Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: Darude – Sandstorm

Daar is seker nie ‘n pilkop op die planeet wat nie “Sandstorm” van Darude ken nie. Ek is nie eers ‘n groot fan van die techno nie, maar ek ken die een. Almal ken die een. Dit was ook een van daardie groot Bump en Monster Hits Tappit Techno Treffers. Darude is van Finland af en “Sandstorm” is by ver sy grootste hit gewees.

Darude - Sandstorm

Die video vir die Tappit Techno Treffer is belaglik. Dit is asof hulle die Mission Impossible ding probeer het op ‘n baie limited budget. Amper iets soos European porn, goed genoeg as jy niks anders het om ‘n dratie oor te kap nie. Die video begin met Darude wat all smooth lyk en dan is daar twee mense wat ‘n dame met ‘n tas jaag.

Daar is baie slow-mo. Ek dink as hulle die slow-mo alles teen normale spoed gespeel het sou die video helfde so lank gewees het soos wat hy tans is. Terwyl al die gehol plaasvind sit Durade op verskillende plekke en speel spectator. As jy die einde van die video sien sal jy wonder hoekom het hy nie eerder gehelp nie. Daar is natuurlik ook die deel waar die ou met die 9mm op die heup bang is vir die hond wat blaf. You see the hole in that plot line, right?

Die dame met die tas word dan uiteindelik gevang op ‘n treinspoor, maar gelukkig is sy ‘n lesbian en dan is alles ok. Turns out dat die twee dames net saam Darude die sunset wil in ry op hulle speedboat terwyl hulle “Sandstorm” luister.

Geniet die week se Tappit Techno Treffer.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *