Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat jou ma jou nooit vertel het van Nelson Mandela nie

Laas week Vrydag is Nelson Mandela oorlede. Ek het ‘n consious besluit geneem om nie ‘n huldeblyk stuk te skryf oor hom nie. Nie omdat ek dink hy verdien dit nie, maar oor ek geweet het daar gaan duisende sulke stukke geskryf word. En behalwe as ek iets kon sê in my stuk wat niemand anders sê nie, hoekom moet ek enige iets se? Ek is nie fokken special nie.

Dit was ‘n hartseer dag, maar tog ‘n mooi dag. Selfs in sy dood het Nelson Mandela Suid-Afrika nader aan mekaar gebring. Suid-Afrika en die hele wêreld het saam gekom om Nelson Mandela, wat hy was en waarvoor hy gestaan het, te vier. Tog, soos menigte male van te vore, het sogenaamde ‘Afrikaners’* met onnoselhede uitgewys hoe vertraag hulle is. Geen disrespek teenoor mense wat regtig vertraag is nie. Ek kon net nie aan ‘n beter woord dink om die spul idiote te beskryf nie. Hul gesamentlike verstand is duidelik gestremd.

Nelson-Mandela-Quotes-Who-is-NelsonMandela-RIP-WhenInManila-5

Ek het dit oor en oor al gelees oor die laaste paar dae op Twitter en Facebook; die onnosele haat wat gegooi word in die rigting van ‘n ongelooflike mens. En die haat kom blatant uit ‘n plek van inbred stupidity.

“Mandela was niks anders as ‘n terroris nie. Hy is verantwoordelik vir die dood van duisende witmense. Dank die hemelse Vader dat hy nou brand in die hel.”

Jissis. Jirre. Got. As die drie-eenheid waarin jy glo bestaan gaan hy ‘n poesgroot verrassing hê vir jou as jy opdaag by die goue poorte.

In die dae van die Anglo Boere Oorlog het die Britte graag verwys na ons as terroriste. Uit hulle perspektief was was ons presies dit, terroriste. Uit ons perspektief was ons vryheidsvegters. Wat is die verskil? Daar is geen verskil, dit hang net af aan watter kant van die draad jy staan. Die oppressor of die oppressed.

Ja, daar was bloed gestort op die pad na ‘n demokrasie in Suid-Afrika. Moet tog net nie vir een oomblik dink dat dit net witmense se bloed was nie. My ouers het slap bang in die middel van apartheid groot geword. Ek het ooms wat in die polisie was, en ek het hulle stories gehoor en ek het ander stories van Suid-Afrika se verlede al gelees. Daar is baie swartmense vermoor vir geen ander rede as die kleur van hul vel nie, en as jy daarmee stry is jy dom. Eenvoudig.

As jy rondhardloop en Nelson Mandela ‘n terroris noem is dit vir slegs twee redes: 1) Jy is te onnosel om te leer lees en dus vir jouself uit te werk dat wat jy sê dood eenvoudig naïef is. 2) Jy is ‘n rassis wat saam stem met apartheid en sal verkies om in ‘n land te bly waar bands soos Fokofpolisiekar verban sou wees. In ieder geval fokof uit Suid-Afrika uit. Ons kort nie jou tiepe hier nie en ons soek ook nie jou tiepe hier nie. Gaan bly in jou ‘volkstaat’ Orania. Die res van ons sal met liefde vir julle ‘n lekker groot muur reg rondom bou. En as niemand anders dit wil doen nie, sal ek die punt van die brandslang oor die muur gooi en die water oop draai. Learn to swim.

Moet ook nie kom met jou “hierdie is ons land” kak nie. Dit is nie jou land nie, dit is ons land. Die Afrikaner is nie God se uitverkorene volk nie, en God het nie Suid-Afrika vir jou gegee nie. Die God waarin jy glo se uitverkorene volk is die Israeliete. So baisies is jy ook fucked, nes ek en nes Nelson Mandela.

Elke een van julle onopgevoede onnosel rassis Afrikaners gee die res van ons ‘n slegte naam. Daarvoor kan ek net sê: Fok jou en fok jou ‘Afrikaner’ naam.

“To ascend you must die. You must be crusified, for your sins and our lies, goodbye.” – Tool

Totsiens Madiba, en dankie.

*Obviously was dit nie net Afrikaners nie, daar was vele ander ook. Meerderheid was Afrikaners though. Ek besef ook dat Nelson Mandela nie sou reageer soos ek het nie. Wat kan ek sê? Hy is ‘n beter mens as ek.

New MOOD by Onnit

You may also like...

14 Responses

  1. nomad says:

    Hoor hoor. Beter kon ek dit self ni stel nie.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @nomad: Dankie dude.

  3. lizelle says:

    Jys siek

  4. herman says:

    Dis nou die reine waarheid, daai. Die sogenaamde ” Afrikaners” wat hulle self in hierdie dag nog verknog hou aan die idealisme wat die Nasionale Party se propaganda- masjien ons verkoop het, hou wragtag net die land en ons potensieele gesamentlike sukses terug. madiba het witmense ook vry gemaak, vry van die vrese wat in ons geplant is as kinders – vir swart mense, kommuniste, anti-Christe en alles anders waaroor Rodney Seale ons bang gepraat het. Sterf hierdie vrese af en kyk dapper vorentoe! It’s A brave new world…

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Lizelle: Wil jy nie bietjie uitbrei en jou stelling verduidelik nie?

  6. Eenhond says:

    Inderdaad, was dit nie vir die man wat apartheid vergewe het nie het ek seker nie nou hier gesit nie.
    Dus wil ek net vra dat Sunette Bridges en alle Suid Lander dose asb fokkof. Julle is useless en ek hoop julle almal verstik an julle blikkies kos as julle oor die Drakensberge poes met julle 4x4s en

  7. Stefan says:

    Ek comment nie sommer op jou artikels nie (ek staar te erg vir die prentjies gewoontlik), maar ek voel sterk genoeg om hieraan kommentaar te lewer. Hier is wat ek aan jou wil se Stix…FOKKEN WELL SAID!!!! In engels se hulle mos: “one man’s terrorist is another man’s freedom fighter”. Madiba het nie net vir SA gewys wat betek rekonsiliasie nie, maar vir die hele wereld. En selfs in sy dood het hy nasies bymekaar gebring.

  8. Marinus says:

    Ek sal kan toestaan dat dit moontlik is Madiba as ‘n terroris beskryf. Maar dit is belangrik om te erken dat daar geen keuse oorgelaat was nie. Alle politieke kanale was toe en daarvoor moet mens die regering wat aanbewind was blameer. Desperate times call for desperate measures.
    Ek het vreeslik baie respek vir Madiba en is ongelooflik trots op manier hoe Suid-Afrika verander het onder sy leierskap.

  9. lpr says:

    wat ‘n klomp tos praat jy dude. Jy’t geen fokken clue wat aangaan in die lewe

  10. lpr says:

    marinus jou armsalige ou dom kont … daar is net mooi niks wat ou tronkvoel mandela in SA bereik het of gedoen het wat nie deur FW bepaal is. Fok en dan is jy nog wit ook

  11. Zuma says:

    Goeie fokken Fok. Jy is ‘n spesiale soort inbred. Jy die slimste van jou pa en jou oom se kinders? Gat-kruip gaan jou niks meer help nie. Die land is aan die brand.

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @Zuma: Oor ek nie ‘n rassis is nie, nou is ek inbred? Het jy al gecheck hoe lyk die Solidariteit, AWB en KKK ondersteuners? Seker hulle naai lekker in die familie. En maak nie saak wat ek is nie, darem is ek nie jy nie.

  1. December 17, 2013

    […] week is gevaaalik.com heeltemal gedominate deur die Nelson Mandela artike "Wat jou ma jou nooit vertel het van Nelson Mandela nie". Die artikel het selfs die Stoute Boudjies en die Vrydag Bederf in die stof laat staan. Die […]

  2. December 27, 2013

    […] Wat jou ma jou nooit vertel het van Nelson Mandela nie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *