Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vrydag Party Song

Ek gaan sommer reguit skiet vanoggend, dis koud, die hemel se plafon is depressing en niemand is lus vir ‘n wise ass nie. Enigste ligpunt vandag…dis vrydag!

Vandag se party song is Bush se “Come Back Baby”, meeste van julle moes dit al oor die radio gehoor het. Ek het vanoggend vir die eerste keer die music video gesien en ek dink dis uiters kak, wat die musiek aanbetref dink ek dis uiters briljant.

Speel die tune, dans met jou binneste en dink aan die lekker bier wat oor ‘n paar uur liefde met jou lippe gaan maak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *