Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Player Unknown’s Battlegrounds Xbox!

100 Spelers valskerm af na ‘n eiland waar hulle moet soek vir wapens en equipment om te help om die ander 99 spelers te probeer vermoor. Op die einde kan daar net 1 oor wees. Dit is Player Unknown’s Battlegrounds, en die ongelooflike cool game kom later die jaar na ‘n Xbox One naby jou.

E3 is an die gang en gisteraand het Xbox console gaming na ‘n hele nuwe level gevat. Daar was baie aankondigings waarvan die hoogtepunte vir my die Xbox One X was en die feit dat die Xbox ook nou Player Unknown’s Battlegrounds kry.

Console gaming is besig om te verander, en of jy nou daarvan hou of nie, die toekoms is hier. Die Xbox One X is bewyse van waarheen console gaming beweeg: Verskillende spec consoles wat almal dieselfde games kan speel, party net met beter performance en graphics as ander.

Vat byvoorbeeld Player Unknown’s Battlegrounds. Ek gaan dit op my Xbox One kan speel, maar ouens met Xbox One S en Xbox One X sal dit ook kan speel, net met beter graphics en performance. Console gaming gaan nou soos PC gaming raak, waar jy die masjien wat jy kan bekostig. Die Xbox One X se games gaan byvoorbeeld beter lyk want hy het beter hardware, dit nou as jy dit vergelyk met my normale Xbox One. Dit is nou as jy ‘n 4k TV het om saam jou fancy Xbox One X te gaan.

Selfs Minecraft gaan ‘n Xbox One X Enhanced weergawe hê sodat jy kan kyk na die 8 bit style graphics in 4k HDR. Dit maak vir my niks sin nie, maar Minecraft gaan ook die eerste ware cross platform title wees want jy gaan nou saam jou vriende Minecraft kan speel al speel hulle op PC, Nintendo Switch, Playstation of Xbox.

Player Unknown’s Battlegrounds Xbox Exclusive

Dit is reg, die Playstation (4 en Pro) kry nog nie PUB nie. Player Unknown’s Battlegrounds is a launch exclusive. Die “launch exclusive” deel is belangrik hier, want dit beteken dat Playstation dalk in die toekoms PUB sal kry. Die launch date vir PUB op Xbox is nog nie bekend gemaak nie, maar ek vermoed dit sal rondom 7 November wees aangesien dit is wanneer die Xbox One X launch.

As jy die Xbox E3 event gemis het gisteraand tussen 23:00 en 01:00 kan jy die hele ding weer hier vang. Wat was vir jou die hoogtepunt van Xbox se E3 event? Laat weet my in die comments.

You may also like...

3 Responses

  1. June 12, 2017

    […] Player Unknown’s Battlegrounds is oppad na jou naaste Xbox. […]

  2. July 5, 2017

    […] is en jy is die laaste een oor, soos Highlander. Dis die basics. As jy meer wil weet, gaan lees wat Stix te sê het oor PUBG HIER. Jy kan ook StoneMountain64 se video hier onder kyk om ‘n gevoel te kry van die […]

  3. July 28, 2017

    […] e spog. Jy kon selfs op hul speel as jy sou wou, daar was games vir almal. Een van die games was Player Unknown’s Battleground. Nou soos jul weet is PUBG ‘n well documented game op gevaaalik.com. So natuurlik het ons […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *