Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Swakste cover van Stones song ooit

Die Stones is een van die grootste bands van die afgelope 50 jaar. Nie dat dit nodig is nie, maar hier is net een bewys daarvan: In die tydskrif Rolling Stone se “500 Greatest Songs of All Time”, wat in 2004 verskyn het, is die Stones se “You Can’t Always Get What You Want” as nommer 100 aangewys.

Soos mede-Britte Townshend en Daltrey van The Who is Jagger en Richards se name sinoniem met “rock god”. Om dit kort te hou: die grootsheid van hulle musiek kan moeilik in enkele sinne opgesom word, en die invloed wat hulle gehad het op musiek sedert die 1960’s is van onskatbare omvang. Hulle is verby gevaaalik.

Wel ongelukkig, soos meeste awesome goed in die lewe, kan hierdie musikale awesomeness deur popmusiek geslag word. Die Amerikaanse TV-reeks Glee het ‘n weergawe van “You Can’t Always Get What You Want” ge-…produseer. As jy nie van Glee weet nie, gee jouself ‘n klop op die skouer, want dan weet jy seker ook nie wat High School Musical is nie, ook nie wie Hanna Montana is nie, en nog minder wie die fokken Jonas Brothers is. En laat ons nie vergeet van Justin Bieber nie.

Glee slaag daarin om ‘n liedjie soos “You Can’t Always Get What You Want” (wat handel oor kwessies soos politiek en dwelms) so oppervlakkig-kougom-kak te laat klink dat mens sou dink dit handel eintlik oor ‘n tienerliefdesverhouding. Uhm, wel, dit is maar waaroor Glee meestal gaan, en skynbaar kan hulle enige liedjie oor tienerliefde laat handel.

As jy dit dus wil waag, kyk gerus na die video. O, en net daaronder is die Rolling Stones se original, net ingeval jy nie die tools het om self Glee se walg-weergawe uit jou gedagtes te fokken pers nie. Dalk is dit ‘n goeie ding dat Glee die liedjie gecover het. Dit maak ons eindeloos meer dankbaar vir die original, en laat ons ook weer besef hoe kak Glee is. En laat ons eerlik wees: ‘n Skouspel-weergawe sou nog baie, baie fokken erger gewees het.

En moet my nie hiervoor bedank nie. Dit is absoluut ‘n plesier. Op dieselfde manier as wat dit ‘n plesier is om mens se kleintongetjie in ‘n muisvalletjie te laat beland.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *