gevaaalik.comedy Podcast #85 – No work no pay met AJ
by Stix Gevaaalik · Published · Updated
In die week se gevaaalik.comedy Podcast chat ek met AJ van Niekerk. Hy is ‘n artist en graphic designer wat fokken cool kuns maak. Hy het t-shirts op Tshirt Terrorist en jy het most likely al van sy kuns gesien iewers op die internet. AJ is ‘n cool bra en ek het via Skype met hom gechat oor wat hy doen en hoe dit is om ‘n lewe te maak, letterlik met jou hande.
Ek doen ook in hierdie episode die langste intro van die podcast ooit, alles oor hierdie ding wat ek Maandag geskryf het. Mense was kwaad, mense was suur maar mense het ook saam gestem en dit alles pas mooi in by waaroor ek en AJ gepraat het.
Jy kan vir AJ hier vind:
AJ se website: http://kitchendutch.com/
AJ se T-shirts: http://www.tshirtterrorist.co.za/product-category/signature-series/kitchen-dutch/
AJ op Twitter: https://twitter.com/kitchendutch
AJ op Instagram: https://www.instagram.com/kitchendutch/
Die song aan die begin van die week se gevaaalik.comedy Podcast episode is Creedence Clearwater Revival – Green River. Kom ons raak nostalgies!
*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.
1 Response
[…] stil soos dit kan wees na ‘n gevaaalik.comedy Podcast die laaste ding was wat jy gekry het van my. Veral omdat die laaste podcast episode is waar ek my […]