Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Modern Warfare 3 uit-geek sessie

Oor twee weke kom die nuwe Call of Duty uit. Dit staan bekend as Modern Warfare 3. Ja, ek is opgewonde, en ja, ek het dit ge-pre-order van kalahari.net af. Ek kan nie wag om my hande op hierdie een te kry nie. Vanaf die eerste Modern Warfare is dit elke keer iets om na uit te sien wanneer ‘n nuwe een uitkom.

Die single player van die game is lekker. Die storielyn is befok. Die aksie is intense en dit is so naby as wat jy ooit daaraan gaan kom om in ‘n aksie fliek te wees. Maar as jy nou regtig vir ‘n ruk anti-social wil gaan, speel dan die mutliplayer van die game. Goeie fok, om rond te hardloop en jou vriende op te blaas was nog nooit soveel pret nie.

Ja, games speel is nie vir almal nie, maar as jy dit oorweeg om te probeer is Call of Duty Modern Warfare 3 dalk ‘n baie goeie plek om te begin. As jy my nie glo nie, kyk die trailer hier onder. Jy kan joune nou pre-order deur Kalahari.net deur op die “Gevaaalike Game” prentjie te click aan die regterkant van die site.



You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *