Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

6 Dose wat jou Oppikoppi vir jou gaan probeer spoil

Oppikoppi is my religious pilgrimage. Elke jaar gaan ek soontoe om myself en die musiek te geniet. Ek wil lag saam met vriende en verward wakker word in my tent ‘n paar uur later. Oppikoppi is ‘n mooi ding, maar noudat Oppikoppi Suid-Afrika se grootse musiekfees is, raak die kanse al hoe groter dat jy in een van die volgende dose gaan vasloop wat jou Oppikoppi Odyssey vir jou gaan probeer spoil.

Die Oppikoppi-bedelaar

“Fok drank man, daardie goed laat mens net kak voel,” preek die bum-stoner terwyl hy sit en kyk hoe jy nog ‘n rookdingetjie rol. Hy mag dalk reg wees oor die drank, maar al rede hoekom hy eintlik nie drank gekoop het nie, is omdat hy nie geld gehad het om enigiets vir Oppikoppi te koop nie.

Die Oppikoppi-bedelaar

Ja, as jy nie die Oppikoppi-bedelaar wegjaag nie mag jy hom dalk net langs jou in die kar hê oppad huis toe.

Die Oppikoppi-bedelaar is net by Oppikoppi om musiek te geniet en te kyk hoeveel hy by ander mense kan kry voor hulle hom wegjaag. Die Oppikoppi-bedelaar strompel gereeld in mens se kamp in sonder dat enigiemand by die kamp hom ken. Jy sal gelukkig wees as jy twee sinne uit hom uit kry voor hy vra vir ‘n bier, sigarette of basies enigiets waarvoor hy nie hoef te betaal nie.

Die jockstraps

Die knape is maklik om uit te ken. Hulle hol gewoonlik rond met ‘n golfhemp en die kraag van die hemp is gewoonlik opgedraai. As hy voel dat Oppikoppi nie die plek is vir ‘n golfhemp nie, dan sal jy hom vang in ‘n wessie of enige hemp sonder moue. Die hemde is alles net ‘n grap, want dit vat nie lank voor die jockstrap begin rondloop sonder ‘n hemp nie, sodat almal bewus kan wees van sy man-tiete. As hulle  een van die bogenoemde aan het (of nie aan het nie), kan jy hulle uitken aan die simpel “Francois Hougaard Mullet” op sy kop, of die highlights in sy hare.

Jockstraps

Snaaks geskeerde baard en ‘n pienk, ekskuus, salmkleur hemp skree jockstrap.

Jare se steroidmisbruik het veroorsaak dat die jockstrap nie net een aand by Oppikoppi een of ander dronk dame gaan teleurstel met sy klein penis nie, maar ook dat hy vreeslike roid-rage het. Hy en sy groepie breinlose gym-monkey vriende is diegene wat agter die fights is wat ek die laaste twee jaar by Oppikoppi beleef het.

Die couple wat by die heup aan mekaar vas is

Hulle is nie gebore as ‘n Siamese tweeling nie. Hulle het so geraak omdat hulle lewens so leeg is dat hulle die gaping probeer vul met ‘n ander mens. Ongelukkig maak twee nulle nie een nie. Albei van hulle kan nooit alleen na die badkamer toe loop nie – jy weet mos daar is wolwe by Oppikoppi wat mense wat alleen rondloop vang.

Oppikoppi couple

Die snaakse ding is dat almal om hulle weet dat die verhouding dit nie gaan maak tot volgende jaar se Oppi nie.

Moet nie vir ‘n oomblik dink jy gaan bietjie partytyd saam met jou vriend of vriendin kan kry nie. Albei lede van die couple is konstant te besig om voor te gee dat hulle iets is wat hulle nie is nie. Hulle kan nie uitpaas dronk raak soos wat hulle gewoonlik doen as hulle party nie, want wat sal die boyfriend of girlfriend nou dink? Hoe moet hulle die vergroeisel aan hulle heup oortuig dat hulle awesome is deur net hom of haar normale self te wees? Onmoontlik.

Die wannabe musiek joernalis/blogger

Maklik om uit te ken want hy het konstant ‘n uitdrukking van hardlywigheid op sy gesig. Die uitdrukkig is omdat hy so hard probeer om ‘n storie aanmekaar te slaan in sy kop. Dis nou deur die drank en ander middels in sy stelsel. Quotes wat onthou moet word, notas wat gemaak moet word, en “famous mense” wat hy raakloop wat moet name kry.

Wannabe musiek Blogger of joernalis

Die wannabe joernalis/blogger is obviously die een met die notepad.

Die snaakse ding is dat teen die tyd wat die naweek verby is, is dit baie moeilik vir die joernalis/blogger om te onthou wat regtig gebeur het die afgelope naweek. Die apteek in sy bloed help ook nie. Hy gaan nooit ‘n Oppikoppi-storie hê nie. Ten minste nie ‘n storie wat dit ooit gaan maak tot op pappier nie.

Die Social media addict

Jy kan haar maklik uitken deur die konstante blou gloei wat van sy/haar gesig af radiate. Selfs al is sy/haar foon nie by hom/haar nie, het sy/haar gesig al soveel exposure verduur aan sy/haar foon dat hy/sy gloei soos ‘n swak liggie, KONTstant.

Social Media addict

Net seker maak haar hare lyk reg voor sy Oppikoppi-foto #1000 op Facebook en Twitter sit.

 

Die social media addict is nie moeilik om te mis nie. Hy/sy kyk nie bands nie, sy neem bands af met sy/haar foon sodat hy/sy die foto’s of video kan Tweet of op Facebook gooi. Hy/sy maak asof hy/sy baie social is, want hy/sy funksioneer goed op social media, maar oor die algemeen is hy/sy een van die mees socially awkward mense wat jy ooit sal ontmoet. Dit is nou as jy hom/haar kan kry om vir langer as vyf minute op te kyk van sy/haar selfoonskerm.

Die dief

Hy is daar om almal se naweek te versuur. Hy en sy groepie het vir geen ander rede kaartjies gekoop as om goed uit mense se tente en kamp te steel terwyl die mense nie daar is nie. Die ander ding van die doos is dat hy regtig daar gaan wees, en daar gaan tien teen een vanjaar meer van hulle as verlede jaar.

Sien hierdie maar as ‘n waarskuwing: Hou jou goed dop en sluit toe wat waardevol is, of hou dit by jou. Ongelukkig is dit net ‘n kwessie van tyd tot ‘n jockstrap een van die boewe gaan vang, en dan gaan dit moeilik wees om vir die jockstrap te sê hy moet eerder sy roid rage en woede oor sy klein piel onderdruk, as om die dief in ‘n papie in moer.

Ons maak Oppikoppi wat dit is

Al wat jy moet doen is jou Oppikoppi geniet, en dan sal jy fine wees. Moet nie een van die dose hierbo wees nie. Moet nie ander mense se goed steel nie en as jy ‘n dief betrap of vang, oorhandig hom net aan Oppikoppi security of iets soortgelyk. Eerder as wat jy sake in jou eie hande vat.

Moet nie skoor soek met ander nie. Onthou almal is daar om vrolik te wees en deur kak te maak is jy niks anders as ‘n doos nie.

Sien julle voor die stages.

You may also like...

8 Responses

  1. Dewaldski says:

    Goeie stuk! Maar daar kort een entry: “Die Fokker”. Hulle is volop by koppi en saai net verwoesting. Kenmerkend vuil, hulle gee nie ‘n fok nie, vinger vreemde girls in tente, hardloop met byle rond, steel potte, pis dan daarin en lag as sy pel daarvan kots en spandeer feitlik helfte van sy tyd in bome.

    Die Fokker is die coolste soort.

  2. Henno Kruger says:

    Spot on… Kom ons hoop daar is nie teveel van hulle wat my 16de Oppikoppi spoil nie…

  3. Moeinie Vergeet van die Legends en die Thunderhands nie.

    Die Legends is die ouens wat jou in hulle kamp in verwelkom en n plek by hulle boesman TV gee waneer jy veels te gefok is om jou eie kamp te kry. Hulle lag vir jou die volgende oggend as jy daar wakker word of daar verby loop maar als in goeie gees.

    Die Thunderhands is n vreemde versameling van hipsters en ou mense van Hatfield Christian Church based in Akasia wat dit hulle mission maak om dronk en bedwelmde jeug na die lug te lui. Hulle kan uitgemerk word op hulle moerse tent, Groot Vuur, portapotties en speedbumps wat hulle het. Van hulle lok tegnieke is sweets en biltong. As jy jou self daar vind is hulle vriendelik genoeg en jy kan selfs n koffie en n bord kos daar kry as jy vuil genoeg is, maak net seker dat jy n dop buiderhand het en maak stof voordat gespreke na geloof keur.

  1. July 6, 2014

    […] het besluit om die jaar 'n Oppikoppi Random Gevaaalikhede of twee te doen. Die Oppikoppi Random Gevaaalikhede sal alles bestaan uit foto's geneem by Oppikoppi. Voel vry om deel te wees van […]

  2. August 6, 2014

    […] Wat gaan dit help om 3 weke voor Oppikoppi vir jou te sê vir watter bands jy op die uitkyk moet wees? Wat gaan dit help ek sê vir jou ‘n week voor die tyd? Mens kan baie drink in ‘n week. Gelukkig vat meeste mense so 3 dae af voor Oppikoppi. Dit is hoekom ek gedink het dit sal wys wees om vir julle in die laaste paar dae voor Oppikoppi te sê wie ek uitsien om te sien die jaar. Maak ook seker om die te lees om te help met die voorbereiding: 6 Dose wat jou Oppikoppi gaan probeer spoil. […]

  3. April 29, 2015

    […] Kalmeer en maak jou eie besluite. Besluit self oor Oppikoppi, oor die bands wat jy gaan ondersteun by Oppikoppi 2015 en oor jou eie lewe. Maar die belangrikste reël van Oppikoppi sal altyd wees: Moet nie ‘n doos wees nie. […]

  4. August 3, 2015

    […] nie saak wat jy doen nie, moet net nie een van hierdie Oppikoppi dose wees […]

  5. August 5, 2015

    […] Maak net seker jy is nie ‘n Oppikoppi doos soos een van hierdie nie. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *