Red Tape Riot – Love is a Feeling video launch

As jy na Tuks FM luister is die kanse goed dat jy al Red Tape Riot se “Love is a Feeling” gehoor het. As jy buite die opvangsgrense van Tuks FM is voel ek sleg vir jou, want dan het jy net 100% tos radio stasies om na te luister. Jy mag dalk die “Love is a Feeling” gehoor het op 5FM ook, maar kom ek praat eerder nie oor 5FM nie.

Red Tape Riot "Love is a Feeling"

Red Tape Riot launch komende Vrydag, 9 November 2012, hulle music video vir die feel good track “Love is a Feeling” by Carnival Court in Kaapstad.Die video se regiseur is Ryan Kruger.  As jy nog nie “Love is a Feeling” gehoor het nie of jy wil dit dalk download kan jy dit by die Red Tape Riot website kry. Dus weet jy waar om jou gat te kry Vrydag aand as jy in Kaapstad bly.

R40 sal jou by die deur in kry. Jy kan Red Tape Riot op Twitter volg of jy kan gaan loer na hulle Facebook page as jy meer info kort.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *