Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat kan ek Google?

 

Een van die algemeenste terme wat in Google in getik word voor mense op gevaaalik.com afkom: Wat kan ek Google. Mens sou dink dit tel vir gevaaalik.com. Dit mag dalk teen gevaaalik.com werk, want iemand wat “Wat kan ek Google”, Google is gewoonlik van die ouer garde. Die garde is gewoonlik vinnig om ‘n kruis uit hul sak te ruk en dit op ons te rig. “Wyk Satan. Julle verafgod ‘n Sodem en Gamora leefstyl!” of enige ander sinnelose gebabbel wat jy amper verwag van ‘n pasient in ‘n mental institution. I digress.

Wat kan ek Google

‘n Antwoord op die vraag Wat kan ek Google?

Ek het gedink ek sal die wat “Wat kan ek Google”, Google, ‘n paar idees te gee van wat hulle kan Google. Nice van my, ek weet. Kan jy glo ek het toe sommer vir jou ‘n link onder elke onderwerp gesit waar ek selfs die Google-werk vir jou doen? Wat die fok het Steve Hofmeyr al vir jou gedoen?

Loading…

As jy nuut is op die internet, moet nie laat gevaaalik.com jou afskrik nie. As jy so klein rukkie tussen ons spandeer sal jy agterkom ons is moerse nice mense, ons en ons lesers. Behalwe as jy ‘n doos is, moet nie ‘n doos wees nie.

Komedie.co.za

Komedie.co.za is die site waar jy niet net gevaaalik.com hemde en hoodies kan koop nie, maar ook talle ander unieke Suid-Afrikaanse ontwerpe kan kry. As jy reken jy het ‘n sin vir humor en jy hou daarvan om te lag dan gaan jy komedie.co.za geniet. Gaan kyk sommer nou wat daar aangaan. Hier onder is so paar van die GVLK reeks en ‘n kode om 10% af te kry, want jy lyk cool.

Spaar nou 10% op alles op komedie.co.za as jy die kode ‘helpmyspaar’ gebruik. Gaan check bietjie my hemde en ook van die ander stuff wat op komedie.co.za beskikbaar is.

Stoute Boudjies

Click hier en ek Google Stoute Boudjies vir jou.

Stoute Boudjies is nie net ‘n Willie Esterhuizen fliek nie. Dit is ook iets wat elke Woensdag op gevaaalik.com verskyn. Dit behoort redelik van selfsprekend te wees wat jy gaan kry as jy Stoute Boudjies Google teen die tyd. Jy kan ook Google Image Search gebruik as jy wil, dan gaan jy baie boudjies hê om na te kyk. Meeste van daardie boudjies wat jy sien in Google Image Search is van gevaaalik.com se Stoute Boudjies af. Geniet dit.

Wat kan ek Google Stoute Boudjies

Mantality.com

Click hier om direk na Mantality.com te gaan.

Click hier en ek Google Kalahari.com sommer vir jou.

As jy enigsins soos ek is haat jy die idee van ure in winkels spandeer. Die lewe is gans en al te kort vir iets wat jou bloeddruk so laat styg. Ek loop eerder in die bos as wat ek loop agter ‘n ou, wat nie net sy voete sleep soos hy deur die mall loop nie, maar ook elke liewe dag, ooral waar hy gaan. Moontlik omdat hy net lui is, of moontlik omdat hy sy lewe haat.

Mantality.com is dus goed vir jou gesondheid. Jy kan online shopping in jou onderbroek doen, probeer dit doen by jou local Dion Wired. Jy kan allerhande goed daar koop, games, ander electronics, kitchen appliances, outdoor/camping equipment, braai stuff en nog vele meer. Dit is die way of the future. Jy spandeer meeste van jou dag in ‘n kantoor. Gebruik dus elke oomblik wat jy buite die kantoor het tot die maksimum. Koop wat jy kan op Mantality.com.

Wat is fout met Afrikaans-pop musiek?

Wat is fout met Afrikaans-pop

Click hier en ek Google Wat is fout met Afrikaans-pop vir jou.

Ek soek nog self die wortel van die kwaad. Ek vermoed dit is iewer is Steve Hofmeyr se hol. Ek kan nie regtig dink aan ‘n ander rede hoekom hy so ongelukkig sal wees nie. Selfs met die ongelooflike hoeveelheid informasie wat Google het, het dit nie al die antwoorde nie. Google kan jou wel help om navorsing te doen so goed as wat jy kan, sodat jy vir jouself kan besluit oor alles; geloof, dagga, politiek en enige ander ding wat jy gedink het as kind grootmense verstaan.

Met al die navorsing wat ek nou al gedoen het kan ek jou steeds nie sê wat is fout met Afrikaans-pop musiek nie. As jy dus op ‘n antwoord afkom, stuur dit asb in my rigting.

Vrydag Bederf

Click hier en ek Google Vrydag Bederf vir jou.

Die Vrydag Bederf is nog een van gevaaalik.com se stapels waar ons gevaaalike dames deel met ons lesers. Soms is daar ‘n “feminis” of “social justice warrior” wat tussen die krake uit kruip om hulle bekke te re kook ons die dames op ons site “objectify”. Ons vat kommetaar hier op gevaaalik.com gewoonlik van wie dit kom, en in meeste gevalle is die wat kla oor die Vrydag Bederf nie die skerpste messe in die laai nie.

Dit is eenvoudig om net aan te neem dat oor ons hou van mooi dames ons hulle sien as ‘n stuk vleis. Ons duld nie disrespekvolle kommentaar van enige iemand af nie, veral nie as dit gerig is aan enige van die dames op ons site nie. Vra maar vir Yolandi Malherbe, Irene Nell, Simone De Kock of enige van die ander dames wat al op gevaaalik.com of hulle ooit gevoel het ons het nie ongelooflike respek vir hulle nie.

Een ding waarvoor niemand van ons (lede van gevaaalik.com se redaksie, en ook ons lesers) tyd het nie is moangatte wat net moan oor hulle nog nie uitgefigure het hoe om self ontslae te raak van hul seksuele frustrasies nie.

Nou weet jy wat kan jy Google

Sien, ons is nie net ‘n spul negatiewe assholes nie. Gevaaalik.com is satiries van aard end it wil voorkom of baie Suid-Afrikaanse mense is wat satire nie so mooi verstaan nie. As ons die spot dryf met ‘n Afrikaans pop video is dit nie omdat ons wreed probeer wees nie, dit is oor ons as Afrikaners nogaltyd lekker vir onself kan lag.

Om kwaad te raak vir gevaaalik.com oor enige van die goed wat jy op die site lees is presies soos wat dit is om kwaad te raak vir ‘n stand-up comedian oor die grappies wat hy vertel. As jy nie hou van die show nie, vat jou goedjies en t’sek. Anders gaan jy lyk soos die suurdrol wat nie ‘n sin vir humor het nie. Offence kan only be taken, not given.

Welkom op die internet en welkom by gevaaalik.com, die gevaaalikste Afrikaans blog op die interwebs dansbaan. En dankie dat jy die kalahari.com links click. Elke keer as jy iets koop kry ons so paar sent.

You may also like...

5 Responses

  1. November 14, 2014

    […] amper elke week 'n e-mail waarin iemand wil weet: "Wie is daardie girl in daardie een foto van die Vrydag Bederf / Stoute Boudjies?". Ek gaan jou nie nou leer hoe om Google image search te gebruik nie. Wat ek wel […]

  2. November 14, 2014

    […] As jy vir een of ander onverklaarbare rede al ooit gewonder het wat jy kan Google, lees hier. […]

  3. February 27, 2015

    […] As jy besluit om iets te koop, doen jou navorsing. Ek haat winkelsentrums of malls. Dus koop ek alles wat ek kan, en doen ek alle trasaksies wat ek kan deur die internet. Dit het baie voordele, onderandere dan dit aansienlik makliker is om pryse te vergelyk en te kyk waar jy jou item vir die goedkoopste kan kry. Kompetisie tussen dienste verskaffers is een van die dinge wat jy in tot jou voordeel moet gebruik, al wat dit gaan kos is so paar Google searches. […]

  4. June 6, 2016

    […] As jy nie weet wat om te Google nie, ons het so paar voorstelle vir jou. […]

  5. June 1, 2017

    […] Het Visagie iets uit die situasie geleer? “Moet nie advies vat van mense wat nie eers weet hoe om Google te gebruik nie. Nou sit ek met ‘n voël wat net Gretha Wiid sal wil […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *