Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Social Networks: Die verskille

Ek word amper daagliks deur iemand gevra: “Stix, watter social network is die beste?*”. Dus het ek dit goed gedink om ‘n vinnige verduideliking te gee van die drie belangrikste social networks, sodat niemand my ooit weer hoef te vra nie. In die verduideliking sal jy sien wat om te verwag van elke social network en dus kan jy ‘n ingeligte keuse maak oor op watter social network jy jou tyd en jou baas se geld wil mors.

Twitter

Twitter is nog nie so hot in Suid-Afrika nie, maar al die slim kinders het dit al. Twitter skop Facebook in die knaters vir een groot rede: Net oor mense wil sien wat jy te sê het via Twitter beteken nie dat jy hoef te sien wat hulle te sê het nie. Jy kan dus besluit wie jy wil follow. Hulle mag jou dalk nie terug follow nie, maar darem gaan jy weet jou time line gaan nie vol kak wees nie.

Twitter is ‘n lekker source van nuus, grappe, funny foto’s, cool video’s en as dit jou ding is, klomp sletterige meisies wat foto’s van hulself post in min klere (of ouens, as dit jou ding is). Jy moet net weet waar om te kyk dan sal jy kry waarna jy soek op Twitter. Twitter vat ‘n rukkie om aan gewoond te raak en dit vat ‘n rukkie om agter te kom wie is die moeite werd om te follow en wie nie. Sodra jy die regte mense het om te follow en begin interact met hulle raak Twitter eintlik nogal ‘n baie aangename tydverdryf. Twitter gaan nie oor hoeveel followers jy het nie, maar hoe meer jy Twitter gebruik hoe meer followers sal jy stadig maar seker kry. Plus met @gevaaalikdotcom sal jy ure verby kan Twitter en baie min hoef te werk.

Google+

Google+ is soos die kind van familievriende wat bietjie weird is. Hy is ‘n okay outjie, maar het nie baie vriende nie en selfs die vriende wat hy het bel hom nie eerste om te gaan party nie. Hy speel baie op sy eie en jy like hom, en tog kry jy die gevoel hy gaan eendag ‘n mes in jou keel druk terwyl jy slaap.

Google+ is stil. Daar is nie baie mense daarop nie en jy kan dit sien deur net te kyk na jou “Stream”. Jy sal soms vir twee dae aan een geen beweging daar sien nie. Google+ gee jou die vryheid om te volg wie jy wil. Net omdat jy egter hulle nuus sien, beteken nie hulle gaan jou nuus sien in hulle “Stream” nie. Moet nie verwag om veel van jou vriende op Google+ te vind nie. As jy dus rus en vrede soek in ‘n social network is Google+ miskien vir jou. Oor ‘n jaar of wat gaan Google+ dieselfde malhuis wees as Facebook.

Gaan check gerus gevaaalik.com se page op Google+ en add ons aan jou “circles”. Ons belowe ons sal jou terug add.

Facebook

Facebook is by ver die populêrste van al die social networks. Facebook is die cool ou/meisie op hoërskool. Lyk baie nice en almal hou van hom/haar tot iemand hom/haar leer ken en so bietjie tyd saam met hom/haar spandeer. Dan kom jy agter dat hy/sy heeltemal op sy/haar eerste rugbyspan/hot lyfie staatmaak om mense te oortuig dat hy/sy cool is, maar eintlik het die eerste rugbyspan/hot lyfie niks gedoen vir die ontwikkeling van ‘n slim of intressante persoonlikheid nie. Cool ou/meisie is toe nie so cool nie en kan oor fokkol behalwe rugby/bikini’s praat nie. Eintlik is die cool kid toe ‘n dom doos en die feit dat hy/sy tien jaar later by julle reünie vir jou vertel hy/sy is ‘n waiter by Spur verbaas jou glad nie.

Facebook werk ook as volg: Aan die begin dink jy dit is cool. Na ‘n week of wat se gebruik kom jy agter dit is eintlik moer dom en maak jou meer kwaad as happy. Al jou “friends” moan konstant in hulle status updates. Al die girls wat saam met jou op skool was en nie kon wag om te trou nie, pop nou net een na die ander baba uit en elkeen van haar status updates gaan oor een van haar poefdoekmasjiene. Elke foto wat jou vriendin op Facebook sit is oor haar kinders. Ouens verander in meisies as hulle op hul meisies se Facebook wall vir hulle boodskappies los soos: “Dankie vir die naweek my bokkie, jy is die beste-este ding wat nog ooit in my lewe in geKOM het. Ek lief jou my skapie. XOXO”. Braakwekkend.

As jy Facebook gebruik gaan jy elke keer wat jy op Facebook is die moer in raak vir hoe onnosel jou “vriende” is. Die beste goed wat jy uit Facebook gaan kry, is dat meeste mense geen idee het van privacy op Facebook nie. Dus jy kan meeste mense se foto’s en details maklik in die hande kry. Daardie ou wat jou vloek oor hy dink jy weet nie waar hy bly nie gaan ‘n verrassing kry as hy by die huis kom. Plus op Facebook kan jy Gevaaalik.com se Facebook Fan page like en jy sal al die awesome gevaaalik.com updates kry. Dan kan jy ook gevaaalik.com se fan page aan jou tjommies suggest en hulle sal dink jy is moer cool omdat jy gevaaalik.com aan hulle voorgestel het.

Dit is ‘n vinnige kyk na drie van die social networks. As julle voorstelle het vir ‘n social network wat ek nie gecover het nie, los dit in die comments en ek sal dit bysit. Ek hoop dit help.

*Die enigste persoon wat my al ooit gevra het oor social networks was ‘n dronk boemie gister. Ek is nie eers seker of hy regtig met my gepraat het nie.

You may also like...

2 Responses

  1. December 6, 2012

    […] te kyk in Tweets en Facebook statuses waar ouens hulle snor "progress" af show nie. Net soos met baba foto's op Facebook gee niemand behalwe die eienaar van 'n snor om oor sy snor nie. Dit was pret, maar ek is fokken bly […]

  2. November 14, 2013

    […] Facebook (en jou sogenaamde "vriende" op Facebook) het die vermoë om baie vinnig baie irreterend te raak. Onlangs het Bitstrips veroorsaak dat baie van ons Facebook haat. Die probleem met die Bitstrips is dat dit enige persoon die vermoë gee om 'n situasie van sy lewe uit te beeld. Dit klink nie soos 'n moerse probleem nie, tot jy onthou dat meeste mense se lewens ongelooflik boring is. So boring dat hulle sit en fokken Bitstrips maak. Dit het Facebook amper ondraagbaar gemaak. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *