Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

None the less, ek word bless

Ragnar wil sy hare sny. Tussen my en sy ma het ons lank voor hy gebore is besluit ons soek ‘n kleuter met lang hare, geslag irrelevant. Dit is ‘n keuse wat terug kom om jou in die gat te byt wanneer die samelewing reëls maak wat simpel goed verys soos “jou hare moet kort wees”.

Nou het Ragnar besluit hy is klaar met lang hare.

Ek is nie reg daarvoor nie. Die ooreenkoms was nog altyd dat hy kan kies wat hy met sy hare wil maak. Dit is net hare, sy hare en sy keuse. Ek was selfs reg om ‘n PR-storm op die skool se stoep te bring as hulle astrand raak oor seuntjies met lang hare. Ons is mos “woke AF” oor alles deesdae, so hoekom kan dogtertjies lang hare hê, maar seuntjies nie? Equality, solank dit inpas by ouderdagse reëls.

“Ek wil my hare sny laat dit lyk soos pappa se hare. Kort.” sê hy met absolute selfvertroue.

“Is jy seker jy wil jou hare so sny?” sê ek terwyl ek vooroor buk sodat hy die bo-kant van sy pa se kop ook kan sien.

Oor die laaste jaar het ek al twee keer foto’s van die bo-kant van my kop gesien, ‘n area wat deur min gesien word oor my lengte. Oor die laaste jaar het my bles vir my aansienlik meer opvallend geword. Ek is nie geskok nie. Albei my oupas was bles, my pa is bles en so ook baie ander van my familie se mans. Ek kon dit sien kom van ‘n myl af, en nogsteeds moer my bles kol op foto’s my in die gesig soos ‘n Conor McGregor left hook toe hy nog geld gekort het.

Ek het dit jare gelede al aanvaar, en het myself belowe ek sal eerder my hare afskeer as wat ek een van daai bles-kol ouens word. Of so het ek gedink. Aanvaarding is ‘n vreemde ding. ‘n Paar jaar gelede skeer ek my hare af, en my vrou was nie beindruk nie: “Jy is lank, niemand kan dit sien behalwe as jy vooroor buk nie. Asseblief moet dit nog nie afskeer nie. Mense gaan dink jy is siek.”

Wanneer jy gebou is soos ek, dan is dit nie vreemd dat mense dink ek is siek as ek geen hare op my kop het nie. Kanker, VIGS, anoreksie wat so erg geword het dat ek nie net deur my eie hol val nie, maar dat my hare ook uitval. Mense het al na my toe geloop, my hand gevat en gesê hulle bid vir my. Vreemdelinge.

None the less, ek word bless.

En fokken vinnig ook. The end is NAAI my bru. Mense het my al vertel van die shampoos met die koffie in. Ek het al advertensies gesien vir dinge wat gepaard gaan met dokters se voorskrifte. Hel, ek het vir jare in die NG Kerk agter ‘n bless orrelis gesit wat skielik een Sondag weer ‘n vol kop hare gehad het, en toe maande later weer bles was. Die feit is as daar iets was wat mans gekeer het van bles raak, dan was daar nie ‘n bles man op hierdie planeet nie. Ons almal sou gedink het ons is fokken Fabio op die cover van ‘n romance novel.

Ragnar kom nader gestap terwyl ek my kop voor hom laat sak. Asseblief laat hierdie motivering wees dat ek nogsteeds my seuntjie met lang hare vir so paar maande nog kan hê. Net so paar maande.

“Hahahahaha!” lag hy uit sy maag uit “Ek kan jou brein sien!”

Ragnar sê hy sny Vrydag sy hare en ek sal seker kort op sy hakke moet wees met ‘n skeermes vir my eie kop.

You may also like...

2 Responses

  1. Poesbek Steve says:

    Raai wie is terug, poesbek Steve. Ek lees nou weer my comments met die e toll sage. Dit word nou geskrap so dis maar net weereens bewys van watse poes jou artikel was. Maar let let bygones be bygones en ek was nogals ‘n poes. Seker nooit te laat om te sê sorry nie. Bly om te sien jou blog loop nog. Awe my bra oor en uit

    O ja post meer Ybone steak

  2. Stix Gevaaalik says:

    @Poesbek Steve: Jis, ek moes nou baie hard dink om te probeer onthou waarvan jy praat. Ek kon nie vir ‘n fok onthou waarna jy verwys nie, en moes toe maar “e-toll gevaaalik.com” gaan Google. Ek kom toe op die artikel af waarna jy verwys het. Na al die jare is die ding wat my die meeste verbaas van gevaaalik.com dat die meerderheid van mense nie besef wat hier aangaan nie: Ek troll en post click bait. Ek is letterlik besig om die voordeel te trek daaruit dat meeste mense met hul emosies eerste reageer.

    Kan jy dink hoeveel mense sal ek kwaad maak as ek nou ‘n artikel publiseer met die title: “Petrol is skaars. Dit gaan aanhou duurder word. Hou op kla daaroor.”

    Thanks vir die omverskoning vra my bra, maar dit is glad nie nodig nie. Tot ek jou comment gelees het, het ek nie eers onthou van ons interaksie nie. Ek is jammer as ek jou tietspiere styf gemaak het. Ek sal blatant lieg as ek sê dit was nie my bedoeling nie, but who are we kidding? Reaksies soos joune is presies hoekom ek dit gedoen het, hahaha. In elk geval, ek is nie kwaad vir jou nie, daar is geen grudges hier aan my kant nie en ek waardeer dat jy nogsteeds ‘n draai kom gooi op die site. Dit is gaaf van jou. Wie weet hoe lank gaan dit nog aangaan voor?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *