Smooth Sailing – Queens of the Stone Age
Ek het verseker al van hierdie aande gehad, nie net een nie. Die een wat vreeslik uitstaan (omdat ek so min kan onthou) is toe ek een oggend langs die Themes rivier wakker geword het sonder ‘n hemp. My jean, skoene, beursie en selfoon was steeds by my, maar die Jack Daniels hemp wat ek aangehad het was missing. Ek kan presies onthou hoe die aand begin het, maar dit is ‘n storei vir ‘n ander keer. Waar my hemp is en hoekom ek langs die rivier geslaap het in Londen in die middel van die winter, weet ek tot vandag toe nie.
Queens of the Stone Age se video vir “Smooth Sailing” is gebasseer op daardie aande wanneer drank en dwelm misbruik lei tot onverklaarbare situasies. Josh Homme kuier saam met ‘n spul Japenese of Chinese mense. Ja ek weet nie wat die verskil is nie, so sue me.
Daar word baie gedrink, daar word lyne gedoen en daar is ook acid, voor die acid bietjie te erg raak vir een particular knap, dan spat die kak. “I’m going to do the damage till the damage gets done.” Sing Josh Homme en dit is scary, close to home. Queens of the Stone Age se …Like Clockwork album is ongelooflik goed en “Smooth Sailing” is net een van die awesome songs op die album. Die video gaan baie goed saam met die song. Geniet hom.
My gunsteling moderne orkes. Ek dink dis jappe, onthou, jappe het vet ooglede, bless hulle