Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Doodle a day: Een week challenge

‘n Hele rukkie terug het ek besluit om elke dag ‘n klein sketsie of doodle te teken vir ‘n week lank. Dit is een van daardie creativity dinge waar ek myself uit my comfort-zone haal om miskien bietjie nuwe inspirasie uit iets te trek. Toe Danielle Roe sien wat ek aanpak was sy gaaf genoeg om my te join en elke dag as my doodle klaar was ook een te teken in reply tot my doodle.

Hier onder is die eerste doodle wat ek gedoen het en dan onder dit is elke doodle wat ek gedoen het vir die week en dan onder dit is elke doodle wat Danielle gedoen het in reply op my doodles. As jy meer van Danielle se werk wil sien kan jy haar gerus volg op Instagram by ella_roo of op Twitter by @danielle_roe.

Suck It

My lame attempt op doodles

Danielle wys my hoe jy doodles doen

Danielle probeer nou my arm af draai om dieselfde doodle challenge te doen vir 30 dae. Ek hou aan verskonings maak, meestal omdat ek lui is. As ek my kop net in die game kry sal ek dit seker doen. Wat dink julle, moet ek dit vir 30 dae try?

You may also like...

9 Responses

  1. Danielle says:

    Dis vir my mooi! Kom ons begin ‘n ding?!
    Voor jy weet doodle almal saam.

    30 dae bra… jy weet dit roep jou…

  2. Donovan says:

    Doenit dude! Dis baie entertaining!

  3. Attie says:

    Ek sal julle join(t).
    Wanneer begin ons?

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Attie: Kom ons gee dit so paar dae. Miskien volgende week Maandag. Is jy op Twitter en/of Instagram?

  5. Attie says:

    @Ruan: Geen twitter, instagram, bookface of myspace nie. Net my profile op deviantart. Maandag klink goed, ek kan maar my doodles vir jou mail elke week.
    Peace

  6. Danielle says:

    And that folks, is how you start a fokken movement ^_^

  7. Attie says:

    So hoe gaan die doodle ‘n dag ding werk? Is daar ‘n spesifieke tema vir elke dag? Of kan ek maar net enige strond teken wat in my kop aangaan?

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Attie: Geen tema nie. Teken die eerste ding wat by jou opkom. Dan moet jy dit iewers online kry waar ons daarna kan kyk. My en Danielle sin sal op ons Instagram verskyn.

  1. April 7, 2015

    […] dalk inkleur weer 'n go gee asof ek nog kryte een soutklei eet. Miskien is dit net weer tyd vir 'n doodle challenge? Dan release ons dalk binnekort 'n gevaaalik.com inkleurboeke vir […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *