Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oor die illusive Grammy en Afrikaanse popsangers

En dis te goed om te glo
Nee ek sê nie net so
Dis die waarheid
Vertel ek vir jou

Dit is ‘n snippet uit Jakkie Louw se liedjie “Gemaak in SA”. Weirdly speel die musiekvideo in ‘n kroeg af (hoe unusual vir ‘n Afrikaanse popliedjie!). Jakkie sit met sy kitaar en speel ‘n song vir ‘n girl wat ook in die kroeg is. En hy en die girl en die ander mense is in hierdie kroeg, want die hele Suid-Afrika is deur ‘n moerse natuurramp getref en hulle moet skuiling soek. ‘n Kroeg is in so ‘n situasie natuurlik vir Afrikaanse popsangers die obvious choice.

Maar ek wil nie tyd mors deur Jakkie se hele musiekvideo te bespreek nie. Dit is vir my fokken weird genoeg dat hy dit gepas vind om met iemand te flirt terwyl die wêreld vergaan. (Dink ook altyd met sy piel, die karakter in hierdie music video.) Eintlik verwys ek weer na die lirieke wat ek hierbo aangehaal het. Jakkie reken dis fokken goud werd. Grammy-goud.

In vandag se Rapport berig Gavin Prins dat Afrikaanse “CD-verkope daal oor ‘vrot liedjies'”. Snaaks, aangesien dit ook dikwels die rede is waarom Afrikaanse CD-verkope styg: in dieselfde berig sê Kurt Darren byvoorbeeld dat sy Kaptein span die seile-album nou in 190 000 kommin mense se besit is, terwyl Oos wes, tuis bes slegs in 65 000 braaivleishandjies kon beland. Robert Ferns, Musica se hoof van verkope, dink dat Afrikaanse (pop-)CD’s so kak verkoop omdat dit, wel, kak is. Aangesien mnr. Ferns vir ‘n redelike groot musiekwinkelgroep moet besluite maak oor wat bly en wat gly, veronderstel ek die bra ken sy shit. As jy moet aankope doen in retail kan jou ignorance jou duur te staan kom.

Maar fok nee, sê Jakkie Louw. “Mense is baie armer as ’n paar jaar gelede. Groot kunstenaars sukkel om teaters vol te maak. Die kwaliteit van Afrikaanse musiek is so goed dat ons vir die Grammys kan inskryf,” aldus die berig in Rapport. Mense het net minder pitte, jy sien. Maar Jakkie, waarom het julle dan nog nie Grammys nie? As julle musiek so goed is, en julle kan inskryf (al wat jy moet doen is om vir die VSA se National Academy of Recording Arts and Sciences een van jou CD’s te stuur), waarom het jy (en Kurt, Juanita, Steve, Bok, Nicolis, Jurie, Robbie, ens., ens.) nog nie ‘n Grammy/Grammys nie?

Miskien, Jakkie (en Kurt, ens., ens.) is julle onlangse swak verkope en gebrek aan Grammys toe te skryf aan lirieke soos “En dis te goed om te glo / Nee, ek sê nie net so / Dis die waarheid / Vertel ek vir jou,” of soos “Generaal, generaal / Soos een man sal ons vir jou val.” En dalk omdat julle tunes almal maar melodies dieselfde is. O, en, Jakkie, omdat jy die photo afdeling op jou websaait “FOTOS” noem. Daardie afkappingsteken is nogal fokken belangrik.

Kwantiteit is nie gelyk aan kwaliteit nie. A turd is a turd by any other name.

Hier is Jakkie se kak music video as jy ook wil sien/hoor waarom hy nog nie sy welverdiende Grammy het nie. Lekker lag.

You may also like...

5 Responses

  1. Behappy says:

    Ek kon nie die video klaar kyk nie. Ek kry te skaam vir sy part.

  2. Posduif says:

    Fokken Shocking!

  3. Crimson says:

    Skiem Heuwel Fantasties het die ammunisie vir n grammy.

  4. Kobus says:

    Ek het nog nie eers vier duisend units van Dan Patlansky se nuwe cd in ‘n jaar verkoop nie en hulle moan oor 65K se verkope! Konte.

  5. Stix says:

    Dude jy moet onthou dat mense wat na Dan se musiek luister slim is. Die wat na Afrikaans pop luister is skape… en dom… en sal nie goeie musiek herken as dit hulle in die gesig poes nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *