Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Playboy model se rampspoedige shoot in NY

Die Brasiliaanse model Nana Gouvêa (fok weet hoe spreek mens haar van uit) het bekendheid verwerf na haar verskyning in Playboy. Sy kon egter nooit raai hoe lagwekkend bekend sy sou word na ‘n baie minder revealing photo shoot in New York nie.

Na die orkaan Sandy deur die Verenigde State getrek het en die bevolking ‘n voorsmakie gegee het van hulle land onder Mitt Romney, het Nana Gouvêa besef dat sy haar familie in haar tuisland moet laat weet dat sy oukei is. Sy bly op die oomblik in New York, wat baie erge beskadig is deur Sandy. Eerder as om net op haar Facebook page te skryf dat sy oukei is, of ‘n email of SMS te stuur (soos meeste mense seker sou doen), het Gouvêa besluit sy moet eerder uitgaan op ‘n impromptu photo shoot. Langs die verwoesting wat deur Sandy gesaai is. Met die takt van ‘n avokadopeer.

“Kyk hoe fucked up is alles – behalwe ek” – Nana Gouvêa

Uiteraard het almal gedink haar optrede is fokken belaglik, en ‘n nuwe internet meme is gebore!

Gouvêa maak die Hindenberg-ramp mee.

Gouvêa was daar net voor die eerste vliegtuig die WTC getref het.

En ja, Gouvêa was daar met die dood van Mufasa.

Die beste is dat Gouvêa aan die media vertel het dat sy nie dink haar optrede was bietjie fokken onvanpas nie. Wel Nana, ons dink jy is fokken ontaktvol en kommin om te doen wat jy gedoen het. Maar jy is fokken snaaks, al was dit nie aspris nie.

Vir nog hilarious foto’s van Gouvêa wat pose na/tydens disastrous events, check hierdie blog.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *