Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Real Housewives van Pretoria

Jy hoor hulle soos ‘n spul kakelaars van ‘n myl af. Maar hierdie ‘birds’ is eintlik mense, vrouens om meer spesifiek te wees. Hulle is hier by Tasha’s vir ontbyt, wat eintlik net code is vir die weeklikse skindersessie tussen vriendinne wat ryk getrou het.

Die real Housewives van Pretoria

Sandra het meer make-up aan as klere. Haar hare is ver van haar natuurlike kleur en meeste van die hare op haar kop is ander mense s’n, want sy het extensions. Haar lippe, tiete, maag en neus is fake. Sy sou nog miskien die lippe kon wegsteek as sy hulle nie elke 15 minute rooi gepleister het met lipstick nie.

Die Real Housewives van Pretoria

Die Real Housewives van Pretoria. Soos hierdie, net meer Afrikaans. Die een aan die regterkant mag dalk ‘n robot wees.

Sandra het nog nooit belang gestel in rugby nie, tog sal jy haar dikwels in Woodlands mall betrap met ‘n Bloubul trui aan. Sy gee maar voor dat sy hou van rugby, want dit is wat ‘n goeie Bloubul-vrou doen. Sy weet dat haar man (‘n Bloubul rugbyspeler wat naamloos sal bly) die kat in die donker knyp as hy op toer is. Gelukkig sal Sandra nie net maak of sy van rugby hou nie, maar ook ander kant toe kyk vir haar man se ‘foutjies’ solank as wat daardie Bloubul Rugby Unie geld in sy rekening betaal word. Wanneer dit tot ‘n einde kom sal sy maar met Johanisha praat oor haar prokureur.

Johanisha is tans betrokke by ‘n oorlog, teen haar man. Sy is besig om te skei. Hulle is vir 10 jaar getroud gewees voordat dinge begin uitmekaar val het. Voor sy haar man, Johan, ontmoet het was sy ‘n waitress met niks. Nou ry sy ‘n Porche Cayenne, bly in ‘n massiewe huis in Waterkloof, en het juwele waar daar kinders moes gewees het. Sy het gewoond geraak aan ‘n spandabelrige leefstyl waarvoor sy nie ‘n cent gewerf het nie. Maar sy suig piel soos ‘n champ en sy het ‘n gat soos ‘n supermodel op die ouderdom van 38.

Tans betaal Johanisha se man (soon to be ex-man) vir al haar regsadvies. Ook maar goed want sy het laas haar eie geld verdien toe sy 24 was. Die aand toe Johan haar ontmoet het, in wat net beskryf word as ‘n “Hooters” tipe instansie, het sy so paar duisend rand ‘n maand gemaak, meestal uit tips. Vandag kos die kar wat sy ry tien keer meer as wat sy daardie tyd gemaak het in ‘n hele jaar. Johanisha is nie gepla nie. Haar prokeruers span is seker dat sy die huis in Waterkloof, die Cayenne en ten minste so R45 000 ‘n maand sal kry om haar leefstyl te kan handhaaf. Johan oorweeg selfmoord. Die skeisaak het hom nou al naby aan R2miljoen uit die sak gejaag. Hy veg in ‘n oorlog waar hy moet betaal vir sy vyand se generaal, asook sy eie generaal. Hy is op fyndraai, nie die fyndraai wat hy dank die gode gevolg het om nie kinders te kry nie. Die fyndraai van bankrot. Gelukkig bly Johanisha gelukkig in die huis waarvoor hy betaal het saam met haar nuwe boy-toy.

Caroline is ‘n vrou van die kerk. Wanneer sy nie besig is om te skinder om ‘n tafel by Tasha’s in Brooklyn Mall soos vandag nie, preek sy vir kinders oor die gevare van seksuele losbandigheid. Vir liefdadigheid, en God, jy weet? Sy kyk veral neer op vrouens wat strippers of porn stars is. Minwetend is Caroline niks anders as ‘n porn star nie, want sy maak ook haar geld met seks. Sy verkoop haar lyf net so een keer ‘n maand aan haar man, eerder as oor die internet. Maar wat kan ‘n dame nou doen? Sy gaan nie self betaal vir die Guess, D&G, Louis Vuitton en ander fancy handsakke wat sy het nie. As Caroline maar net geweet het dat haar man al vir jare vir haar fake handsakke terugbring van sy oorsee trippies. Dinge lyk nie so goed met sy besigheid soos wat hy voorgee nie.

Marina is besig om vir almal foto’s te wys van haar trip New York toe saam met haar man. Andries het ‘n besigheids-trip gehad, om besigheid te doen. Al het Andries vir vroulief-Marina verduidelik dat hy gaan moet werk, en nie sal kan sightsee nie, het sy aangedring om saam te gaan. Wat ‘n besigheid-trip moes wees het toe vinnig in ‘n teem en neul eksperiment verander waar Marina glo getoets het hoeveel sy kan kerm voor Andries voor ‘n taxi inspring. Darem sal sy dan uiteindelik die lewensversekering geld kry waarvoor sy al wag vir die laaste ses jaar, vandat sy gehoor het dit is ‘n paar miljoen.

Nou deel Marina die “wonder vakansie” se foto’s met haar vriendinne op haar splinter nuwe iPhone 6 Plus, nog iets wat sy aanhou oor grens het tot Andries ingegee het en die ding gekoop het in New York net sodat sy vrou darem weer kan maak of sy lief is vir hom vir ‘n week. Laat dit lyk of sy hom lief het, meer as sy geld.

Nicky is die jongste van die spul, eintlik nog ‘n kind op die ouderdom van 24. Sy het grootgeword op die plaas in die Vrystaat. Sy het nie getrou vir geld nie, haar man is net toevallig ‘n skatryk trader vir FNB. Sy het net ‘n maand terug ophou werk as ‘n onderwyseres, na sy die pos gehad het vir slegs ‘n jaar. Sy voel nogsteeds effens ongemaklik tussen hierdie kakelaar-skinderbekke. Sy sal enige dag eerder saam met haar ou vriende van Pretoria Noord kuier, maar haar man wil hê sy moet vriendinne maak met al sy ryk vriende se snobistiese vrouens. Nicky is steeds verstom oor hoe maklik die vrouens kan empatie uitbeeld, amper soos ‘n psigopaat.

*Alle gebeurtenisse en karakters in hierdie verhaal is heeltemal fiktief, veral wanneer dit voorkom of dit gebasseer is op ‘n regte persoon.

You may also like...

4 Responses

  1. Russiese Wolscooter says:

    Fok Maandae & Donderdae. Dis mos nou ‘n random gevaaalikheid.
    Hierdie is by verre die randomste ding wat jy al ooit gepost het. *brain goes: “Dafuq?”
    Goed geskryf, though.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Russiese Wolscooter: Dit is effens random ja. Ek het net so week of wat terug ‘n spul vrouens by Tasha’s in Brooklyn gesien wat saam ontbyt kom eet het. Hulle het my fassineer en uitgegross op dieselfde tyd. Ek ken nie een van hulle nie, maar selfs ek kon sien hoe fokken fals hulle met mekaar is. Dit en die een met die Cayenne het baie amper in my vasgery oor sy nie haar duur kar kan bestuur nie.

  1. October 24, 2014

    […] Real Housewives van Brooklyn, Pretoria […]

  2. November 8, 2015

    […] is ‘n akkurate verteenwoordiging van iemand se lewe (insluitend jou eie lewe), dan dink jy seker Real Housewives of Orange County en Keeping Up With the Kardashians is realiteit en nie fake bullshit […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *