Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Join die Xbox South Africa Club op Xbox Live

‘n Groot deel van gaming gaan deesdae oor multiplayer. Dit is immer baie lekkerder om as ‘n groep van vier vriende Halo 5 te speel as alleen te speel saam met ‘n spul random noobs. Om ander ouens te kry om saam jou te speel is ‘n issue, een wat ek as ‘n Xbox eienaar al te goed ken.

xbox-south-africa-club

Daarom het ons die Xbox South Africa Club begin op Xbox Live. Baie van my vriende het Playstations, en nou eers oor die laaste paar maande het ek ontdek dat ‘n spul vriende Xbox Ones het soos ek. Wat ons agtergekom het is dat ons meer Suid-Afrikaners kort om saam met ons te speel, en gelukkig het Xbox die Clubs gemaak wat dit maklik genoeg maak om ander spelers te kry.

In die group kan jy natuurlik sien wie die ander lede van die Xbox South Africa Club is. Tot dusver het ons 27 lede, en dit groei daagliks. Glad nie sleg vir ‘n Club wat nog nie eers ‘n week oud is nie. Baie van ons lede het vriende wat hulle ook genooi het om die Club te join. Solank jy ‘n Suid-Afrikaner is kan jy Xbox South Africa join.

Wat kry ek uit deel wees van Xbox South Africa se Club?

Vir een gaan dit jou help om ander Suid-Afrikaanse spelers te kry vir watter game dit ookal is wat jy wil speel. Tans word daar baie Rocket League, Star Wars Battlefront, Halo 5: Guardians, Battlefield 1 gespeel. Met die ‘Looking for Group’ deel van die Xbox South Africa Club kan jy ‘n post maak om ander spelers te laat weet jy soek mense saam met wie jy Gears of War 4 kan speel.

Ons het vriende wat Amerikaners is saam met wie ons speel, maar die time zone difference maak dit soms moeilike om saam te speel. Dus is daar verseker ‘n voordeel deur saam met ander Suid-Afrikaners Xbox te speel.

Vind ander Afrikaanse mense op die Xbox South Africa club

Van persoonlike ervaring kan ek jou sê dat dit lekkerder is om te kommunikeer in jou moedertaal as jy in die heat van ‘n Star Wars of Halo battle is. Ons het ook die Xbox South Africa club begin omdat ons meer saam ander Afrikaners wil Xbox speel. Ons is tans opsoek na ‘n 4de spanmaat vir ons Halo 5 span wat oor Desember gaan deelneem aan die Halo SA 4v4 tournament.

Waarvoor wag jy? Gaan join sommer nou die Xbox South Africa Club en kom ons speel saam as Suid-Afrikaners bietjie Xbox.

As jy wil weet hoe Clubs werk op Xbox, kyk die video hier onder:

You may also like...

5 Responses

  1. Vannhh says:

    Joined, weet net nie wanneer ek weer gaan kan game nie. Wag nou al twee weke vir my versekering om my TV te replace. Weerlig is n bitch. Versekerings maatskappye even more so. Is julle nog King Price sponsored Stix?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Tegnies ja, maar ons kry nou net ‘n geldjies vir elke keer as iemand opsign vir hul versekering nadat hulle deur die gevaaalik.com King Price page gegaan het. So as jy jou versekering suif, dan help jy indirek vir gevaaalik.com solank jy dit deur daardie page doen. Dit werk soos ‘n bom, ek het dit self so gedoen.

  1. November 28, 2016

    […] die Star Wars Battlefront waar ons gaan oorneem in Afrikaans. Ons begin 20:00 speel. Sluit aan by Xbox South Africa Club en gaan click daardie “I’m Interested” knoppie in die Looking for Group afdeling […]

  2. December 1, 2016

    […] spelers speel. Daar is ook Rocket League, Battlefield 1, Call of Duty, FIFA, Gears of War en meer. Vir meer besonderhede gaan lees die post en like die Xbox South Africa Club Facebook Page of follow @xboxsaclub op […]

  3. January 2, 2017

    […] gaan binnekort bietjie squads bymekaar kry om saam Battlefield 1 te speel. So hou ‘n ogie op Xbox South Africa Club, ons Twitter en gaan like die Xbox South Africa Club Facebook page as jy saam wil speel in ons […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *