Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ons bly in strate gevul met glas huise

Hier is die probleem: Ons bou almal saam aan ‘n Afrikaanse Amerika. En contrary to popular belief is dit nie ‘n goeie ding nie. Ons kla oor ons regering en hoe korrup dit is, maar ons is deel van die probleem. Die hartseer feit van die saak is dat ons almal wil hê ons land moet nie die korrupte of gebreekte plek wees wat dit is nie, maar probeer jy regtig om dit te verander? En nee, ek gaan jou nie nou vertel dat jy moet gaan stem nie.

Ons almal weet dat die leiers in ons land korrup is. Ons almal weet dat die regering korrup is en die polisie ook. Dit is geen geheim nie. Maar is jy heeltemal onskuldig? Het jy die reg om vinger te wys? Is daar dalk ‘n balk in jou oog? Laat die een sonder sonde die eerste klip gooi. Ek is nie die ou wat met die klip in my hand staan nie.

Glass houses

Hoeveel van julle het al dronk bestuur, is dan afgetrek en het so paar honderd rand in die polisieman se sak gedruk sodat hy anderkant toe kyk? Ongelukkig is ek redelik seker dat die persentasie onder julle wat al jou eie gat so gered het redelik hoog is. En so, my liewe high horse riding motherfucker, is jy dieselfde as daardie geliefde polisie van ons wat so korrup is. Dit is hoe jy glad nie help om ons land ‘n beter plek te maak nie.

Deur aan te hou bribes betaal gaan die probleem van die korrupte polisie of Metro dose nie weggaan nie. Solank ons bereid is om bribes te betaal, gaan hulle aanhou bribes aanvaar. Jy is nie veronderstel om dronk te bestuur nie, want dit is gevaarlik en onverantwoordelik. Tog sê meeste mense dat dit maar net deel is van die game; “ek betaal my bribe want ek soek nie ‘n kriminele rekord nie.”

Dit is baie makliker om die bribe te betaal as om jou straf te vat vir wat jy verkeerd gedoen het. Wat my aanhou verbaas is die displacement van responsibility. Jy was verkeerd, jy betaal die bribe en tog reken jy dat dit net is hoe jy die game moet speel? Jy is nie bereid om verantwoordelikehid te neem vir jou eie fokkops nie. In teendeel sê jy dat dit nie jy is nie, maar die polisieman wat verkeerd is. Tog as daar nie ‘n opsie van ‘n bribe was nie, sou hierdie tipe korrupsie nie ‘n probleem gewees het nie. Ja, die swaard sny na albei kante; die polisieman moet nie bribes aanvaar nie en jy moet nie bribes betaal nie. Deur die bribe te betaal is jy net so groot poes soos die polisieman wat die bribe aanvaar.

Moet nie bekommer nie, liewe leser, ek self sit precariously hoog op hierdie perdjie van my. Ek het al dronk bestuur (al maak ek deesdae ‘n punt daarvan om dit nie meer te doen nie, want ek het al gesien wat dronk bestuur kan veroorsaak), ek het al onwettige substances gebruik, ek breek die reëls. Tog het ek nog nooit ‘n bribe betaal nie.

Wat is die punt wat ek probeer maak? Verandering begin by jou en by my. Nie by die polisie nie en nie by ons regering nie. Verandering gaan nie begin by ons regering nie. Dit begin by ons. Ons moet verantwoordelikheid vat vir die toekoms van ons land en ophou om te probeer om ander goed te blameer vir die probleme wat ons land het. Jou stem is nie die enigste manier waarop jy ‘n verskil kan maak nie.

Ek, soos ons almal, sal agterkom dat as ons ophou om die foute in ander raak te sien ons vinnig genoeg sal agterkom dat ons elkeen ons eie foute het om aan te werk. Die vraag is net of jy genoeg van ‘n man gaan wees om te help om ‘n verandering maak en of jy gaan aanhou om ‘n pussy te wees wat ander probeer blameer vir probleme wat jy help veroorsaak.

You may also like...

4 Responses

  1. pisgesig says:

    Alles goed en wel, ek stem.
    Ek werk hard, betaal my TV lisensie, UIF vir my bediende, belasting, ek hou by die spoedgrens, slaap eerder oor by die trou-venue, skenk geld aan Wikipedia. Ek’s ‘n reasonable ou – kan al die leiers in ons land dit sê? As ek terug huistoe ry van ‘n werk pub-lunch waar ek EEN draught gedrink het, afgetrek word en oor die limit blaas, gaan ek ook daai bribe consider.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Ek verstaan wat jy sê, maar jou laaste sin, daarin lê die probleem.

  1. July 22, 2013

    […] vanoggend se meer ernstige stukkie oor die verplasing van verantwoordelikheid en korrupsie in ons land is dit seker 'n goeie ding dat die Random Gevaaalikhede hier is om die mood bietjie te […]

  2. July 24, 2013

    […] met die week se Stoute Boudjies. As die Stoute Boudjies nie jou ding is nie, kan jy eerder die meer ernstige stuk lees wat ek Maandag hier op gevaaalik.com gedeel […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *