Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Podcast #22 met klomp Afrikaans comedians

Die podcast was fokken baie fun. Dit was ook ‘n orgie. Daar was baie mense op die gevaaalik.com podcast; Sven, Francois van As, Werner Cloete, Francois van Zyl, Kobus Galloway en ek. Die een is vol touchy subjects, van watse jokes mense nie van hou nie tot by watter comedians is fokken snaaks. Daar is baie jokes en baie gelag.

Daar word ook advies gegee oor Facebook (fetus en baba foto’s word bespreek) en ons praat oor die nuwe commentary channel wat Supersport moet kry, wat bestaan uit twee dronk ouens. Gee die podcast ‘n luister en volg ook al die ouens op Twitter. Nog meer belangrik sal wees dat julle Afrikaans comedy support. Ons het al lankal geskuif verby die dae van Tolla en “Maak ‘n Las”, en Afrikaanse comedy is snaakser as ooit, dit kort net ondersteuning.

Anyway. Geniet die podcast. Dit raak soms bietjie deurmekaar, maar ek het lekker gelag en veral die tweede helfde is fokken snaaks. Soos gewoonlik hoef ek jou seker nie te waarsku oor die taal in die podcast nie. As jy sensitief is vir stoute woorde, hou eerder verby.

Al die ouens op Twitter: @FrancoisVanAs @W_Cloete @frannavzyl @IdeesVolVrees @Sventasties (hy haat Twitter, so wees lastig met hom en tweet hom heeltyd) @werner_smit

You may also like...

2 Responses

  1. John says:

    Ek kannie dit download nie – sê server error?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @John: Watter browser gebruik jy? Click op die Download link en dan maak hy ‘n page oop met net die player. Dan right-click jy die play knoppie en kies “Save As”. Afhangenede van watter browser jy gebruik kan daar wariasies wees van “Save As”. Laat weet of jy regkom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *