Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kurt Darren vlieg hoog, op imaginary tik

Kurt Darren het begin helikopter vlieg, berig Beeld. Hy het begin om “onnodige nonsens” uit sy lewe te skop. “Wat ’n ongelooflike gevoel is dit nie om te leer vlieg nie. Dit laat ál jou sintuie op een slag werk.” Ek wonder hoe laat dit sy reuk- en smaaksintuie werk. Hy ruik en proe seker die kak wat hy besig is om te praat.

“Jy kan nie anders as om verslaaf te raak aan die gevoel nie. Ek leef weer van voor af en ek’s mal daaroor,” sê Kurt, omtrent so opgewonde soos die groep gay ouens van Queer Eye For a Straight Guy wat op ‘n nuwe Britney Spears album afgekom het. Ek is seker hy is op imaginary tik. Kurt het besluit om sy private helikopterlisensie te kry oor dit hom blykbaar opnuut leer fokus. Kurt wil terugkeer na waar dit alles begin het – die musiek. Darren het seker hierdie revelation gehad nadat sy eerste fliek harder ge-crash het as wanneer hy vir die eerste keer op sy eie beheer gaan hê oor ‘n helikopter.

“Ek het pas my 20ste album uitgebring. Ek het reeds honderde shows gedoen… Ek kon nie help om moeg en ’n bietjie afgestomp te raak nie,” vertel hy verder. Weereens eis die imaginary tik sy tol en Kurt is in ‘n droomwêreld waar hy dink sy musiek was goed en het eers na 20 albums afgestomp geraak. Die waarheid, soos ons almal weet, is dat sy musiek nog altyd kak was. Dit het afgestomp begin.

Kurt het ook besluit om bietjie van sy vet af te skud. Sover het hy agt kilogram verloor, maar gelukkig ‘n band bygekry vir sy live shows. “Ek’t moeg geraak vir die backtracks. Nou maak ek musiek saam met vyf jongmense en ons rock die stage van voor af aan die brand,” verduidelik hy. So hy het vyf arme jongmense by sy band ingesleep, en nou dink die ses van hulle dat hulle rock? Kurt gaan kyk bietjie Pearl Jam Twenty dan sal jy sien hoe ‘n band ‘n die stage rock.

You may also like...

8 Responses

  1. Fred says:

    “So hy het vyf arme jongmense by sy band ingesleep”

    Libel:
    Noun
    A published false statement that is damaging to a person’s reputation; a written defamation.

  2. Stix says:

    Fred ek verstaan nie regtig waar jy die slander sien nie. Ek neem aan jy is ‘n Kurt Darren fan en die artikel het jou ontstel. Wat jy wel kan maak is ons About page se Terme en gebruiksvoorwaardes gaan lees.

    Kom ek quote sommer vir jou die deel wat tot jou van belang is: “Hierdie site is satiries van aard, m.a.w. dit maak uitsprake en grappies wat die spot dryf met aktuele sake. Dit is veronderstel om jou te laat lag. As jy dus nie ‘n sin vir humor het nie, is gevaaalik.com nie vir jou nie. Inhoud moet asseblief sodanig gelees word.”

  3. Wikus says:

    Fred,

    Strafregtelike Laster: Wederregtelike, opsetlike publikasie van aantygings aangaande iemand anders wat die strekking het om laasgenoemde se goeie naam te skend (Snyman: Strafreg 4de Uitgawe. Butterworths).
    Woorde het die strekking om agting wat ‘n ander persoon in die samelewing geniet, te verminder, of indien dit hom blootstel aan haat, veragting of spot. (Now stay with me – ek weet ek gebruik groot woorde)
    Laster kan geregverdig word deur dat die bewerings die waarheid is en / of dat dit op billike kommentaar neerkom.
    Nou moet ons fokus: Kurt se self ” Nou maak ek musiek saam met vyf jongmense”. Gevaaalik.com se: “So hy het vyf arme jongmense by sy band ingesleep”
    See what I did there? twee aanhalings. Dieselfde punt.
    Nee die bogenoemde in ag dan sien jy dat Kurt se weergawe en gevaaalik se weergawe op dieselfde ding neerkom, net in verskillende style geskryf.
    Gevaaalik.com se weergawe is: a) die waarheid aangesien die poephol dit self gese het; en b) billike kommentaar vir ‘n site soos hierdie met in ag genome van die disclaimer.
    Now chill out vanilla face en gaan maak ‘n Leave Kurt Alone youtube video

  4. Andre says:

    Nice one Wikus!

    Fred – Ek sien uit na jou “Leave Kurt Alone” video.

  5. The enforcer says:

    Lyk my Fred kap draties oor Kurt Darren.

  6. Bennie says:

    Ek dink Fred is Darren…..

  1. November 16, 2011

    […] Dan is daar Fred wat vandag ons beskulding het van slander. Ek neem aan Fred is 'n Kurt Darren fan. As Fred ons eintlik net try help het wil ek net sê "Dankie dat jy omgee Fred". As jy wil sien wat Fred te sê gehad het en my antwoord op Fred se comment kan jy kyk na die Kurt Darren vlieg hoog, op imaginary tik post. […]

  2. March 27, 2015

    […] wat is jou fokken verskoning Kurt Darren fan? Verduidelik asb vir my hoe jy reken jy kan vir jouself dink, maar jy luister steeds na Lianie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *