Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Mettlestate is metal… en Esports

Mettlestate is een van die grootste inisiatiewe in SA eSports op die oomblik. Hulle is besig om elke hoek van die industrie te dek. In opsomming is Mettlestate ‘n uitsendings studio wat verskeie events host, van on-site uitsendings tot uitsendings in hul eie studio wat toegerus is met slegs die beste toerusting wat enige professionele studio sal vereis. Daar is selfs ‘n aanbiedings hoek waar daar analise van die wedstryde gedoen word.

Wat doen Mettlestate tans?

Huidiglik is hul besig om die CS:GO Matrix Maverick kompetiesie te hou waar die jong opkomende talent van die CS:GO scene vertoon word. Ek weet nie of ek nog details van opkomende reekse mag ontbloot nie, maar hopenlik kom daar nog vir verskeie titels. Tot dan kan jy solank die Valkyrie Challenge kyk wat Saterdag van 15:00 af uitgesaai gaan word op hul Twitch kanaal: twitch.tv/mettlestate

Ek was die vooreg aangebied om ‘n draai te maak by die Mettlestate studios vir ‘n regstreekse uitsending van die Matrix Maverick reeks waar Nibbles eSports teen Severe Gaming gespeel het. Ek kon nie die geleentheid laat verby glip nie. Ek het dit dus goed gedink om so klein vlog te maak om julle deel te maak van my ervaring.

Ek gaan nie veel verder aan babbel nie. Ek wil immers nie jou kosbare tyd mors wat jy by jou werk steel nie. Geniet die vlog, as die reaksie goed is belowe ek daar sal nog vele wees. As die reaksie nie goed is nie gaan daar ook nog vele wees, want dit was lekker, okay.

Dankie aan al die awesome Mettlestate crew wat my welkom laat voel het.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *