Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Heuwels se nuwe video, wat nie meer so nuut is nie.

Na Posduif se geskribbel oor Hunter Kennedy se interview het dit my lus gemaak om weer bietjie my Heuwels CD so hard te speel dat ek die grootste Snordorp zeffer wat sy house hits kliphard by sy kar uit blaas te laat skaam voel. Ek het gister in plaas daarvan om te werk, heeldag iets interressants gesoek op Youtube. Ek los RedTube maar vir by die huis want ek kort die job. Ek het toe so deur die gerondfokkery op Youtube af gekom Heuwels Fantasties se nuutse video, wat eintlik nie so nuut is nie aangesien 3000 plus mense hom al gaan check het.

So hier is die video. As jy so deur die kak is soos ek en die ding nog nie gesien het nie, gaan check hom sommer nou. Verkieslik op jou werk se interweb, dan betaal jou baas vir die cap en nie jy nie. As dit jou ook in die mood kry om die outjies van Heuwels live te sien. Kom check hulle uit in Snordorp se eie Hatfield square. Dis die hele Vanfokingtasties kombinasie, so jy sien Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Heuwels en aKing sommer almal op een aand. As jy die ticket online by www.webtickets.co.za koop is dit slegs R50. Dan sien jy my en die res van die gevaaalik crew daar, dan koop jy sommer vir ons ‘n bier met die R10 wat jy gespaar het deur jou ticket online te koop.

Ek moet nou weer maak asof ek werk. Voordat my baas agterkom hy betaal my om sy cap op te vreet met Youtube.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *