Joey Jordison quit Slipknot
Vrydag die 13de is een van my gunsteling dae van die jaar, maar vandag is nie meer vir my lekker nie. Joey Jordison het besluit om nie meer Slipknot se drummer te wees nie. Die official boodskap het gisteraand op Slipknot se website verskyn.
Ek sal graag meer clarity wou gehad het oor hoekom Joey besluit het om die band te quit. Personal reasons is nie regtig veel van ‘n verduideliking nie. Dit is geen geheim dat Joey soms vasgehak het met ander lede van die band nie. Hierdie is ‘n groot issue vir Slipknot, want nou dat Joey die band gequit het is hulle twee van die founding members kort na Paul Gray se dood. Paul en Joey was groot contributors as dit kom by die skryf van Slipknot se musiek. As daar groot druk was op Slipknot vir hulle nuwe album, het daardie druk nou aansienlik groter geword.
Gaan Slipknot werk sonder Joey Jordison en Paul Gray?
Hoekom moet hulle ‘n verduideliking gee? Dis ‘n job – as jy wil quit, dan mag jy, en jou redes is jou besigheid. Besides, is daar nie soos 78 ouens in die band nie? Behoort iemand te wees wat by hom kan oorneem.
Hoop jy sien ek lok jou uit. Ek is nie ‘n Slipknot fan nie, net lus vir kak maak vandag 🙂
@pisgesig: Yes, ek het dit agtergekom. Hahaha. Lang dag by die werk?
@Stix : hehe, ja, eintlik lang jaar by die werk