Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ronda Rousey tap vir Luke Rockhold

Luke Rockhold is ‘n beast. Hy veg as ‘n middleweight (77.5kg – 84kg) maar voor sy weight cut vir fights weeg hy in die omgewing van 90kg. Hy is 1.96m lank. Glad nie ‘n klein ou nie, ‘n beast! Hy het ook ‘n black belt in Brazilian Jiu Jitsu. Luke het net so paar naweke terug vir Lyoto Machida ore aangesit in die UFC octagon.

Ronda Rousey vs Luke Rockhold

Ronday Rousey is ‘n beast van ‘n ander klas. Sy veg as ‘n bantamweight (61.2kg max) maar loop rond op min of meer die 68kg merk. As jy al op gevaaalik.com was het jy al baie gesien hoe ongelooflik goed Ronda Rousey is, en daardie 4th dan black belt  sal meeste volgroeide mans op hul gatte laat sit voor hulle nog weet dat daar ‘n kans is daarvan.

Luke Rockhold en Ronda Rousey oefen saam. Ronda is konstant besig om haar hele MMA game te verbeter en om te rol met Luke Rockhold is ‘n great manier om jou ground game (wat Brazilian Jiu Jitsu en stoei insluit) te verbeter. Rockhold se black belt maak hom ‘n taai-koekie as dit kom by die ground game. Dit is ook daarom dat hy ‘n armbar (Rousey se signature submission hold) so goed kan verdedig.

Rockhold het langer uitgehou as wat 99.999% van mense kan uithou teen Rousey se armbar, maar dit was steeds nie genoeg nie. Hy het hard probeer. Rondom die 0:54 merk van die video sien jy hoe hy sy been oor Rousey se gesig sit. Dit is omdat hy weet hy is in die moeilikheid en dit is ‘n last ditch effort om te ontsnap.

Sal Ronda Rousey ‘n man kan wen in haar eie weight class? Verseker. As sy naby genoeg kan kom om hulle grond toe te vat (het jy al haar hip-toss gesien? Niemand kan dit defend nie) dan is dit ‘n kwessie van tyd voor sy hom submit.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *