Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi Bewilderbeast: Die Vrydag Skelms

Soos by elke Oppi wat ek nog bygewoon het, het ek die jaar ook besluit om my foon af te sit. Ek het dus nadat ek Donderdag arriveer het my vrou laat weet ek is lewendig en het toe my foon afgesit en toe gesluit in my kar. Ek het gedink dit is ‘n slim move van my aangesien meeste mense wat hul fone by hul het so besig is om te tweet dat hulle vergeet hoekom hulle by Oppikoppi is. Vir daardie mense het Oppikoppi ‘n live tweeting event geword waar dit belangriker is om ‘n tweet aan mekaar te slaan wat ge-retweet gaan word, eerder as om die oomblik waarin jy is te geniet.

Louis CK

Vrydag oggend was ek vroeg op en langs die vuur. Voor 08:00, miskien nog voor 07:00. Ek was dadelik opsoek na iets om te rook en my kar se sleutel sodat ek ‘n glas kon kry. Niks beter as ‘n rokie, cane en lemoensap om die dag mee te begin nie. Breakfast of champions. Dit was nie lank voor die ander mense in die kamp begin ontwaak het nie. Na so paar ontbyt drankies langs die vuur het van ons gaan stort en van ons het in die rigting van die kos stalletjies beweeg opsoek na iets om te tand.

Die tweede dag by Oppikoppi is altyd die een wat jou maak of breek. Dit is gewoonlik op dag twee war Oppikoppi virgins gevang word deur die lack of sleep en ‘n harde babelas. My oplossing is om te kuier en seker te maak ek kom nooit by ‘n babelas uit nie, dus my besluit om dadelik die oggend toe ek op is weer te begin drink.

Ons is seker so 14:00 die dag terug na ons kamp toe om weer bietjie te sit om die vuur. Dit is hier waar ons weereens besef het dat Oppikoppi nie meer is soos dit was nie. Derrick het uit sy tent uit gekom en gelyk of iemand sy kos gesteel het, maar dit was erger. Iemand het sy sak met sy beursie, geld, klere en pretty much enige iets anders wat jy sal kan verkoop uit sy tent uit gesteel. Robbies het ook , ‘n klein rugsak met toiletries in Derrick se tent gehad wat ook weg was.

Die dose het basies net in sy tent ingestap en alles gevat wat hulle gereken het hule sal kan verkoop. Dit is nou die tweede jaar in ‘n ry waar daar iets uit ons kamp uit gesteel is en dit maak my die fok in. Oppikoppi is veronderstel om een van daardie tye in ‘n jaar te wees waar jy nie hoef te bekommer dat jou goed gesteel gaan word nie. Die security bra vertel ons dat dit deesdae sindikate is wat kaartjies koop vir Koppi en dan basies die naweek net gebruik om mense se goed te steel. Slelfs ISO (the artists formerly known as Isochronous) se hele fokken trailer met al hulle gear in is gesteel uit die artist area.

Ek weet dit is nie ‘n maklike ding om te voorkom nie. Maar om te sê dat jou goed jou verantwoordelikheid is en altyd toegesluit moet wees is nie genoeg nie. Hilltop gaan iets hieraan moet doen of daar gaan een van twee dinge gebeur: a) Mense gaan ophou Oppikoppi bywoon oor die diefstal te erg geword het of b) Iemand gaan gevang word terwyl hy iets steel en dan gaan hy in ‘n koma in gekont word. Opsie b sal die dief se verdiende loon wees, maar dit sal ook lei tot die einde van Oppikoppi.

Dit is met hierdie neagtiewe vibe waar die cane en menigste shots uiteindelik my bene en die vermoe om te sluk by my ontneem het. Ek het gestrompel tot by my tent waar ek uitgepaas het. Ure later het ek ontwaak en die son was besig om te sak. Ek het my moed bymekaar geskraap en my pad uit my tent uit gemaak. Maar my tyd in tente was nie verby nie, ek het baie dinge in ‘n tent geleer daai aand, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag. Die aand was oorheers deur Bittereinder se show. Bittereinder is regtig een van die bands wat net al hoe beter raak.

Bittereinder Oppikoppi Bewilderbeast

Peach en Louis van Bittereinder doen hulle ding op stage by Oppikoppi Bewilderbeast

Natuurlik was daar Jack Parow en Captain Morgan se ongelooflike lame publicity stunt ook daardie aand. Ons het vroër die dag bespreek of Jack dit sou maak vir sy show. Ons het nog gejoke oor hoe ons hom eerder nie sal sien optree die jaar nie as wat dit een of ander belaglike marketing campaign is. Trek my broek af en poes my met ‘n nat koerant, belanglike marketing campaign it was.

Terug by die kamp het dit weer jolig gegaan tot min of meer 03:00. Ek was amper oppad bed toe toe Jarryd by die kamp opgedaag het. Ek en Jarryd was die laaste twee langs die vuur. Ons het gesit en die dag bespreek asof ons twee ou ooms was wat gepraat het oor ons kinder dae. “Toe ek nog Oppikoppi toe gegaan het het niemand ons goed gesteel nie. Daardie dae het poeste nie Oppikoppi toe gegaan nie.” En so het ons toe gaan slaap met die wete dat more die laaste dag van Oppikoppi gaan wees.

Ek voel asof ek iets moet se om die een af te sluit: As jy Oppikoppi toe gaan met die idee om te steel of as jy iets steel by Oppikoppi, hoop ek jy vrek van hol-kanker en super AIDS. Dit nadat jou gelagsdele afgeëet is deur ‘n knaagdier.

Lees oor die ander dae van Oppikoppi hier:

Oppikoppi Bewilderbeast: Bewilder Donderdag – Ons is hier

Oppikoppi Bewilderbeast: Harde Musiek Oorheers Saterdag

You may also like...

4 Responses

  1. 5krApn3l says:

    Ek is voorwaardelik lief vir Oppikoppi. Hierdie jaar was my eerste een in ‘n baie lang ruk gewees so dinge het aansienlik verander.

    Mordor was oortrek met amper dubbel soveel verlore siele as toe ek laas daar was, Fok, Fokofpolisiekar was toe nog net Fokofpolisiekar en het daar begin campaign vir wat ons vandag as VanFoKingTasties ken… Maar even toe was steel meer van rumour of minder gereelde ding.

    Ons het eers die Vrydag arriveer en moes op die grens van die hoof kamp area kamp. Ek het gedink dat dit dalk ‘n blessing in disguise gaan wees maar even ons bure (wat so 3 meter van ons gekamp het het in Oppikoppi se diefstel lokval getrap.

    ‘n Persoon se cell (een van die fokken duur soorte) was, terwyl die persoon gelê en slaap het met die cell langs hom, uit die persoon se tent gesteel.

    Maar hoe stop mens die plaag van diefstal by so iets? Fok alleen weet… Ek weet net dat hierdie dalk my laaste Oppikoppi ooit gaan wees…

  1. August 13, 2013

    […] Oppikoppi Bewilderbeast: Die Vrydag Skelms […]

  2. August 14, 2013

    […] Oppikoppi Bewilderbeast: Die Vrydag Skelms […]

  3. April 29, 2015

    […] Oppikoppi was een van die eerste Suid-Afrikaanse musiekfeeste vir die “counter culture”. Noem ons wat julle wil, hippies, stoners, creatives, losers, jocks, dose, whatever. Oppikoppi is ons plek, ons almal se plek. Maar die “counter culture” is ‘n klein groupie as jy kyk na die groot prentjie. As Oppikoppi wil groei, dan gaan hulle moet begin kyk buite die groep wie se harte hul reeds gesteel het. Ons het die groeipyne reeds gesien gebeur oor die laaste paar jaar. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *