Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies vir die grensers

Die week sover by gevaaalik.com was lekker opwindend. Eers kry ons vir “Eugene Theron” (lyk dit is toe nou nie sy regte naam is nie) wat bietjie sand in sy vagina gehad het oor gevaaalik.com. As jy wil lees wat “Eugene” te sê gehad het en wat ek vir hom gesê het, kyk gerus na die Zef, vreemd, snaaks en mooi.

Dan is daar Fred wat vandag ons beskulding het van slander. Ek neem aan Fred is ‘n Kurt Darren fan. As Fred ons eintlik net try help het wil ek net sê “Dankie dat jy omgee Fred”. As jy wil sien wat Fred te sê gehad het en my antwoord op Fred se comment kan jy kyk na die Kurt Darren vlieg hoog, op imaginary tik post.

So hierdie Stoute Boudjies gaan uit na die twee ouens. Haal diep asem, kap ‘n dratie, rook ‘n joint en ontspan. Niks in die lewe is so ernstig nie. Geniet die week se Stoute Boudjies.

You may also like...

2 Responses

  1. Eugene Theron says:

    Eugen Theron is toevallig my regte naam en die rede hoekom ek nie my regte e-mail verskaf nie, is omdat ek wil kommentaar lewer sonder om ge-spam te word. Dit lyk my julle raak vreeslik opgewonde as iemand (enigsins) kommentaar lewer op julle website. Daarby lyk dit ook asof julle verskriklik sensitief en verdedigend is. Julle eerste reaksie lyk my is om aanvallerig te raak is iemand iets durf waag vra. Ek sien ook ek is nie die eerste een nie. As al hoe meer mense vir jou byvoorbeeld begin vertel dat jy soos Justin Bieber lyk, is dit dalk tyd om daardie kuif te sny.

    So gepraat van “nie regte name nie”. Noem jou kollegas daar by JunkMail jou Styx of Ruan? Het nie so gedink nie.

    Bietjie minder sensitief wees. Man op.

  2. Joe says:

    Hi Eugene,

    Dankie dat jy gevaaalik.com weer uitgecheck het. Ek is wel bietjie confused. Is jou naam nou Eugene of Eugen? Jy gebruik albei, so sorteer dit asseblief vir ons uit. Daar is dan ook ‘n paar probleme met jou kommentaar. Jy sien, jy weerspreek jouself bietjie. Jou dade en woorde (en soms jou woorde en woorde) stem nie altyd lekker ooreen nie.

    Lyk dit regtig vir jou asof ons verskriklik sensitief en verdedigend is? Jissie, en ons dog ons het uit ons pad gegaan in ons reply om polite in informative te wees. Maar fok, sorry, dis nie aldag dat mense ons van plagiaat beskuldig nie. (Wat terloops nie ‘n vraag is nie, maar ‘n beskuldiging, indien jy nie volg nie.) Indien jy dit gemis het in ons vorige reply: Om iemand van plagiaat is te beskuldig is ‘n taamlike ernstige aantyging om te maak – veral as jy nie regtig enige bewyse kan ophaal nie (behalwe nou vir jou halfgebakte persoonlike opinie, wat net ‘n opinie is). Wat het jy in elk geval verwag gaan ons sê toe jy ons van plagiaat beskuldig? “Sure bra, hier’s vir jou ‘n kas bier”? Fok tog.

    Terwyl jy dan ook skryf “Man op”, kom ons kry dinge net gou reguit hier. Jy was die een wat ons kom beskuldig het van plagiaat, so hoe wou jy hê moet ons reageer? Hoe sou mens “man op” (wat ‘n kak frase, by the way) en dit dan hanteer volgens jou, wat graag ernstige beskuldigings uitdeel, maar dan kla oor ernstige antwoorde? Boonop is jy dan nie eens bereid om jou e-posadres te verskaf nie, al maak jy sulke ernstige aantygings. Verskoon ons dus as ons dan bietjie pissed off was toe ons besef die besonderhede wat jy ingevul het is vals.

    Jy sien, wat jy nou hier doen, is trol. Jou optrede is kinderagtig, en frankly, china, het ons nie tyd of krag vir sulke kak nie. As gevaaalik.com nie jou koppie tee is nie, moenie die website besoek nie. Niemand dwing jou nie. Moet asseblief ook nie jou kosbare tyd mors om nog dom kommentaar te lewer nie, want ons mag dalk net vir jou ‘n behoorlike intelligente antwoord gee – wat obviously nie kwalifiseer vir jou opdrag van “man op” nie.

    Ek sien ook jy het niks te sê oor die actual feite wat ons jou gegee het in die vorige reply nie. Dit sê baie. Pissing contests is fucked up. Wat my betref is hierdie tos afgehandel. So gaan kap ‘n dratie en trol iewers anders.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *