Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Free Foo Fighters EP – Saint Cecilia

Die Foo Fighters hoef nie ‘n fok te voel oor wat wie van hulle dink nie. Hulle maak musiek net soos hulle wil, onder die sambreel van die mighty Dave Grohl. Dit is ook hoekom hulle sommer net op ‘n whim kan besluit om ‘n EP te record vir hulle fans.

Saint Cecilia EP Vinyl

Die Foo Fighters het gebly in die Sait Cecilia Hotel, ‘n hotel wat vernoem is na die patron saint van musiek, toe hulle sommer besluit het om ‘n EP te rocord met so paar song vir die fans. Nou gee hulle die Saint Cecilia EP for free weg op hul website. Want die Foo Fighters voel ‘n fok.

Die Paris aanvalle het ons almal geraak en die Foo Fighters ook. Die gedagte dat mense met Kalashnikov vuurwapens kan opdaag by ‘n live musiek show en dan net begin mense koudbloeddig vermoor is horrifying. Dit het net weereens gewys hoe fragile ons is, maar die Foo Fighters probeer ons beter laat voel met bietjie rock ‘n roll.

Now, there is a new, hopeful intention that, even in the smallest way, perhaps these songs can bring a little light into this sometimes dark world.

So skryf Dave Grohl in ‘n brief wat ook beskikbaar is op die website waar jy die album kan download.

Wat kan jy verwag van die Saint Cecilia EP?

Foo Fighters rock natuurlik, en soos altyd ‘n rustige song soos net die Foo Fighters kan. “Saint Cecilia” is catchy soos net ‘n Dave Grohl verse/chorus kan wees: vet guitar gesmeer oor poppy hooks. “Savior Breath” is die harde rock track, faced paced en amper ‘n punk gevoel aan hom. “Iron Rooster” is die rustige track wat ons altdyd van die Foos af kry.

Jy kan die Saint Cecilia EP hier onder bietjie ‘n test drive gee, as jy nie sommer net die ding will download nie. Of, as jy hard core Foo Fighters fan is, koop vir jou die vinyl, wat lyk soos die image hier bo. Dan laat weet jy ons wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *