Metallica toer SA April 2013
Metallica is oppad terug Suid-Afrika toe. Befokte nuus vir enige metal head, jonk of oud. As jy deesdae metal luister is die kanse goed dat jy op ‘n stadium na Metallica geluister het. Daar is nou wel die gene wat sê dat Metallica outdated is, dit is ook dieselfde ouens wat in geheim draties kap terwyl hulle na Celine Dion luister.
Metallica is terug in Suid-Afrika na 2006 se Coke Fest. Die keer speel hulle 24 April in Kaapstad en 27 April in Johannesburg. Ek het so gevoel die Durban mense gaan baie kwaad wees. Die kaartjies vir Johannesburg se performance gaan Woensdag 21 November om 09:00 te koop wees en dan Donderdag 22 November om 09:00 vir Kaapstad se performance.
Sien julle more oggend in die ry by ‘n Checkers.
Hulle was by Download Fest vroeër die jaar en het 100 000 mense ge-ROCK!