Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Hives en Skunk Anansie hier vir Vodacom in the City

Newton se Mary Fitzgerald Square in Johannesburg gaan op die 4de Oktober 2013 die Vodacom In the City Festival host. alt-j (Ja, ek het ook geen idee wie hulle is nie) en Boyz Noize gaan al klaar die party aan die pomp hê. Maar nou kry ons The Hives en Skunk Anansie ook vir die dag se musical festivities.

The Hives

The Hives

The Hives is ‘n Swedish rock band wat bekend geword het in die vroë 2000’s na hulle album Veni Vidi Vicious bekend geraak het, veral oor die song “Hate To Say I Told You So”. Baie music critics het hulle al benoem as een van die beste live rock bands wat daar is. Howlin’ Pelle Almqvist (vocals) is bekend vir sy onstage banter en Nicholaus Arson (guitar) is ook bekend vir sy mallighede op die verhoog.

Ek is ‘n groot fan van The Hives en om hulle live te kan sien gaan awesome wees. Die ouens dra gewoonliki hulle wit en swart suits, en ek is seker om hulle live te sien gaan een van die beste live shows wees wat jy al gesien het. Hier is hulle video vir “Hate To Say I Told You So”. My gunsteling deel van die video begin by 02:06.

Skunk Anansie

Skunk Anansie

Skunk Anansie kom al van die dae af toe meeste van ons nog tjokkertjies was, 1994. Skunk Anansie was ‘n big deal toe ek op laerskool was en al het ek nooit self ‘n album gekoop nie, is ek ‘n fan van hulle musiek. In 2001 het die band opgebreek tot die teleurstelling van my en talle ander Skunk Anansie fans, gelukkig het hulle weer hervorm in 2009.

Ek moet erken dat Skin (vocals) my nog altyd bietjie bang maak, maar op ‘n goeie manier. Skunk Anansie was die eerste band wat ek na geluister het met ‘n female vocalist. En net soos met die Guano Apes sal die band altyd ‘n song op enige van my playlists hê. “Selling Jesus” was ook een van die eerste songs wat ek vir my ouers moes weg steek. Skunk Anansie het eintlik baie harde songs gehad en was nie die pop band wat baie mense gedink het hulle is nie. Jy sal dit duidelik kan hoor in die video hier onder vir “Charlie Big Potato”. Daai stem!

Jy kan jou kaartjies vir die Vodacom in the City festival nou koop by Webtickets. Jy kan ook na die event se Facebook Page gaan loer of hulle website besoek vir meer info. Of as jy meer van ‘n Twitter mens is, kan jy hulle daar ook follow by @InTheCityJHB. Moet nie bekommer nie Kaapstad, julle sal ook die twee bands kan sien, check http://www.rockingthedaisies.com vir al die details.

You may also like...

1 Response

  1. Crusty says:

    Skunk Anansie!! Yes Please!!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *