Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kurt Darren-fliek ongelukkig binnekort hier

Kurt Darren is seker een van die grootste name in kak Afrikaanse popmusiek. Hierdie bra laat selfs vir Bles Bridges cool lyk. Met treffers soos “Meisie Meisie” en “Kaptein span die seile” irriteer hy ons steeds grensloos. Verlede jaar het hy ook handjie bygesit om Liefling – die movie nog kakker te maak deur daarin te verskyn. Sy scene in dié movie was natuurlik ook die onsinnigste en lukraakste toevoeging tot ‘n fliek wat ons tot op daardie punt eers gedink het net nie meer fokken random en dof-stupid kon wees nie.

As verdere bewys dat Kurt homself heeltemal ingemessel het in die Afrikaanse media (dit sal nie verrassend wees om te hoor hy het ‘n contract for life met Huisgenoot nie), het hy ook op ‘n stadium ‘n “rubriek” vir Rapport geskryf. Sondag na Sondag is lesers blootgestel aan Kurt se diepste gedagtes, wat nooit regtig baie diep was nie. Dit het mens ook nogal laat wonder of Rapport regtig fokken geen ander mens kon bekostig om vir hulle ‘n ou rubriekie te skryf nie. Jissistog, Koos Kombuis kon dit selfs vir ‘n hele paar jaar regkry, hoewel hy ook natuurlik sy gat gesien het toe hy Die Antwoord aangeval het en dit heeltemal in sy gesig opgeblaas het.

Daar is groepe op Facebook wat hom haat.

Anyway, terug by Kurt. Ja, sy teenwoordigheid in Liefling en Rapport en al wat ‘n Media24-publikasie is, was heelaas net nie fokken genoeg nie. Om verder by te dra tot die heersende kultuur van selfverheerliking wat so effektief deur mense soos Bles en Steve en Jurie gevestig is, gaan Kurt nou ook in ‘n fliek van sy eie verskyn. Ag fok tog!

Dit gaan mense na tissues laat gryp soos laas toe Benji uitgekom het. Baie mense gaan huil omdat die fliek hulle werklik roer, terwyl ander, soos dié van ons hier by gevaaalik.com, gaan huil oor die feit dat mense soveel geld op sulke kak kan spandeer. Nou kyk, dis ‘n stretch om ‘n fliek met ‘n actual plot saam te slaan deur net ‘n klomp liedjies te gebruik. Gewoonlik is dit nie baie suksesvol nie. Die enigste rede waarom dit met ABBA en Mamma Mia! gewerk het, is omdat amper elke mens op die aarde van ABBA hou. (Jirre, hierdie post begin my al hoe meer redes gee om selfmoord te pleeg.) Maar Kurt Darren liedjies? Seriously?

Sarie berig dat Andre Frauenstein (wat blykbaar ‘n akteur en regisseur is, wie hy ook al mag fokken wees) en Anton Ernst (nog ‘n naamlose persoon wat blykbaaar ‘n movie producer is) het die bright spark gehad om ‘n movie te maak “waarin Kurt se liedjies die storielyn vorm”. Wag, verskoon my, maar “waarin Kurt se liedjies die storielyn vorm”? Hoe die fok? Behalwe natuurlik as dit ‘n super kak movie met ‘n baie oppervlakkige plot gaan wees, of as dit ‘n super kak movie in die styl van Liefling gaan wees. Aha!

Nou ja, hierdie brokkie slegte nuus is op Sarie se websaait te lees, maar kom ons deel net gou hierdie pragtige paragraaf met julle:

“Hulle het met Kurt in hul agterkop met die idee begin speel om so ‘n fliek te maak en Anton het die hele storie neergepen.”

As jy dit oorweeg om sulke movies te maak, is dit seker nie verbasend dat jy “in jou agterkop” met Kurt speel nie. So ‘n spelery kan ook net ‘n tos movie tot gevolg hê. Verder gaan die hele movie blykbaar Kurt se regte lewe weerspieël (o fok, DIS nou vir jou ‘n original idea daardie), en so aantoon hoe hy sy vrou ontmoet het (die spanning is net te veel!). By the way het hy blykbaar sy regte vrou op die stel van die music video van “Meisie Meisie” ontmoet en sy het nie geweet wie hy is nie. Kan jy nou fokken meer? Iemand wat nie weet wie Kurt Darren is nie! Fok, is sy doofstom?

Ek is seker almal brand teen hierdie tyd om die plot summary te lees. Wel, die plot loop so: Dirk de Jong is ‘n sanger wat op soek is na die perfekte meisie om in een van sy music videos te verskyn. Hy vind haar en dit help hom om uit ‘n abusive verhouding te “ontsnap”. Nou hier is daar dalk ‘n geleentheid om die fliek interessant te maak. As Dirk se “abusive” partner hom regtig bliksem, mag die fliek dalk selfs entertaining wees. Maar ek twyfel.

Sy Majesteit Koning Kurt, Heerser oor alle Kommin Volke, Vors van die Oos-Rand en Wes-Rand, Pretoria-Noord, Bloemfontein en Stellenbosch

Behalwe nou vir Kurt is ander “bekendes” wat in die stuk kak gaan speel die sanger Kevin Leo (wie de fok hy ook al is), Andre Frauenstein (sy van beteken “vrouklip” in Duits, maar ons weet steeds nie wie de fok die bra is nie), en natuurlik Christina Storm (wat gebruik word vir die kak pizzazz – dis nou die energie, styl en glamour van haar acting – wat sy so oordadig aan daardie ander kwaliteit SA movie, Eternity, gevoeg het).

 

“Dit was ‘n lekker uitdaging en ek sien baie uit na die eindresultaat – veral na die publiek se reaksie wanneer hulle ‘n totaal ander kant van my sien,” het Kurt aan Sarie vertel. Maar om eerlik te wees, is daar ‘n kant (cunt) van Kurt Darren wat ons nog nie gesien het nie? (Hy lyk vir my meer rond as “kantig”, maar dis dalk net ek.) En klink hierdie Dirk de Jong-karakter regtig na iets anders as Kurt wat net Dirk genoem word? Nee.

Dus, Kurt, jou massas Croc-draende, 40-jarige fêns (soos Koeks Verwoerd) gaan ekstaties wees om jou op die groot skerm te sien, maar die res van die publiek (oor wie se reaksie jy blykbaar baie omgee), gaan soos gewoonlik jou musiek (en fliek) met alle mag en mening probeer uitblok terwyl hulle wonder hoe die fok een mens sulke vlakke van selfgenoegsame selfbemarking kan bereik.

Die kak begin in teaters spat op 3 Junie 2011.

O, en by the way, hier is Kurt se nuutste album. Dis die drie-en-twintigste een hierdie jaar.

You may also like...

2 Responses

  1. Luion says:

    In my lewe!!!!!! Het ek lanklaas so gelag …en hierdie was 2011…nou is hy erger as ooit..om elke hoek en draai wil hy sy GROOT kop uit steek.. Na nou seker al 40 albums( wie de fok tel en wie de fokken hel besit die hele royal collection), na 52 verskillende haarstyle, 200057699 photo shoots, 145 interviews( uitsluitend die 895 voor die spieel) n fliek oor HOMSELF… n midlife crisis, die Famous OOGKLAP, wat toe nou uiteindelik die enigste inspirasie vir daai HELE verruklike album was(ai nee) ..Seerower en Kaptein span die seile..jouself omtrent bietjie oorboort gegooi vir daai ene… ugh stopit…nee regtig fokken stoppit kurt…songwriter…oepsie, musikante skryf liedjies met passie deur n storie oor te dra wat sin maak…en nie deur laerskool rympies herhaaldelik te versprei oor n 3 minute lange techno beat nie. Daar is sowaar net een Suid Afrikaner wat my naar maak en dit is jy ou Kerm Derm. Kom ek help jou gou uit met jou laaste song titel voor jou kop bars. Kurt Darren deur Kurt Darren. !!

  1. August 21, 2013

    […] daarvan dat dagga onwettig is en van ons is so onnosel dat ons Beeld koop oor ons die opskrif "Kurt begin weer dans, stadig" gelees het op 'n paal oppad werk toe. Ons mars nie meer net soos skape […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *