Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Politiek: Vir wie moet jy stem?

Die beste ding om te maak as dit by politiek kom is om dit te behandel soos radio-aktiewe materiaal; vermy dit sover moontlik. Ongelukkig is daar elke nou en dan ‘n Chernobyl of Fukushima situasie en dan moet jy dit in die gesig staar, al maak dit dat jou gesig afsmelt.

Jy is sekerlik daarvan bewus dat op 7 Mei weer ‘n verkiesing gebeur. As jy enigsins soos ek is, weet jy steeds soos jy daar sit en hierdie stuk lees nie vir wie om te stem nie. Share hierdie op jou Facebook of Twitter en kom ons help mekaar besluit. Los jou opinie in die comments.

Politics

Jy is nie alleen nie. Meeste mense wat nie van hul lootjie getik is nie, weet nie vir wie om te stem nie. Die manier hoe ek hierdie situasies hanteer is deur ‘n ‘pro en con’ lists te maak. Ek sit en skryf dinge uit sodat ek dit op wit en swart voor my kan sien. Ek het dus besluit om so ‘n paar van die partye hier uiteen te sit, om jou te help om jou keuse te maak. Ok, eintlik is dit om my te help om te besluit vir wie om te stem ook.

Demokratiese Alliansie

Also known as: Die party wat veroorsaak dat die Kaap se paaie met goud bedek is

Presidensiële kandidaat: Tannie Helen Zille

Baie mense wat nie ANC wil stem nie sien die DA as die “beste kans wat ons het” party. Almal hamer op die feit dat tannie Helen en haar party die Kaap so ongelooflik gemaak het. Die DA het beslis al ‘n verskil op menige vlakke in die Wes-Kaap gemaak. Helen maak dit duidelik dat sy nie mense voorkeur gee op grond van die kleur van hulle vel nie. Die manier hoe sy kies om te bewys dat sy kleurblind is, is om allerhande mense van ander kleure in die openbaar te soen. Ongelukkig is ek nie so stupid nie en al wat dit vir my bewys is dat Helen Zille nie net president wil wees nie, maar sy soek ook koorsblare.

DA

Die DA is die grootste opposisie vir die ANC. Ongelukkig is daar ‘n paar dinge in hulle beleid waarmee ek glad nie saamstem nie. Hulle beleid op veral drank en dwelms is baie kommerwekkend: “Saam met dié programme sal die DA hard op dwelm- en drankmisbruik toeslaan, want dis ’n probleem wat meebring  dat talle jong Suid-Afrikaners hul lewens vernietig. Onder meer sal ons die narkotikaburo weer instel, befondsing  vir die sentrale dwelmgesag verdriedubbel en borgtog vir dwelmoortredings strawwer maak.”

Ons het nou al die kans gehad om te sien dat prohibition van dwelms nie die dwelms laat verdwyn nie. Daar was nog nooit ‘n drug free society nie. Ons moet nie meer mense toesluit vir die gebruik van dwelms soos dagga nie, ons moet mense educate oor dwelms en die dwelms reguleer. Tannie Zille en die DA is dalk die grootste opposisie, maar moet nie geflous wees nie. Die DA se koppe is ook maar lekker diep in hul holle.

African National Congress

Also known as: Die party wat die regte idee gehad het voordat hulle KFC saam met hul pap begin kry het

Presidensiële kandidaat: Jacob die dief Zuma

Die kruks van die saak as dit by die ANC kom, is eenvoudig: Moet niks glo wat hulle sê nie, want dit is alles een groot kakstorie. Die ANC gaan nie vir die mense meer werk, elektrisiteit, lopende water, rioolstelsels of opvoeding gee nie. Die ANC gaan mekaar ryk maak deur geld te steel by my en jou – die mense wat belasting betaal. Hulle gaan nie beter education probeer kry nie, want hoe dommer die publiek is, hoe meer stemme sal die ANC kry.

ANC

Nkandla is ‘n uitstekende bewys van wat sal aanhou gebeur as die ANC aanhou wen. En voor jy vir my wil sê dat net omdat Jacob Zuma korrup is, beteken dit nie die res van die ANC is korrup nie, vra jouself af hoekom die res van die ANC nie hulle leier gestop het nie? Hoekom het nie een van hulle hul bekkies gerek nie? Hoekom hou hulle nie nou hulle eie leier verantwoordelik vir die geld wat hy gesteel het vir Nkandla nie? Die rede is dat dit moeilik is om ‘n geluid te maak met ‘n bek vol KFC op die agtersitplek van ‘n Audi S5.

As jy vir die ANC stem dan is daar geen hoop vir jou nie. Ek gaan jou nie probeer oortuig om nie vir hulle te stem nie. Jy is te onnosel om te sien wat gebeur. Al wat ons kan doen is om te wag tot die natuurlike ding gebeur en julle dommes uitsterf. Ons sal julle nie mis nie. Ongelukkig as die ANC aanhou soos hulle aanhou gaan Suid-Afrika nie vir baie lank meer ‘n great plek wees om in te leef nie. Jou dood aan die ander kant… Meh.

Economic Freedom Fighters

Also known as: The one that got away from the ANC

Presidensiële kandidaat: Die onopgevoede onnosel aap Julius Malema

Die EFF is soos ‘n hoender wat deur die ANC grootgemaak is. Toe die hoender se vere te groot raak vir sy eie beswil en die beswil van die ANC, het die ANC besluit om die hoender se kop af te kap. Ongelukkig het die ANC soos met alles anders ‘n halwe job gedoen en nie gefokus toe hulle die byl afgeswaai het na die EFF-hoender se kop nie. Hulle het toe die byl heeltemal verkeerd vasgehou. In plaas daarvan om die hoender se kop af te kap, het hulle hom toe net nog dommer gemaak deur sy kop raak te slaan met die plat kant van die byl. Nou hardloop die EFF-hoender met breinskade rond en maak net kak vir die ANC sover as wat hy gaan.

EFF Random Gevaaalikhede

Die EFF wil baie graag voorgee dat hulle met die nasionalisering van myne, die verdeling van grond aan almal wat hulle ondersteun en met die groter hoeveelhede government grants wat hulle wil gee ‘n sosialistiese party is. Ongelukkig is hulle niks anders as ‘n kommunistiese party nie. As jy dus dink die ANC lewe spandabelrig met ons geld gaan jy ‘n poesgroot verrassing kry as die EFF aan bewind kom.

Julius Malema en sy trawante is net so onnosel en skelm soos hulle vorige leier, Jacob Zuma. Fok die EFF en fok Julius Malema. Hoekom sal ek stem vir iemand wat nie eers ‘n sticker reg om op hul kar kan plak nie?

Vryheidsfront Plus

Also known as: Die polities korrekte AWB

Presidensiële kandidaat: Pieter Mulder, die bewyse dat ‘n doktorsgraad nie noodwendig bewys dat jy slim is nie

Die Vryheidsfront Plus dra blykbaar alle minderheidsgroepe in Suid-Afrika se belange op die hart. Eintlik voel hulle net ‘n fok oor Afrikaners. Om meer spesifiek te wees, hulle is veral gefokus op die gelowige-oogklapdraende-vreesbevange Afrikaner. Die tipe Afrikaner wat die stront wat Sunette Bridges en Steve Hofmeyr uitblaker as feite aanvaar. Met die laaste twee verkiesings het die VF+ ‘n volle vier sitplekke in die Nasionale Vergadering gekry, en in die tydperk wat verby is het hulle nog minder met daardie vier sitplekke gemaak as in die vorige vier jaar.

VF+

Yes, want Orinia is so ahead of the curve dat jy die beste internet in die land daar kan kry. O wag…

As jy glo dat Afrikaners deur ‘n genocide gaan, of dat gebed en om terug te draai na God die antwoord is wat Suid-Afrika kort, dan is die VF+ die perfekte plek vir jou om jou stem te mors. Die VF+ spring gereeld saam met Afriforum, Sunette Bridges en Steve Hofmeyr in die bed. Die fear mongers probeer met die vrees van ‘n opgemaakte genocide en die vrees van God mense so bang maak, dat hulle vir die VF+ sal stem. Nie eers om te praat van die rassehaat wat gestook word deur Sunette Bridges en Steve Hofmeyr nie. Ons wag maar vir hulle om dieselfde paadjie te stap as die hardcore ANC ondersteuners.

Lyk die almal kak? Moet nie bekommer nie

Daar is nog 25 ander partye buiten die vier hierbo waarvoor jy kan stem. Hier is hoe sake staan: Ek sê nie jy moet stem nie, en my opinie is definitief nie al wat jy moet vat om jou besluit te maak oor of jy gaan stem of nie. Die beste ding wat jy kan doen is om almal se manifeste te gaan lees en te besluit of jy bereid sal wees om een van die partye te steun met jou stem.

Ek is fucked. Ek is steeds nie oortuig nie. Sover verandering gaan dink ek die DA is ons beste kans. Maar ek stem glad nie saam met baie van die dinge wat die DA sê nie. Hulle is verskriklik anti-dagga en het reeds drakoniese wette teenoor drank geïmplimenteer in die Kaap. Ek kan jou wel sê dat ek nie my tyd eers gaan mors met die ANC, VF+ of EFF nie.

Om ‘n politieke party te kry waarmee jy heeltemal saamstem is onmoontlik, want politiek is kak. Maak net seker dat wanneer jy jou kruisie trek (of nie trek nie), dit ‘n ingeligte besluit is. JY is die enigste een wat kan besluit en JY is die enigste een wat dit ‘n slim besluit sal kan maak. So doen bietjie navorsing van jou eie.

You may also like...

6 Responses

  1. Skoppensboer says:

    Sjoe maar jy is rof op die VF+, en redelik onbillik!

    Eerstens die Vryheidsfront het niks met die AWB te doen nie, vir die eenvoudige rede dat die meerderheid AWB ondersteuners die HNP ondersteun, en hulle sit nou nog borde hier in Pretoria op wat se “Stem Reg Bly Weg”.

    Tweedens, VF is n Afrikaner party, dus gefokus met die doel op Afrikaanse minderheid verteenwoordiging en die vervulling van ons rol in n demokratiese multikulturele nasie.

    Derdens, Enige swartsmeerdery van Apartheid het fokol met hulle te doen, aangesien hulle nie eers bestaan het voor 94 nie, en word Constand Viljoen gekrediteer as n groot bydraende faktor tot n vreedsame oorgang tot n demokratiese land. En die Nasionale Party wat eintlik die sondebokke is , bestaan vandag nog steeds….hulle name is nou net die Afrika Nasionale Kongres ook bekend as die ANC, die Nasionale Party onder leiding van Marthinus van Schalkwyk het die party saam met die ANC gesmelt in 2005.

  2. Jasper says:

    Snaaks en opvoedkundig, nice.

  3. AndreTheGreat says:

    Nee Stix bra. Hierdie hele post is ‘n fokop. Daar is een Family Guy episode waar Lois hardloop vir Burgermeester en Brian vir haar sê dat die “undecided voters” is die grootste idiote in werêld (gaan kyk hier) https://www.youtube.com/watch?v=0YOh-rpvjYg.

    Ek voel dieselfde, want as jy nuus berigte lees, die geskiedenis van die verskillende partye ken en weet waarvoor jy as mens staan, sal jy nie ‘n probleem hê om te weet vir wie om te stem nie.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @AndreTheGreat: Het jy al die video gesien van Russel Brand waar hy praat oor hoekom daar niks fout is met stem nie? Maak nie eintlik saak of jy dit gesien het of nie. Net oor Family Guy of Russel Brand iets gesê het maak dit nie reg of verkeerd nie. Wat verkeerd is, is om iets te doen omdat ander mense vir jou sê jy moet dit doen (dit is hoe meeste ANC ondersteuners werk), al wil jy nie.

    Wat ek in hierdie post geskryf het sê nie jy moet stem of jy moet nie stem nie. Dit sê jy moet jou eie navorsing doen en self besluit. So nee, die post is nie ‘n fokop nie, quite the opposite.

  1. April 30, 2014

    […] Die week vlieg, kyk net hoe sit jy nou al reg vir die Stoute Boudjies. Volgende week Woensdag is dit weer tyd om te stem. Ek gaan nie vir jou sê jy moet stem of jy moet nie stem nie. Ek gaan jou ook nie sê vir wie om te stem nie. Wat ek wel vir jou gaan sê is dat jy self moet besluit. Begin sommer hier met my vinnige kykie na die vier groot partye: DA, ANC, EFF en VF+. […]

  2. December 13, 2016

    […] van Suid-Afrikaners verbeter nie. Die polisie vat nogsteeds net bribes links en regs. Maar hey, ek het dit gecall way back dat die DA ‘n spul draconian konte is, en toe het almal vir my gesê ek moet ophou so sinies […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *