Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Interviews met Halo SA spelers: Nico ‘NicmeisteR’ Nel

Halo is die eerste game wat op Xbox beskikbaar was, 15 jaar terug. Halo is die oorspronklike Xbox game. Oor die jare het Halo nie net gegroei in ‘n reeks Xbox exclusive titels in nie, maar ook in een van die mees kompiteerende eSports games in die wêreld. Die HCS (Halo Championship Series) Pro League bestaan en daar was al prysgeld van $2.5 million vir die span wat wen.

halo-pro-league

Suid-Afrika het sy eie Halo gemeenskap, en Suid-Afrika het hul eie spanne wat teen mekaar speel. Ek is deel van ‘n span: Gevaaalik Gaming. Ons het een ou in ons span wat goed is met Halo en dit baie beter ken as die ander drie van ons wat in die span is. Ons gatte word geskop en dit is hoe ons leer.

Die tournament wat ons nou in gaan speel is ‘n 4v4 tournament en daar is 8 spanne wat deelneem. Nico ‘NicmeisteR’ Nel is deel van Team Cyanide, een van die spanne wat deelneem in die Halo SA tournament. Hy is jonger en beter as ek, en het my al klaar so paar dinge oor Halo 5 geleer. Ek het besluit om hom so paar vrae te vra.

nicmeister-halo

GVLK: Hoe lank speel jy al Halo?

NicmeisteR: Well ek het nie ‘n 100% akkurate datum vir jou nie, maar ek het tussen November 2008 en Mei 2009 begin halo speel so jy kan se ‘n stewige 8 jaar.

GVLK: Wanneer het jy die eerste keer deelgeneem aan ‘n Halo kompetisie?

NicmeisteR: My eerste Halo competisie was op Halo Reach gewees en was ge-host deur HaloCommunity.com, ek het ook my eerste SA Xbox en Halo speler ontmoet toe ek spanmaats gesoek het. As ek reg onthou was dit in Mei 2012.

GVLK: Wat maak ‘n goeie Halo speler?

NicmeisteR: In my opinie maak toewyding en deursittings vermoe ‘n goeie Halo speler asook die wil om te wil beter word, fokus en oplettendheid is ook groot faktore.

GVLK: Wat maak ‘n goeie Halo span?

NicmeisteR: Mees belangrik en amper al wat ek gan se is SPANWERK! Goeie kommunikasie ,geduld en goeie chemie met mekaar.

GVLK: Kan Suid-Afrikaanse spanne kompeteer op ‘n internasionale vlak?

NicmeisteR: Eerlikwaar as ons hard proebeer en baie ure in sit ja, maar tans is ons spanne baie agter met internasionale spanne. Ons kort meer blootstelling aan buitelandse kompetiesies ens.

GVLK: Wie gaan die nuwe Halo South Africa 4v4 Tournament wen?

Natuurlik die ouens in blou, Team Cyanide. Ons gan definitief ons beste doen om te kan wen en ons grootste kompetisie is Vinco en die span wat ons die meeste het om iets teen te bewys is Hi5.

Join die Xbox South Africa Club en begin saam speel

Ons het die Xbox South Africa Club op Xbox Live spesifiek begin om meer Suid-Afrikaners te kry om saam mee Xbox te speel. Halo 5: Guardians is net een van die games wat ander Suid-Afrikaanse Xbox spelers speel. Daar is ook Rocket League, Battlefield 1, Call of Duty, FIFA, Gears of War en meer. Vir meer besonderhede gaan lees die post en like die Xbox South Africa Club Facebook Page of follow @xboxsaclub op Twitter.

Jy kan nou Halo 5: Guardians Limited Edition vir Xbox One kry vir net R260 op CDKeys.com.

You may also like...

1 Response

  1. December 5, 2016

    […] Lees ons interview met een van Suid-Afrika se competitive Halo spelers, NicmeisteR, net hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *