Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ons gee swak diens en julle sal aanhou betaal – Vodacom en MTN

Wanneer laas het jy met iemand gepraat oor Vodacom en MTN sonder dat daar gekla word oor kak diens? Wanneer laas het jy iemand hoor sê dat hulle selfoonrekening moer goedkoop is? Ek is bereid om geld daarop te sit dat die kere wat jy met vriende gepraat het oor MTN of Vodacom, dit baie meer negatiewe gesprekke was as positiewe gesprekke.

Kak en betaal is die wet as jy in Suid-Afrika ‘n selfoon (of iPad, of laptop) wil hê. Behalwe as jy kan bekostig om jou selfoon, iPad of laptop cash te koop – maar dit is ‘n luxury wat baie min Suid-Afrikaners het. Jy weet sekerlik dat die koste van selfoondienste in Suid-Afrika van die duurste in die hele wêreld is. Ongelukkig kry ons nie in Suid-Afrika waarvoor ons betaal nie. Hier kry ons swak diens, horrible opvangs, en crappy mobile internet (met data wat styl word soos brood, en daarom expire dit elke maand. Ek joke nie, kyk hier), alles teen ‘n lekker hoë prys. Nou gee Vodacom en MTN nog vir ons ‘n groot vet middelvinger, omdat hulle forseer word om hul pryse te sny.

Die Independent Communications Authority of South Africa (Icasa) het veroorsaak dat Vodacom en MTN  begin warm raak onder die kraag omdat dié twee “diensverskaffers” nou hulle mobile termination rates moet verlaag. Wat is ‘n mobile termination rate? Dit is die ekstra koste wat jy as Vodacom-kliënt betaal om iemand op MTN se netwerk te bel, en vice versa.

Na ‘n jaar van redekabel het Icasa dit reggekry om Vodacom en MTN te kry om die kostes van die mobile termination rates te verlaag. In 2012 het dit jou 56c gekos en teen Maart vanjaar gaan dit jou slegs 20c kos. Hierna word dit nog verder verlaag tot 10c teen 2016.

En voor elke kapitalis wat hier lees laptops by vensters begin uitgooi van woede oor die socialist/communist bastards besig is om die vrye wêreld af te breek met onnodige taxes en penalties, onthou die volgende: ‘n Mobile termination fee is iets wat jy as verbruiker betaal. Dit word ingesluit by die koste van elke oproep wat jy maak na iemand wat op ‘n ander slefoonnetwerk as jy is. Dus betaal jy net as jy ‘n oproep maak. Dus help Icasa my en jou, die consumer, deur kompetisie tussen die maatskappye te bevorder en dus die pryse van selfoondienste te laat daal.

Shameel Joosub

Shameel Joosub – Hy smile so breed omdat hy alles kan bekostig wat jy nie kan bekostig nie.

Shameel Joosub, Vodacom se CEO, kla egter nou dat die verandering vir Vodacom R1 biljoen uit die sak gaan jaag in 2015. Dit is soos om te kla oor ‘n paar sent wat jy ekstra moet betaal vir iets terwyl jy op ‘n hoop van ten minste 10000 R100 note sit en die duurste whiskey drink en fancy cigars rook wat geld kan koop. Let’s be honest, Vodacom maak nie min wins nie – hulle beheer immers 50% van die selfoonmark in Suid-Afrika. Daar is nou planne van Vodacom en MTN om Icasa te dagvaar.

In 2013 het Vodacom R13.2-biljoen skoon wins verklaar. Dit is omtrent 30% meer as wat hulle in 2012 gemaak het. Dus is die R1 biljoen waaroor hulle nou grens nie eers 10% van die geld wat hulle gemaak het nie.

“Fokkit, lyk my Stix wil nie hê mense moet geld maak nie.” Is die gedagte wat seker nou by baie van julle opkom. Maar dit is nie waar nie. Ek wil hê almal wat ‘n uitstekende diens lewer moet tonne geld maak, van Ouma Pikkie wat tuisgebakte koek verkoop, tot groot maatskappye wat rol in die ponde. Wat ek nie wil hê nie is dat maatskappye belaglike hoeveelhede geld maak terwyl hulle diens is tos nie.

Wanneer laas het jy probeer om ‘n oproep te maak terwyl jy beweeg? Soos as jy op die Gautrein is, of jy gebruik jou Bluetooth system in jou kar terwyl jy ry? Ek waarborg jou jy sal nie ‘n 10 minute oproep kan hê sonder om die syn te verloor of afgesny te word nie. Om syn te probeer hou terwyl jy op die Gautrein ry of in ‘n kar is, is soos om ‘n lubricated dildo te probeer vashou in ‘n vertrek vol lesbians wat weke laas ‘n orgasm gehad het.

Moet ook nie eers dat ek begin praat oor die customer service department van Vodacom en MTN nie. As jy my volg op Twitter, het jy seker gesien hoe ek my wasgoed met MTN in die publiek moes was voordat ek behadel is soos ‘n paying customer. En ek het nie eers baie followers nie.

In ‘n land waar korrupsie en inflasie besig is om al hoe meer mense nader te druk aan die verkeerde kant van die breadline, tel elke sent. Betaal vir goeie diens is een ding. Ongelukkig betaal ons tans massiewe bedrae vir uiterse swak diens. In die laaste finansiële jaar was Vodacom se profit margin 22.2% en MTN s’n 17.8%. Internasionale gemiddelde in die industrie is rondom 10%, en 15% word gesien as baie hoog. Dit is dus duidelik dat Vodacom en MTN nie soos die res van ons naby die breadline hover nie.

Dit wil vir my voorkom of Vodacom en MTN nie net kapitaliste probeer wees nie, hulle probeer om geldgierige assholes te wees. Hulle verwag van ons om net aan te hou belaglike pryse betaal en hulle is beslis  nie van plan om hulle diens te verbeter nie.

Hey Vodacom en MTN, hier is ‘n voorstel: Maak seker dat die hele Gauteng 3G opvangs het en dat ons kan ry vanaf Pretoria tot in Johannesburg op die N1 sonder dat die oproep opbreek of disconnect, dan kan ons weer praat oor of julle geregtig is om ons, julle kliente, hemelhoë pryse te charge vir ‘n redelike basiese diens.

You may also like...

9 Responses

  1. Joe says:

    Jy het ‘n moerse goeie punt. Dit is belaglik dat Vodacom en MTN met duur regsprosesse regverdigheid vir verbruikers probeer omverwerp. In die EU sou hulle lankal hulle gatte gesien het en die hof sou hulle belaglike eise nie vir ‘n sekonde geduld het nie. Hulle monopoliseer basies die SA selfoondiensverskaffersmark en dan het hulle wragtig die vermetelheid om ‘n vloermoer te gooi as ‘n reguleerder moet ingryp om hulle belaglike pryse na aanvaarbare en realistiese vlakke toe te laat daal.

    Die groot ding wat veronderstel is om kapitalisme “gesond” te hou (as so ‘n iets moontlik is…) is wat hulle mos noem die “invisible hand”. Die idee is dat “market forces” die mark self sal reguleer om pryse so voordelig moontlik vir verbruikers te hou terwyl verskaffers steeds ‘n wins kan maak. Die ongelukkige ding van die “invisible hand” is dat dit afgekap word in ‘n mark waar slegs ‘n handvol verskaffers die hele mark domineer – en daarom het ons reguleerders. Ek stem dus heeltemal met jou saam.

    My geduld raak sommer dadelik op wanneer moerse organisasies wat geensins fokken sukkel om geld te maak nie en volgens internasionale standaarde heeltemal overpriced is die fokken victim card begin speel en die hele “dit gaan op die ou einde net die verbruiker geld kos”-spiel begin braak. Miskien moet dit eintlik maar die fokken shareholders vir ‘n slag raak, want, anders as wat groot besighede die media oortuig het is die kinderlike emosies van aandeelhouers nie die sg. be all and end all van die fokken heelal nie.

  2. pisgesig says:

    +1
    Ek wonder hoeveel politiek daar in die mix is? Ek het iewers al gehoor die ANC het ‘n groot stake in MTN. Either way, ek dink daar’s verseker ‘n vorm van price fixing aan die gang.

    En moenie eers praat van roaming kostes nie – dis ridiculous. Ek het een keer ‘n pay-as-you-go tipe simkaart in Finland gekoop vir 7 euros. Ek onthou daar was minstens 5 service providers om van te kies, toe vat ek maar die pers pakkie. Ek kon die ding nie in ‘n week leeg bel nie, en ek het ‘n paar keer SA toe gebel(sweer). Die data op die sim het ek ook nie gebruik nie want internet was letterlik verniet orals in helsinki, in die vorm van wifi, fokken orals. Wil nie weet wat dit alles my sou gekos het met mtn roaming nie…Bottom line – daar is te min kompetiesie hier

  3. Corra says:

    Stix

    Ek geniet van jou stukke, maar hierdie het jy net so gecopy van Mail en Guardian se site(ek gee toe, die is wel Afrikaans)…http://mg.co.za/article/2014-02-10-vodacom-and-mtn-put-profits-before-people.

  4. Corra says:

    Bygese, ek stem 100% saam! Ek is al meer as 3 jaar by Cell C, en het presies dieselfde tipe sein as enige ander persoon, met helfte van die prys wat ek betaal!

  5. pisgesig says:

    @Corra : Sover ek weet deel CellC en Vodacom hardeware(torings). So jou sein behoort nes Vodacom s’n te wees, maar ek dink as die netwerk besig raak kry Vodascum traffic voorrang.

    Ek dink wat ons ook moet onthou is, anders as hier het die res van die wêreld baie beter non-selfoon infrastruktuur – soos “cable” in die usa. Daar is mense nie so afhanklik van selfone nie – jy kan sonder moeite eerder skype, landlyn bel of iets dergliks. Al wat ons hier het is wat die ou regering gebou het, lank terug. So die bliksems het ons aan die short-n-curlies beet.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Corra: Net so gecopy? Ek het daardie artikel gebruik om my feite vanaf te kry, maar ek lees nerens op M&G se artikel oor lesbians, dildos of van my moeilikheid met MTN nie. Daar is ‘n verskil tussen navorsing en plagiaat ou perd.

    Ek kan wel sê dat ek seker die M&G artikel moes ge-reference het op my stuk. Maar my stuk is glad nie ‘n copy nie.

  7. marius says:

    Dit is baie waar wat jy daar se maar die komunis sal aandoner in ons land todat ons hulle verjaag.Ek werk self in die komunikasie en i.t bedryf en sien rondom service providers wat die laken voor hulle kliente se oe trek.Miskien moet almal weer terug briewwe toe , alhoewel dit was kak dit was efektief as jou pos booikie kak drook gemaak het met jan se brief was hy gemoer.Idee miskien skuld ons n paar blaaie van die arm bybel vir ons so genaamde service providers?

  1. October 8, 2014

    […] Ek noem Telkom en Eskom, maar ek kon seker gegaan het met Vodacom en MTN ook. Want nie net betaal ons deur ons holle vir hulle 'dienste' nie, maar hulle 'dienste' is ook super […]

  2. June 2, 2015

    […] nie. Ons begin die episode van die podcast met so bietjie van ‘n gegrens oor hoe pateties Vodacom is. Na dit raak dinge ook bietjie donker met die volgende […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *