Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Marilyn Manson – Born Villain review

Marilyn Manson het gesê hy wil Born Villain sy comeback album maak, en hy het vir seker teruggegaan na die ou resep wat vir so lank vir hom gewerk het. Eat Me, Drink Me en The High End of Low was duidelik twee eksperimentele albums en het meeste fans laat wens dat Manson minder wil eksperimenteer en eerder net bly by dit waarmee hy goed is: ‘n tipe van acid rock/industrial klank wat duidelik as Marilyn Manson bekend is.

Born Villain is baie meer soos Antichrist Superstar of Holy Wood (In the Shadow of the Valley of Death). Snaakse geluide tussen tracks en donker lirieke is terug met ‘n vengeance. Daar is ook ‘n heelwat kleiner fokus op guitar werk as op die vorige twee albums. Die guitar word weer gebruik amper as ‘n percussion instrument en die industrial/electro klanke skyn ook deur.

Born Villain” (click daar vir die video) is die eerste single van die nuwe album af en dit is ‘n sterk leier vir die ander tracks om te volg. Veral tracks soos “The Gardener” laat my terug dink aan die ouer Manson albums en hoe hy goed gedoen het pre-2001. “I’m not man enough to be human, but I’m trying to fit in and I’m learning to fake it” is die opening monologue van “The Garderner”, maar die monologue word dan as deel van die chorus gebruik in die song. Ook die base line op die track is so solid soos ‘n Krist Novoselic base line van ‘n Nirvana album af.

Soos ons vir Marilyn Manson ken het hy weer ‘n classic track ge-cover. Hy het destyds daarmee begin met ‘n cover van “Sweet Dreams” van die Eurythmics en het intussen al ‘n hele paar ander covers gedoen. Hiedie keer is dit “You’re So Vain” van Carly Simon wat ge-cover word. Daar is niks spesiaal aan die cover nie, behalwe dat Johnny Depp die guitar gespeel het op die track. Natuurlik bring Manson ‘n baie donkerder gevoel tot dié classic song.

Basies lyk dit so: As jy ‘n fan was van Marilyn Manson tot in 2003 (The Golden Age of Grotesque) en toe gedink het hy het die pot mis begin sit met al sy albums na Lest We Forget: The Best Of, sy greatest hits album, dan is Born Villain vir jou. Dit is goed om weer vir Manson te hoor soos jy hom ken, sonder enige guitar solo’s wat jou verras. Die koning van shock rock is terug en met Born Villain stel hy nie teleur nie.

by Stix

You may also like...

2 Responses

  1. July 23, 2013

    […] fokol sou gelike het. Ek het die tape met die song op vir haar weggesteek, maar ek het met trots my Marilyn Manson en Metallica CDs vir haar gewys. Snaaks hoe nie eers die duiwel se musiek so erg soos sex en gay […]

  2. March 27, 2014

    […] Ek het al 'n paar mense hoor sê dat daardie spesifieke album die begin van die einde was vir Marilyn Manson. Daardie mense is nou groot Kurt Darren fans. Ek love The Golden Age of Grotesque, vir my is dit 'n […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *