Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die beste Call of Duty montage ooit

Call of Duty toxicity in South Africa is die nuutste hot topic in SA gaming. Die Suid-Afrikaanse Call of Duty is tans besig om oor en weer te skree op mekaar oor toxicity in die game. Meer spesifiek, die toxicity teenoor dames wat Call of Duty speel. Ek deal al met Call of Duty toxicity vandat ek die eerste keer online gespeel het. Dit was altyd net in text chat in game gewees, maar deesdae is dit ook in voice. Ek deal al daarmee vir die laaste 8 maande. Ek het dus gedink om die aandag bietjie weg te vat van die “toxic-talk”.

Call of Duty Toxicity in South Africa

Ek het net nou die dag bietjie rage ervaar terwyl ek speel (vra maar vir die mense wat saam my speel, ek gooi die rage) en toe het ek my buddies gevra hoe mute ek text chat ook? Die ou was beter as ek in die game, en hy het fucked-up goed vir my getik om ‘n reaksie te lok. Ek was so kwaad ek het my text chat gemute. Maar as ek verby al daardie goed kan kyk, en durf ek sê: “ophou om ‘n meisiekind te wees” is Call of Duty steeds ‘n fun game. Dit is so fun dat dit my kwaad maak as ek kak speel.

Ook, as jy dit minder ernstig opvat kan jy die game baie meer geniet. Mute net die trolls en gaan aan met jou game. Moet tog net nie gaan moan daaroor op jou gunsteling social media platform nie, en die trolls probeer shame nie. Net soos jy aandag soek, soek die trolls ook net aandag. Jy gee vir hulle daardie aandag. Vra eerder jou meisie of kerel of vriend of vriendin of genderneutral plutonic being om jou ‘n drukkie te gee. Dan gaan kies jy vir jou ‘n shotgun en snakeshot revolver setup en speel 2 matches Shipment 24/7. Vat al daardie woede oor die ou wat vir jou gesê het jy het ‘n vet kont, en sit dit in die montage video in wat jy maak. Ek vermoed dit is wat hierdie ou gedoen het en hy het loshande een van die coolste Call of Duty montages ooit gemaak. Dit is satisfying om te kyk. Kyk met die klank aan!

Modern Warfare: The art of toxicity from r/modernwarfare

Ek hoor ook dat ‘n riot-shield en RPG combo setup, wonders kan doen vir die gemoetstoestand. Miskien lê die volgende beste Call of Duty Montage in jou. Hou net op grens oor Call of Duty toxicity in South Africa en sit jou energie eerder daarin om die wêreld ‘n beter plek te probeer maak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *