay as jy eintlik bedoel dit is ‘n simpel hemp nie, want dan is jy mos ‘n homophobe. Die gardes politically correct assholes wat nie kan wag om getrigger te kan raak nie, veral op ander mense se onthalwe sodat hulle kan wys hoe baie hulle omgee deur te virtue signal.

Te danke aan die narre het ‘n reality TV star die Amerikaanse verkiesings gewen, want as ‘n geheel is amal moeg vir hulle kak. 2016 was dalk nie ‘n wondelike jaar nie, maar ons lewe steeds in die mees vreedsame tyd in die mensdom se geskiedenis. Daar is meer mense nou op die aardbol as wat daar nog ooit was, meer as 7.5 biljoen van ons. Maar omdat baie van ons nie meer daagliks 10 kilometer hoef te loop om vars water te kry nie, of omdat ons nie meer hoef te bekommer oor leeus wat in die nag gaan kom om ons kinders te vermoor nie, nou soek ons iets anders om dit te laat voel of ons bydrae tot die samelewing terwyl ons so min as moontlik doen.

Ja, daar is nog mense wat baie ver moet loop vir vars water, en daar is baie kinders wat doodgaan van die honger reg oor die wêreld. Tog sien jy nie die massas daaroor Tweet nie. Nee nee. Ons Tweet eerder oor stront soos die term “grow a pair” wat sexist is, of Ford en KFC se advertensies wat dom en sexist is, as wat ons regtig enige mens se lewe probeer verbeter deur ons gatte te lig en weg te kom van ons keyboard af.

Geluk Social Justice luigatte en die assholes wat enige reality TV kyk. Ja, ek praat met jou wat E! Entertainment kyk. Julle het ons gebalanseerde mense nou so ver gedruk dat ons julle ‘n toffie sal druk deur ‘n doos soos Donald Trump te ondersteun. En ja, hou maar aan met grens jou stuk niks, en dan kyk jy waar kry dit jou en “die mense waarvoor jy so omgee” in 2017.

Hoekom het 2016 vir jou gesuig? Gee jou 2016 Review

Miskien het 2016 nie vir jou gesuig nie. Of jy die jaar geniet het of nie, laat weet in die comments wat vir jou die hoogtepunt en laagtepunt van 2016 was.

Geniet jou vakansie en sterkte vir 2017.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *