Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #83 – Die deure maak toe

Vir die nabye toekoms is hierdie die laaste podcast. So onnosel soos dit dalk klink ek kan eenvoudig nie bekostig om die podcast Soundcloud account te betaal vir nog ‘n jaar nie, al is dit net 99 Euro (R1483.83). Dit is jammer, want ek geniet dit om die podcast te doen, al vat die production ‘n paar ure. Ek verduidelik alles in die podcast intro. Net nou die dag het ek ‘n donasie gekry van iemand wat luister met die naam Stephanie, sy het $82 gegee. Die maand moet ek dit gebruik om rekeninge te betaal. Dankie Stephanie, dit beteken meer as was ek ooit aan jou sal kan verduidelik.

gevaaalik-comedy-podcast-83-die-deure-maak-toe

Ek weet nie hoe dinge gaan uitwerk oor die volgende paar maande nie. Only time will tell en dus gaan daar ook miskien net sporadiese nuwe episodes van die gevaaalik.comedy podcast wees. Dit suig, want ek weet ons gaan luisteraars verloor, en dit is presies wat ons kort sodat ons advertising kan smous. Na die down en simpel intro is dit weer ek en Sven, vir oulaas.

Ons praat oor die eerste keer toe ons South Park gekyk het, die belaglike grote van die heelal, boodskappe en data stuur deur die ruimte. Dan praat ons oor die mal stand van dinge in Amerika en natuurlik PC culture wat deesdae nie net in Amerika ‘n ding is nie, maar ooral in die wêreld. Ons is mos almal special little snowflakes.

Die song aan die begin van die week se podcast is Metallica – Hardwired

Dankie vir die van julle wat die podcast gesluiter het en geshare het oor die tydperk wat ek die podcast gedoen het. Jammer ek kon nooit regtig stick tot daardie “nuwe episode elke week” resep nie. Nog meer jammer dat ek nie gaan kan aanhou om vir jou nuwe episodes te maak nie.

Geniet die episode van die gevaaalik.comedy Podcast. As jy enige besware het, of as jy wil brag oor dit nie gewerk het nie, maak maar so in die comments, jou doos.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

2 Responses

  1. Steph N says:

    Jissus, ou, ek’s verskriklik jammer om dit te hoor. Dit was ‘n voorreg om een van julle ondersteuners te wees. Ek wens net ek kon nog meer doen om julle te help. Ek hoop regtig jy kan plan maak en iets uitwerk om gevaaalik.com aan die gang te hou, maar as jy kan nie, wens ek vir jou en jou gesin alles van die beste toe. As die deure moet toemaak op gevaaalik.com, hoop ek nog ander deure sal vir julle oopgemaak word vir nuwe en beter geleenthede.

    Op die bright side was ek bly om Sven weer te hoor op die podcast. Ek het hom gemis. Goeie episode.

    Ek stem saam Amerikaners het te veel tyd op hul hande en nie genoeg egte probleme nie as hulle sulke belaglike probleme moet uitdink. PC kultuur is verseker ten minste gedeeltelik te blameer vir Trump se sukses, want ons almal raak moeg vir daardie onnoselheid, en Trump is definitief die teenoorgesteld van PC. Ongelukkig is hy ook ‘n ego-maniak en ‘n doos.

    Die laaste paar seisoene (veral die 19de) van South Park was absoluut fokken briljant in hul afbeelding van presies hoe belaglik PC kultuur nou word. Onthou julle die “Safe Space” liedjie…? hahaha. Genius.
    https://youtu.be/sXQkXXBqj_U

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Steph: Baie dankie vir jou gawe woorde. Dit beteken meer as wat ek kan uitdruk in woorde, veral tans waar die nog ‘n bietjie van ‘n touchy subject is vir my. Dit is nog nie heeltemal verby nie, maar ons sal sien wat hou die toekoms in. Only time will tell. Ek het jou email ook vanoggend gesien en sal reply sodra ek ‘n gap het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *