Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Korn Reconciliation Documentary – Official Trailer

Brian Head Welch Korn

Brian ‘Head” Welch praat oor sy return na Korn

Teen die tyd is jy seker al heel bewus daarvan dat Korn se nuwe album The Paradigm Shift oppad is. Goeie nuus vir Korn fans is dat daar ‘n delux edition van die album beskikbaar gaan wees met ‘n uur lange documentary DVD by. “Reconciliation” is ‘n documentary oor die The Paradigm Shift gemaak is. Dit kyk ook na hoe Brian ‘Head’ Welch weer deel geword het van Korn en sy probleme met drugs. Regte rock star shit. In die trailer praat head oor hoekom hy Korn gelos het in 2005 en nog vele meer.

Hierdie is net sneak peak een. Jy kan deel 2 hier kyk en deel 3 hier.

You may also like...

7 Responses

  1. Jason says:

    Thax Stix dis awesome nuus! love julle website!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Jason: Dit is ‘n plesier dude. Bly jy hou van die site!

  3. pisgesig says:

    Dis altyd vir my sad as ‘n band se styl verander(of is dit nou ek wat verander?).
    Bands soos R.E.M. , Smashing Pumpkins en Live, wat ek altyd erg gelike het, val vir my in die klas.

    In my oë was R.E.M. se laaste album New Adventures in Hi-fi. Vir die Pumpkins was dit Melancholy, en vir Live was dit Secret Samadhi. (gee seker my ouderdom weg daar…)
    Alles na die albums het my net nie meer getickle nie. En snaaks, al 3 die bands se musiek na die albums lei vir my aan dieselfde siekte : dis meer poppy\mainstream\weak

    Ek hoop nie dis die geval vir Korn nie – maar wie is ek

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar R.E.M en Live is nogaltyd poppy bands gewees, dit is die rede hoekom ek nie van hulle hou nie. Veral Live met hulle vreeslike emosionele lyrics is glad nie vir my nie, maar ek verstaan wat jy sê. Ongelukkig is dit hoe dit gaan, bands se styl verander want as mens verander jy. As jy aanhou om dieselfde te doen heeltyd gaan jy mal word. Mens word ge-influence deur verskillede goed en daardie influences dra oor in wat dit ookal is wat jy doen.

    My styl van skryf het beslis al baie verander oor die jare, want ek het verander. Ek dink dieselfde is van toepassing op bands en hulle musiek.

  5. pisgesig says:

    mmmmm….ek reken as jy weer gaan luister na R.E.M. en Live se ouer stuff sal jy met my saamstem. Die definisie van poppy is tog popular, meeste mense like dit – voor R.E.M. se Up album het baie min mense geweet wie hulle is. Mense het die paar bekende songs soos Man on the Moon of Losing my Religion geken, niks meer nie

    Dieselfde met Live – voor daai “run to the water” song(gril) was hulle onbekend, dus nie poppy nie.

    En, o ja – jy het die laaste ‘.’ in R.E.M. vergeet 😉

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Ek het Live se ouer goed al geluister het omdat iemand gesê het dit is nie so “gay” soos hulle nuwer goed nie. Die persoon se opinie van “gay” het duidelik baie verskil van myne want alles van Live is vir my “gay”. As for R.E.M. (notre die laatse punt), ook nie vir my nie, niks van hulle nie. Ek gebruik poppy nie in die sin van populêr nie, soos jy goed weet is populêr nie altyd goed nie. Ek gebruik pop in die sin van dat dit sal van in die genre pop. Soos by Look & Listen sal jy R.E.M. of Live kry onder die pop/rock section. Dit is gewoonlik ‘n goeie aanduiding vir my om eerder iets anders te koop.

  7. pisgesig says:

    OK. Point taken. Ek dink maar ek is miffed want Korn gaan nooit weer dieselfde klink nie.

    Tyd om te fokus op iets nuuts.
    As jy dit nog nie gehoor het nie, skryf ek Amok sterk aan. Super group met onder andere Thom Yorke en Flea. Hier’s my favourite song :
    http://www.youtube.com/watch?v=LMbzOF-A7Oc

    Dis waaragtig NIE poppy nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *