Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

AB de Villiers mik hoog met crossover

Ek het al van seriously weird crossovers gehoor. Met “crossover” verwys ek hier na wanneer ‘n bekende persoon ‘n dramatiese loopbaanskuif maak. Wel, dit is meer ‘n totale verandering as net ‘n skuif, om eerlik te wees.

Die bekendste crossovers behoort natuurlik aan die Noord-Amerikaners. Almal weet van bekende entertainment queens, soos Madonna, Jennifer Lopez, Cher, en Justin Timberlake, wat heen-en-weer spring tussen acting en sang (of soms ook modelwerk soos JT en Lopez). Dan is daar natuurlik ook die nie-Amerikaner-nie-maar-so-amper-fokken-daar Jackie Chan wat ook al gesing het. (Seriously. Kyk op YouTube as jy my nie fokken glo nie.) Hierdie crossover is egter nog nie juis outrageous nie. Dit is ten minste soortvan in dieselfde area (d.i. entertainment).

Dan het die VSA ook vir Ronald Reagan en Arnold Schwarzenegger. Reagan was eers ‘n filmster en het later president van die VSA geword, terwyl Arnold Schwarzenegger eers ‘n Austrian was (‘n Oostenryker), toe ‘n Amerikaner geword het, en toe van bodybuilder na akteur aanbeweeg het. Dit was egter nie genoeg crossovers vir Arnie nie, en hy het toe ook later die politiek betree en die goewerneur van Kalifornië geword. Hy is blykbaar steeds nie tevrede nie, maar aangesien die enigste crossover wat meer extreme sal wees, ‘n fokken sex change is, gaan Arnie blykbaar dalk maar eerder weer movies maak. Toe ek hierdie paragraaf begin het, wou ek sê dat Reagan en Arnie se crossovers huge was, maar toe onthou ek hulle is Amerikaners en dit is politiek, so dit is geensins meer weird as Timberlake wat vorder van Mickey Mouse Club na N’Sync na die Oscar-wennende The Social Network nie.

Anyway, mens sou seker kon sê Steve Hofmeyr doen maar dieselfde in Suid-Afrika. Hy is immers sanger, akteur, politieke aktivis en Twitter-diarree-lyer van formaat. Maar selfs Steve het nou sy Moses teegekom. En sy naam is nie Moses nie, dis AB. AB de Villiers (van Protea-krieket-faam).

Ek het gedink niks kan erger wees as Rebecca Black nie. (Wel, behalwe Skouspel dalk.) Maar AB laat dit alles soos goud lyk met hierdie pragtige duet saam met Ampie du Preez. Soos verwag kan word van meeste kak Afrikaanse popmusiek, maak die video staat op slow motion, crappy fade techniques, skerp beligting, en blinkers asof hulle die lotto gewen het. O ja, en dan die pragtige oppervlakkige boodskap wat baie vlak in die lirieke sit. Hier is ‘n voorsmakie:

…Om jou hand vas te hou
Waar jy gaan, bly opstaan
Daar’s ‘n vuur wat brand in my
Niks wil my onderkry…

Hier is ons probeerslag:

Die kat
Sit op die mat
Langs dit bad

(Fokkof, Sean Else! Hierdie briljante lirieke behoort aan gevaaalik.com.)

Anyway, vir die res van julle, hier is die kakste video wat jy hierdie week sal sien. Ons wys vir jou die kakste video van die week, sodat jy kan dankbaar wees, maak nie saak hoe fucked up jy dink jou lewe is nie.

You may also like...

1 Response

  1. Behappy says:

    Nou voel ek sommer baie beter oor my lewe! Thanks!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *