Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lentelawaai, want dit word weer somer

Dit is amper weer tyd vir somers rokkies, kort rompies, kortbroeke en plakkies. Nie dat ‘n kortbroek en plakkies altyd ‘n goeie ding in Pretoria is nie, veral nie as daardie plakkies saam kouse gedra word nie. In iedergeval, Lentelawaai is die perfekte manier om die lente en somer seisoen in te bring.

Lentelawaai

Lentelawaai vind plaas by Laerskool Pretoria Oos, Saterdag 31 Augustus. Jack Parow, Van Coke Kartel, December Streets en Die Tuindwergies gaan almal daar optree so dit belowe om ‘n lekker party te wees. Dit is ook spot goedkoop. Jy kan vir jou ‘n pre-sale kaartjie kry vir R60 of jy kan by die hek ‘n kaartjie koop vir R80. Lekker cheap as jy vat watter bands optree.

Jy kan jou pre-sale kaartjie koop vanaf Lentelawaai se Facebook page of van Ticketbreak.co.za se site af. Om eerlik te wees as jy Saterdag in die Pretoria omgewing is en jy woon nie Lentelawaai by nie dan is daar nie hoop vir jou nie. Enige persoon wat al vir Jack Parow of Van Coke KArtel live gesien het sal jou kan sê dat die kaartjie se prys enige een van daardie twee alleen werd is. Die hekke maak 11:00 oop en ek sien jou daar.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *