Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Linkin Park kom na Suid-Afrika

Linkin Park gaan in November ‘n draai kom maak in Suid-Afrika. So as jy 7 November in Johannesburg kan wees of 10 November in Kaapstad kan wees dan kan jy gerus sommer vir Linkin Park gaan kyk.

Linkin Park

Linkin Park se laaste twee albums is maar bietjie, for lack of a better term, gay. Minutes to Midnight en A Thousand Suns is nie vir my gewees nie. Maar ek is die eerste een om te erken dat ek Hybrid Theory en Meteora vrot geluister het op my “Disc Man”. “Crawling” was die eerste Linkin Park song wat ek gehoor het en ek het nou die dag weer Linkin Park op my iTunes se library gesit en so paar keer deur die twee albums waarvan ek hou geluister. Ek het nog nie na hulle nuutste album, Living Things, geluister nie. Miskien moet ek dit maar ‘n kans gee.

Baie mense wat na Linkin Park geluister het toe hulle 15-16 was het nou van mening verander. Hulle hou nie meer van Linkin Park nie om verskeie redes. Tog is dit snaaks om te sien hoe baie van die mense nou nie kan wag om hulle in Suid-Afrika te sien nie. Jy kan kaartjie vir die shows koop van Donderdag af deur fokken useless Computicket. Kaartjiepryse begin by R315 en kan oploop tot R690.

Ek sal daar wees vir die Johannesburg show en ek sal saam skree vir al die ou songs. Ek hoop hulle speel meer ou songs as nuwe songs. Hier is “Faint”, een van my favourite Linkin Park songs.

You may also like...

1 Response

  1. Die M-Been says:

    Is ek die enigste een wat dink dat die ou 2e van links soos die pokemon: ‘Ghastly’ lyk?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *