Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lady Gaga het dommies op hol

Teen die tyd weet meeste van julle al hoe ek voel oor Lady Gaga. Ek is nie ‘n fan van haar musiek nie en ek sou verkies dat Pearl Jam eerder Suid-Afrika toe kom. Maar ek is nie onnosel nie. Ek weet dat hoe meer groot internasionale optredes ons in Suid-Afrika kry hoe groter raak die kanse dat ander groot internasionale optredes hier sal plaasvind.

Wat my wel die fok in maak is as mense tos soos die image hier onder op my blog posts kom comment. As jy dink Lady Gaga probeer mense brainwash om “duiwels kinders” te word met haar musiek, lirieke en belaglike optrede dan is jy, om dit eenvoudig te sê, vertraag. Die rede hoekom Lady Gaga haarself soos ‘n mongool gedra is om aandag te kry. Daar was saam met die image ‘n link na ‘n petition om Lady Gaga uit Suid-Afrika te hou. Ek sal dit nie hier op gevaaalik.com sit nie vir twee redes. As jy dink daardie petition gaan maak dat Lady Gaga nie Suid-Afrika toe kom nie is jy vertraag. As jy dink ek gee om oor sulke kak dan ken jy my duidelik nie baie goed nie.

As jy kyk na die ding hierbo kan jy duidelik sien dat ‘n onnosel doos met te veel tyd op sy/haar hande dit geskryf het en nie sy/haar navorsing eers gedoen het nie. Sover ek weet word die woord Bybel met ‘n hoofletter “b” geskryf, veral as jy in die Bybel glo, soos die nar hier bo dink hy/sy doen. Nog ‘n ding, ek wil graag weet waar kom die onnosel doos wat die geskryf het daar aan dat die naam Alejandro God beteken. Ek het dit net vinnig ge-Google en sover ek kan sien beteken Alejandro defender of warrior. Na ek die blatante lieg storie hier bo gelees het, het ek nie eers die moeite gedoen om Roberto of enige van die ander name te Google nie.

Onthou net altyd: “Religion is like a penis. It’s fine to have one. It’s fine to be proud of it. But please don’t whip it out in public and start waving it around. And please don’t try to shove it down my children’s [or other people’s] throats.” En veral as dit sulke onnosel kak is soos die, hou dit weg van gevaaalik.com af.

You may also like...

2 Responses

  1. Chuckv says:

    Ek is nou bykans 50 jaar oud en kan nog steeds nie ophou lag (en soms huil) oor die absolute onverdunde kak wat as die waarheid aan my voorgehou is oor al die duiwelse invloede van pop/rock nie. Ek gaan sommer aan die suip.

  2. Stix says:

    Bly jy stem saam met my Chuckv

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *