Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Natasha Meister Band – Half Way

Op die off chance dat ek massive backlash gaan kry vir die volgende statement, here goes: Dit is min dat vroue musicians vreeslik oorspronklik kan wees. Gewoonlik oorheers die pop mentality en die “sex sells” image die musiek en ek voel nie altyd gemaklik daarmee om baie van dié pop “musiek” te noem nie. Then again, ek is nie regtig ‘n pop mens nie.

Natasha Meister is duidelik nie een vir die pop mentality nie. “Sex sells” was ook duidelik nie ter sprake toe daar gedink is oor hoe om die album Half Way te verkoop nie. Ek moet wel sê ‘n dame wat die guitar kan speel is altyd sexy. Van die eerste song af is dit duidelik dat die album gemaak is omdat daar ‘n duidelike liefde vir die musiek is. Die lirieke is diep en persoonlik. Die guitar is uniek en jy kan die gevoel in die riffs hoor.

Toe ek hoor dat “Safe in the Silence” die eerste single van die album af gaan wee,s was ek glad nie verbaas nie. Na ek die album die eerste keer deurgeluister het, was dit after all die track wat in my kop vasgesit het. “Safe in the Silence” is catchy en mooi. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. Die track is nie overproduced nie, en dit geld ook vir die res van die album. Dit is ‘n raw album. Daar word baie min guitar werk of vocals ge-double – ek kon nie een plek op die album uitwys waar iets ge-double is nie. En ek like dit. Of dit nou is oor budget constraints (iets waarmee baie musicians in Suid-Afrika sukkel) en of dit beplan is, dit is ‘n goeie ding.

Die album is vol feel good musiek. Ek is bly om te sê dat mens kan hoor dat Natasha en haar band geniet om die musiek te speel. Ek kan nie wag om die album deel te maak van my “Beach Chill Tracks” playlist nie. Dit is die perfekte agtergrondmusiek vir ‘n lekker kuier. Natasha speel duidelik die guitar al vir heelwat langer as ek. Sy is ook die eerste vroue guitarist in Afrika wat deur Fender Guitars ondersteun word. Nie net kan sy die guitar baie goed speel nie, sy het ook ‘n goeie stem.

As jy ‘n voorsmakie wil hê van Natasha Meister Band gaan loer gerus na hulle Soundcloud page. Hulle sit nogal ‘n intressante twist op Foster The People se “Pumped up Kicks”. Of kyk na die video vir “Safe in The Silence” hier onder. Ek kan nie wag om Natasha Meister Band in Pretoria te sien nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *