Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat om nie met Twitter te doen nie

Ek sukkel om te slaap. Dit is nou 02:34 volgens my iPad. Soos baie ander mense wat sukkel om te slaap kyk ek dikwels na Facebook en Twitter voor ek gewoonlik so kwaad raak dat ek maar eerder terug val op een van my e-books. Vanaand na ek deur my Twitter timeline is het ek besluit om eerder ‘n lysie te maak van so paar goed wat jou soos ‘n doos laat lyk op Twitter. Pet Semetary (daardie is hoe die Stephen King boek se naam gespel word grensgat) gaan nie weg hol nie, ek sal verder lees as ek klaar is hier.

twitter wtf

WTF is net een van die reaksies wat jy soms op Twitter het

Hashtag Rape

Ek sien die nut in hashtags. Dit help om tweets oor dieselfde topic maklik te groepeer sodat jy dit maklik kan kry en tweets oor ‘n topic volg. I get that. Tog beteken dit nie jy moet ‘n hashtag maak vir elke ding waat jy doen nie. Die fok alleen weet wat jou laat dink dat jy so belangrik is om ‘n hashtag te maak vir jou en jou vriend se naweek weg. Weet jy wie gaan search vir daardie hashtag? Niemand jou doos.

Net so maak jy ook nie ‘n hashtag vir jou verjaarsdag nie. Weet jy wie is die tiepe mens wat ‘n hashtag sal maak vir sy verjaarsdag? Justin Bieber. Ja, ek sien reg deur jou, jy wil Justin Bieber wees. Dit is gross as mense hulself begin hanteer of hulle ‘n brand is. Vat dit van iemand wat in marketing werk: Niemand hou van mense wat hulself probeer bemark nie. Dit laat dit net lyk of jy dink jy is baie belangriker as wat jy is. #fokof #met #jou #hashtags #kont

Alles wat jy op ander social media doen tweet

Ek is self ‘n hoer as dit by social media kom. Ek is op Twitter, Facebook, Google+, Linkedin, Tumblr, Pintrest en ek het ook ‘n Youtube account. Ek mis tien teen een so paar hier, maar jy kry die punt. Maar ek voel nie dat dit nodig is om elke ding wat ek op elke social media platform doen te tweet ook nie. As jy vir my ‘n cool video wil wys wat jy gesien het op Youtube is dit fine, maar ek wil nie ‘n tweet lees oor elke video wat jy like op Youtube nie. Jou smaak in kat videos is nie so goed nie. Dit is ook nie nodig om 100 Instagram fotos te tweet op een aand nie, jou social life kom bitter boring voor as jy eerder heel aand sal Instagram as met mense praat.

Net so is dit nie nodig om te tweet daaroor vir elke Foursquare check in wat jy doen nie. Foursquare is useless in Suid-Afrika. Daar is geen, ja nul, voordeel daaraan nie. Aandklas gaan jou nie free bier gee vir elke keer as jy in check daar nie. So wat is die punt? “Haha. Ou, ek help net bietjie my stalkers uit. Haha.” Raai wat, niemand wil jou stalk nie doos, want jy gebruik Foursquare en daarom vermy hulle ooral waar jy in check.

Feminism/Rape/Homophobic/Ras debat via tweets

Ons almal het al die oor en weer geredekabel tussen die onnosel fokkers gesien op Twitter. “This guy just made a rape joke, name and shame!”, “Pietie het sopas ‘n foto van ‘n meisie wat voor hom in Woolies se ry gestaan het getweet. Hy is so ‘n male shovinist.” of “Ek like Sunette Bridges! Julle kaffir-boeties weet fokol. Julle sal eerste geslag word”. Daardie laaste een was actually al vir my gestuur na ons Sunette Bridges stukkie.

Ek sê nie rape is reg nie. Ek sê nie om blatant rasisties te wees is reg nie. Ek sê nie om disrespekvol te wees teenoor dames is reg nie. Wat ek wel sê is dat om met mense te wil begin stry oor die goed op Twitter ‘n mors van fokken tyd is. Niemand dink jy is cool as jy ‘n male-feminist is wat konstant Twitter battles het met mense wat nie eers eintlik iets sexist bedoel het met hulle tweet nie. Toe ek ‘n kaffir-boetie genoem is op Twitter het ek nie tweets heen en weer begin stuur met die idioot nie, ek het hom geblock. Maklik.

Toe ek getweet het dat ek dink couples of “joint Facebook accounts” ( bv Frikkie en Sannie Barnard) is gay, was dit nie oor ek homophbic is nie. Jissis, en die persoon wat my homophobic genoem het was nie eers homosexual nie. Hou op offended wees vir ander mense se onthalwe en dan te dink jy gaan iemand beindruk deur ‘n Twitter fight te begin. Al wat ons eintlik dink is dat jou lewe sad is want jy het niks beter om met jou tyd te doen nie.

Brand slamming oor kak

Ek het al self ‘n brand aangevat op Twitter. Net oor ek op geen ander manier die mense kon kry om my te help nie. Na menigste e-mails en oproepe het ek na Twitter gegaan oor ek nie my kar kon ingebook kry vir ‘n diens nie. Maar ek gaan nie Woolworths aanval op Twitter oor ek ‘n vleis samoosa tussen my vegie samoosas gekry het nie. Dink jy die klein outjie in Ethiopië sou getweet het daaroor? Of sou hy die kak uit daardie mince samoosa gevreet het oor hy besig is om dood te gaan van die honger?

Dink bietjie daaroor. Ek sê nie jy moet nie kla nie. Maar probeer eers die private maniere van kla oor jou probleem, soos e-mail en bel. Niemand dink jy is trendy oor jy op Twitter en Facebook moan oor ‘n brand nie. Wat hulle eintlik wonder is of social media jou so vertraag gemaak het dat jy nie meer weet dat jy ‘n selfoon eintlik kan gebruik om ‘n oproep te maak nie.

Digital cock sucking

Brands gaan nie saam met jou wil werk oor jy hulle konstant mention in tweets nie. Net soos ek en almal anders op Twitter, sien die brand dat jy besig is om gat te kruip en dit sit hulle net soveel af soos wat dit die res van ons af sit. Ek gee nie om of jy 5000 followers het op Twitter nie, en die brand ook nie. Wat die brand wel oor omgee is of jou followers jou opinie ernstig opneem. Deur digitale piele te suig wys jy nie dat jy ernstig opgeneem word nie, jy wys dat jy ernstig wil opgeneem word maar nie weet hoe nie.

Die beste manier om iemand of ‘n brand te kry om saam met jou te werk is om met ‘n goeie idee na hulle toe te gaan. En moet nie jou idee vir hulle tweet nie. Stuur ‘n e-mail soos ‘n professionele besigheids persoon. Wanneer Redbull jou begin betaal kan jy tweet oor hoe cool hulle is tot jy wil kots daarvan, en glo my jy gaan naderhand wil kots daarvan.

Rustig ou grote

As jy skuldig is van enige van die goed wat ek hier bo noem, moet my nou asb nie tweet om my te vertel dat ek die doos is nie. Ek weet ek is ‘n doos, dit is hoekom ek nie kan slaap nie. As jy die bogenoemde doen en dit maak jou gelukkig, hou aan om dit te doen. Ons is almal volwassenes hier, ek is nie jou baas nie. Weet net dat ek met jou belaglikhede gaan spot elke kans wat ek kry, dit is my reg. Net soos dit jou reg is om my ‘n doos te noem en nooit weer na gevaaalik.com te kom nie… tot Vrydag wanneer jy terug kom vir die Vrydag Bederf.

You may also like...

7 Responses

  1. pisgesig says:

    #k-woord!
    Quite honestly verstaan ek glad nie die doel van twatter nie. As mens al die stront tipe tweets waarvan jy praat uit die prentjie kon haal, bly daar niks oor nie.

  2. BaasDeBeer says:

    Ai, jy moes geweet het ek gaan respond op die ene.

    Laat ek hom maar stap vir stap vat:
    (Eerstens: Elkeen is geregtig op sy opinie, want ons is almal dose op ons eie manier)

    Hashtags:
    Net omdat jy duidelik nie die volle omgang van die hashtag konsep verstaan nie, beteken nie dat diegene wat dit wel gebruik verkeerd is nie. Ja, jy kry #tag @rapers wat #elkefokken #woord #wil #tag. Dis tos, moenie dit doen nie.
    MAAR, om ‘n tag te koppel aan enige event, be it a gig, a promo, ‘n pvt bday party of jou en jou maatjies se naweek Koekenaap toe, that is cool. Eerstens gee dit eenvormigheid aan die tweets, en help mense wat by die betrokke event is (wat mekaar dalk nognie volg nie) die kans om mekaar digitall ook te ontmoet. Tweedens kan dit tweets korter en makliker maak, want in plaas daarvan om nou te “@koos @sannie @jannie @ruan @willem @gevaaaalikmetdielanghandle ky die foto van gister se party” kan jy mos net tweet “Check die tos pic van #GevaaalikParty”
    Dit maak oor die algemeen dat tiwtter dus minder flooded is.
    Laastens op ‘n slightly meer technical front, kan jy seker systems in plek stel wat automaties al die fotos/tweets wat ‘n #tag noem, save. Dit maak dit BAIE makliker as om deur almal wat by jou party was se tweets te gaan om te kyk wat wie getweet het (of natuurlik vir ‘n brand om iets useful daarmee tedoen)

    Genoeg daarvan

    Alles van ander netwerke tweet
    Jy het verseker ‘n punt hier beet. Ek stel nie belang in wat jy nou kyk/luister nie. Tensy dit cool genoeg is om ‘n custom handgetikte tweet te verdien. Ek self is skuldig aan YouTubes so share, want ek was te lui om dit af te skakel. Ek sal sommer gou so maak ipv dratie kap.
    Wat Foursquare aanbetref, is dit egter ietwat anders. Weereens skep dit ‘n nice basis om ander mense deur te ontmoet. Vir iemand wat network vir ‘n lewe, is dit moerse belangrik. Dit gee ook die kans vir venues om hul demographic profile beter op te stel en so meer gepaste deals ens aan te bied. Ja, in SA is dit nog klein, maar daar is wel plekke wat 4sqr specials het.
    Verder is dit net een van daai sinnelose cool kakkies waaarmee jy track hou van wat jy met jou lewe aanvang. Ek dink ek staaan op 46 weke in ‘n ry by bars. Help dit my? Nee. Like ek dit? Ja. Hoekom? Ek weet nie.

    Ras en ander kinnerkak
    100% – As jou opinie my nie gaan laat lagnie, stel ek nie belang nie.

    Brandslamming – Om ‘n brand te bash verloor sy waarde as jy oor ALS kla. En dit pis jou followers af. Behalwe Telkom, almal kan enige tyd vir Telkom kak hap.

    Digicocksucking:
    Ja, mense gaan te ver. Jy kry nie endorsements daardeur nie. Been there, tried that. Gebruik dit vir networking en al daai kak, maar van iemand wat paar brands manage op die twitterwebs, kan ek getuig hoe afpistenswaardig dit is as iemand net met jou brand communicate om free shit te try kry.

    Weereens, en die moet al eintlik ‘n standard disclaimer wees in ons 2 se convos:
    Ek respekteer die feit dat jy ‘n opinie het meer as iemand wat net kak sluk. Ek waardeer die feit dat jy jou opinie lug, al is jy soms verkeerd :p

    O ja, nog iets wat kan bykom by jou lysie:
    DM IS DAAR VIR ‘n FOKKEN REDE:
    As jou convo met jou maatjie meer as 3 tweets strek, en dit wat jul discuss het geen bearing op die res van die mensdom nie, DM mekaar.
    Selfde met professional shit. Moenie business in public tweet nie. In fact, dis waarvoor outydse email daar is.

    ok, my 2 sent.

  3. Jarra says:

    Jissis, ek stem 100% saam Stix. Hoekom die fok moet mense in elke facebook update hashtags gebruik?

  4. Janco Enslin says:

    Snaaks hoe iemand met so min followers op Twitter dink hy kan met gesag oor die onderwep praat. Jyself maak ook lekker blapse. Jy herhaal tweets soos: “Onthou die Vrydag bederf”. Jy het mos klaar ‘n ding eenkeer genoem? En waar ander mense gatkruip by brands, kruip jy gat by mense. Dink jy retweets van comedians gaan vir jou ‘n spot op ‘n stage kry? Wat maak dit saak as mense by 4Sqaure incheck? Soos iemand hierbo noem, is dit ‘n manier vir hulle om te track wat hulle doen. Jy kan byvoorbeeld jou eie tweets deurgaan en kyk hoe baie dagga jy rook. Dit lyk na nogal baie. Tot jou werkgewer dit sien en dan gebeur dieselfde met jou as met die ouens van FHM. Maar laat jy maar die klipppe gooi as jy wil. Jou hele webtuiste is in elk geval ‘n onoorspronklike kopie van daai ouens in die Kaap wat Watkykjy begin het.

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Janco Enslin: Shampies Janco. Lyk my jou gevoelens is seergemaak deur wat ek hier bo geskryf het. Die waarheid maak seer ou perd.

    Ek gaan nie in detail reply nie maar ek sal die volgende sê: My werkgewer weet ek rook dagga en Watkykjy is deur ouens in Pretoria begin, suurpoes.

  6. Shaun says:

    Cool stuff Stix – Ek stem saam 99% van wat jy sê, en stem saam Baas de Beer oor die hashtag ding – ek wil vir jou graag sê hoe ek van hashtags (in my geval een tag) gebruik maak.
    As ek nog dik deur die kak in die oggende voor werk aan my eerste sigaret suig, dan search ek #JHBTraffic – want daar is ‘n klomp accounts wat net traffic updates gee – dan kokonodge ek gou daai feed, en kyk of ek die N1 of N14 moet vat – dit het al baie my gatvelle gered!

    Verder stem ek saam met alles wat jy sê.

    @Janco – ou as jy van opinie wil verskil, dit doen ordentlik. Moenie soos ‘n laerskool meisiekind jou toys kom rondgooi nie. Almal se opinies verskil. Dit lyk my is iets wat jy nog nie so lekker verstaan nie.

  7. pisgesig says:

    @Stix, BaasDeBeer is duidelik “in IT”, so net hy verstaan hashtags.
    “Help dit my? Nee. Like ek dit? Ja. Hoekom? Ek weet nie” – vir my is dit ‘n goeie opsomming van alle social networking, behalwe vir die laaste sin wat moet lees, “Want ek is ‘n narcissist”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *